Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 124

Geloofd sy die Redder van Israel.

1

’N1 BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.

As die HERE 2nie vir ons was nie— laat Israel dit sê —

2

as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,

3

dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;

4

dan het 3die waters ons oorstroom, ’n stroom het 4oor ons siel 5gegaan;

5

dan het 6die trotse waters oor ons siel gegaan.

6

Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!

7

aOns siel het vrygeraak soos ’n voël uit die vangnet van die voëlvangers; 7die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.

8

bOns hulp 8is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

1 Sien Ps. 120:1 se kanttekening.

2 Verstaan: nie dit gedoen, of verhoed, of belet het nie. So ook in die volgende vers.

3 Sien 2 Sam. 22:17 se kanttekening.

4 Dit is, oor ons as mense.

5 Naamlik om ons van ons lewe te beneem.

6 Dit is, groot, magtige, onstuimige, soos in Job 38:11.
a Spr. 6:5. 7 Dit is, God het hul listige aanslae, waardeur hulle van plan was om ons te vang, tot skande gemaak.
b Ps. 121:2. 8 Of: sal wees.