Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 127

Sonder die HERE – alles tevergeefs!

1

’N1 BEDEVAARTSLIED. 2Van Salomo.

As die HERE 3die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE 3die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.

2

4Tevergeefs dat julle 5vroeg opstaan, laat 6opbly, 7brood van smarte eet — net so goed gee 8Hy dit aan 9sy beminde 10in die slaap!

3

Kyk, seuns is 11’n erfdeel van die HERE; 12die vrug van die moederskoot is 13’n beloning.

4

14Soos pyle in die hand van ’n held, so is 15die seuns van die jeug.

5

Gelukkig is die man 16wat sy pylkoker daarmee gevul het! 17Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort 18spreek nie.

1 Sien Ps. 120:1 se kanttekening.

2 Dit is, gedig van Salomo. Anders: Vir Salomo, dit is, ’n gedig van Dawid tot onderwysing van sy seun Salomo. So ook in Ps. 72:1.

3 Deur die bou en bewaar van die huis en van die stad, moet nie net die materiële gebou verstaan word nie, maar ook die staat en regering, sowel partikulier (in die besonder oor families), as in die algemeen oor koninkryke, lande en stede, kerke en gemeentes.

4 Naamlik, tensy julle die seën van die HERE ontvang het.

5 Naamlik om te arbei.

6 Hebr. sit, naamlik om deur arbeid in jou lewensonderhoud te voorsien.

7 Dit is, suur brood, brood wat met baie sorg en moeite verkry is. Sien 1 Kon. 22:27 se kanttekening. Anders: brood van swaarkry, kommer.

8 Naamlik God.

9 Dit wil voorkom of Dawid hier in die besonder aan Salomo dink, wat in 2 Sam. 12:25 Jedídja genoem word, dit is, beminde van die Here.

10 Anders: gee Hy sy beminde die slaap. Asof hy sê: Al die gewoel en sorge sal die mens nie help, indien die HERE hom nie seën nie; maar wie Hy bemin en seën, sal genoeg hê, met gemoedsrus gaan slaap en hom en sy huisgenote, ná die verrigte arbeid, aan God die Here opdra.

11 Dit is, ’n seën deur die HERE gegee, soos in Job 20:29. Ps. 61:6. Jes. 54:17.

12 Dit is, die kinders.

13 Naamlik deur die HERE gegee. Soms was ’n beloning verskuldig vir diens wat gelewer is, soos in Gén. 30:28. Núm. 18:31; soms as genadebewys of uit goedgunstigheid, Rom. 4:4, soos God aan sy dienaars gee, Gén. 15:1. Jes. 62:11.

14 Verstaan hiermee: Soos ’n sterk man sy pyle op die vyand skiet, hulle wond en ombring; so is die kinders wat goed opgevoed is, vir hulle ouers ’n hulp en bystand teen hul ouers se vyande.

15 Naamlik wat gebore word wanneer die ouers in die fleur van hul lewe is. Want sulke kinders is oor die algemeen dapperder van geaardheid as ander en spoedig tot steun vir hul ouers. So word kinders wat in die ouers se ouderdom gebore word, seuns van die ouderdom genoem, Gén. 37:3.

16 Wat sy huis vol van sulke kinders het.

17 Dit is, hulle sal nie uit vrees vir hul teëparty hul regverdige saak onbeantwoord hoef te laat wanneer hulle voor die regter verskyn nie.

18 Dit is, wanneer hulle pleit voor die gereg, wat gewoonlik in die stadspoorte plaasvind. Sien Gén. 34:20 se kanttekening.