Statevertaling – Bybelstigting
Gebedsvertroue van Dawid.
VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
Hoe lank, HERE, sal U my 2altyddeur 3vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig 4verberg?
Hoe lank sal ek planne 5beraam in my siel, met kommer in my hart 6oordag? Hoe lank sal my vyand hom oor my verhef?
Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! 7Verlig my oë, sodat ek nie in die dood 8inslaap nie;
sodat my vyand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en amy teëstanders nie juig as ek 9wankel nie.
Maar ek — op u 10goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my 11goed gedoen het.
| 1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening. |
| 2 Of: bestendig, gedurigdeur, altyd, ewiglik, ten ene male, geheel en al. Die Hebreeuse woord beteken sterkte, oorwinning en ook verder ewigheid, langdurigheid, omdat die ewigheid en langdurigheid aanhou, deurdring, altyd voortgaan en (om so te spreek) alles ten ene male oorwin. Vgl. Ps. 4:1 se kanttekening.
3 Vgl. Gén. 8:1; 19:29 se kanttekening. 4 Vgl. Deut. 31:17 en Job 13:24 se kanttekeninge. |
| 5 Terwyl ek oordink hoe ek aan die hande van my vervolgers sal kan ontkom. Hebr. maak.
6 Wanneer die lig en die gewoel van mense en allerlei voorkomende dinge die bekommernis en droefheid gewoonlik breek of verdryf, bly ek nietemin besorgd en bekommerd om deur Saul en sy mense oorval en verras te word. |
| 7 Dit is, verkwik my deur u hulp. Vgl. 1 Sam. 14:27. Esra 9:8. Spr. 15:30. Die manier van spreek word ook verder gebruik vir die verligting van die verstand, Ps. 19:9. Ef. 1:18, ens.
8 Hebr. die dood nie slaap nie, dit is, dat ek nie op een of ander tyd om die lewe gebring word en sterf nie. Sien Deut. 31:16 se kanttekening, en vgl. Jer. 51:39 met die kanttekening daar. |
| a Ps. 25:2. | 9 Dit is, sneuwel en val. Vgl. Ps. 10:6 se kanttekening. |
| 10 Of: goedgunstigheid, weldadigheid.
11 So word die Hebreeuse woord (wat soms ook vergeld beteken, sien 2 Kron. 20:11 se kanttekening) vir God se genadige weldoen aan die wat aan Hom behoort, gebruik (vgl. Ps. 103:2 met vers 10 daar); Ps. 116:7; 119:17; 142:8. Anders: wanneer Hy aan my goed gedoen het. |