Statevertaling – Bybelstigting
Uit die dieptes.
’N1 BEDEVAARTSLIED.
2Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!
Here, 3hoor na my stem; 3laat u ore luister na die stem van my smekinge.
aAs U, HERE, die ongeregtighede in 4gedagtenis hou, Here, 5wie sal bestaan?
Maar bby U is vergewing, dat U 6gevrees mag word.
cEk 7wag op die HERE; dmy siel wag, en 8ek hoop op sy woord.
eMy siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.
9Wag op die HERE, o Israel! 10want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;
en Hy self sal 11Israel verlos van al sy ongeregtighede.
1 Sien Ps. 120:1 se kanttekening.
2 Dit is, gedronge en genoodsaak deur groot ellendes en grondelose benoudhede. Sien Ps. 69:3, 15. |
3 Dit is menslikerwys van God gesproke. |
a Ps. 143:2. | 4 Verstaan hierby: en dit volkome wil straf volgens u regverdigheid.
5 Naamlik in u oordeel. Asof hy sê: Niemand nie. |
b 2 Sam. 24:14. | 6 Naamlik met ’n kinderlike vrees. Almal wat vas vertrou dat hul sondes om Christus wil vergewe is, het God lief; en is soos goeie kinders bevrees om Hom te vertoorn, Luk. 7:47. |
c Ps. 27:14. Háb. 2:3.
d Ps. 40:2. |
7 Verstaan hiermee: Omdat ek weet dat die HERE so goedertieren is, daarom verwag ek met ’n vaste vertroue, dat Hy my, volgens sy belofte, my sondes sal vergewe en my uit alle ellende sal verlos.
8 Dit is, ek wag op dit wat Hy in sy Woord aan alle gelowiges belowe het en aan my in die besonder. |
e Ps. 5:4; 119:147; 123:1, 2. |
9 Asof hy sê: Soos ek al wagtend op die HERE hulp en verlossing verkry het, so moet Israel, dit is, die kerk van God en alle godsaliges in die besonder ook doen. Anders: o Israel, hoop op die HERE.
10 Dit is, want Hy verlos baie mense van baie en groot sondes, deur sy groot en menigvuldige barmhartigheid. |
11 Dit is, sy volk Israel. |