Statevertaling – Bybelstigting
Gebed vir die huis van God en die huis van Dawid.
’N1 BEDEVAARTSLIED.
2o HERE, 3dink aan Dawid, aan al sy moeite;
dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie 4gelofte gedoen het aan 5die Magtige van Jakob:
a6Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van 7my woning of klim op 8die bed wat vir my gesprei is nie;
sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie,
totdat ek 9’n plek 10vind 11vir die HERE, 12’n woning 13vir die Magtige van Jakob!
Kyk, ons het 14daarvan gehoor 15in Éfrata; 16ons het dit gevind in die velde van 17Jaär.
Laat ons na 18sy woning gaan, ons neerbuig 19voor 20die voetbank van sy voete.
21Staan op 22na u rusplek, HERE, 23U en die ark van u sterkte!
Laat u priesters 24bekleed wees met geregtigheid, en laat 25u gunsgenote jubel.
26Wys u 27gesalfde nie af nie, 28ter wille van Dawid, u kneg.
Die HERE het aan Dawid gesweer 29in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): b30Van die vrug van jou liggaam sal 31Ek laat sit op jou troon.
As jou seuns 32my verbond hou en 33my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook 34vir ewig op jou troon sit.
Want die HERE het 35Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:
cDit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het 36dit begeer.
37Sy voedsel sal Ek 38ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood;
en dsy priesters sal Ek 39met heil beklee, en 40sy gunsgenote sal 41vrolik jubel.
e42Daar sal Ek vir Dawid ’n horing laat uitspruit; Ek het vir 43my gesalfde 44’n lamp toeberei.
45Ek sal sy vyande 46met skaamte beklee, maar op hom 47sal sy kroon 48skitter.
1 Sien Ps. 120:1 se kanttekening.
2 Dit wil voorkom of hierdie psalm geskryf is toe hulle die ark uit Obed-Edom se huis na die stad van Dawid gebring het, 1 Kronieke 15. Sommige meen dat Salomo hierdie psalm geskryf het toe hy die ark in die tempel sou laat inbring. 3 Hy wil sê: Dink aan wat U hom deur Natan belowe het, 2 Samuel 7. Of: laat blyk dat U ten goede aan Dawid dink en aan hom gee wat hy ootmoedig met gebed van U versoek. |
4 Sien Ps. 61:6 se kanttekening.
5 Sien Gén. 49:24 se kanttekening. |
a 1 Kron. 15:1. | 6 Dit is, ek sal beslis nie in die tent van my woning ingaan nie. Sien Ps. 89:36 en 95:11, asook die kanttekeninge.
7 Wat Dawid nuut laat bou het. Sien 2 Sam. 5:9. 1 Kron. 14:1; 15:1. Dawid wil sê: Ek sal nie in daardie huis ingaan om dit te bewoon en daar te slaap nie, totdat ek, ens., vers 5. 8 Hebr. beddens van my, dit is, op enige van my beddens. |
9 Sien oor hierdie plek 2 Sam. 6:17. 1 Kron. 16:1.
10 Dit is, voorberei, soos in Hand. 7:46. 11 Wat sy teenwoordigheid bo die ark geopenbaar en van daar antwoord gegee het. Sien Ps. 43:3. 12 In Hebreeus staan woning in die meervoud. So spreek die profeet, omdat aan die tempel baie kamers en rusplekke was. 13 Wie se troon die verbondsark is. |
14 Naamlik van die ark.
15 Sommige verstaan hier deur Éfrata die landstreek van Betlehem, naby Kirjat-Jeárim en Obed-Edom se huis. Sien Gén. 35:16, 19. Ander verstaan deur Éfrata Efraim, en voorts die stad Silo wat in Efraim geleë is, waar die ark lank vertoef het, Rig. 18:31; 21:19. 1 Sam. 1:3. 16 Naamlik toe ons dit na Jerusalem sou bring. 17 Hierdie plek word in die heilige geskiedenis ook Kirjat-Jeárim genoem, dit is, die stad van woude, waar die ark twintig jaar was, nadat dit uit die land van die Filistyne teruggekom het, 1 Sam. 6:21; 7:1, 2. Dit word ook Baäle (dit is, die vlaktes) van Juda genoem, 2 Sam. 6:2, omdat dit in ’n vlak, bosryke land geleë was. Sommige stel dit so: die velde van die woud. |
18 Naamlik van die Here. Anders: van die ark.
19 Of: aan, of na, of teenaan. 20 Sien Ps. 99:5 se kanttekening. |
21 Sien 1 Kron. 28:2. Sien ook 2 Kron. 6:41, 42, waar hierdie en die volgende twee verse deur Salomo toegepas word toe hy die ark in die Allerheiligste laat inbring het.
22 Dit is, na die plek wat U vir U gekies en geheilig het, sodat die verbondsark daar bestendig sal bly. So ook in vers 14. 2 Kronieke 6. Sien daar vers 41 se kanttekening. 23 Hier word God en die ark met mekaar verbind, soos tevore die een en die ander afsonderlik genoem was. Sien 2 Kron. 6:41 se kanttekening. |
24 Dit is, laat hulle opreg en heilig hul priesteramp bedien. Sien hierdie manier van spreek in Job 29:14.
25 Dit is, u volk Israel. Sien 1 Kron. 15:28. Die profeet wens dat die godsaliges rede tot blydskap mag hê, terwyl hulle deur die priesters uit God se Woord in alle godsaligheid onderrig word. |
26 Dit is, wys nie sy versoek af nie; of: weier nie sy gebed nie. Sien 1 Kon. 2:16, 17, 20 se kanttekeninge. Of: weier hom nie u gunstige aanspraak en hulp nie.
27 Deur die gesalfde verstaan die profeet hier homself. 28 Hy wil sê: Ten opsigte van die beloftes wat U aan my gemaak het. Of: verstaan hier Christus deur Dawid, van wie Dawid ’n voorbeeld was. So ook in Ps. 18:51. Jer. 30:9. Eség. 34:23; 37:24. Hos. 3:5. En verstaan dan daarmee: Om Jesus Christus wil, wat ’n kneg van God genoem word, ten opsigte van die knegtelike gedaante wat Hy sou aanneem. |
b 2 Sam. 7:12. 1 Kon. 8:25. 2 Kron. 6:16. Luk. 1:69. | 29 Dit is, ’n vaste eed, ’n vaste belofte, of ’n eed in waarheid gesweer.
30 Dit is, enige van jou kinders of nakomelinge. Sien 2 Sam. 7:12, ens. Hierdie belofte verwys na Christus, Hand. 2:30. 31 Dit is, sal Ek ná jou laat regeer. |
32 Dit is, my gebooie.
33 Dit is, my wette, waarin Ek betuig hoe Ek geëer en gedien wil word. 34 Dit is, jou nakomelinge sal die aardse koninkryk vir ’n lang tyd besit; maar die geestelike koningkryk sal in Christus bestendig wees tot in ewigheid, Luk. 1:32, 33. |
35 Dit is, die stad van Jerusalem, wat op die berg Sion gebou is. Hierdie stad het die HERE uitgekies, dat sy heilige godsdiens daarin bevestig sou word. |
c vers 8. Ps. 68:17. | 36 Naamlik hierdie troon of woning, naamlik Jerusalem, of Sion. |
37 Naamlik van Jerusalem, dit is, van die burgers in Jerusalem.
38 Hebr. seënende seën, dit is, Ek sal hulle ryklik versorg in alle lewensbehoeftes. |
d 2 Kron. 6:41. | 39 Sien vers 9. 2 Kron. 6:41 se kanttekening. Vgl. 1 Tim. 4:16.
40 Dit is, my bemindes wat Ek in Jerusalem of in Sion het. 41 Hebr. juigende juig. |
e Luk. 1:69. | 42 Dit is, Ek sal Dawid se koninkryk en mag in Jerusalem vermeerder en vir hom seuns gee as opvolgers in sy koninkryk, vernaamlik die geestelike Koning, Christus. Sien Ps. 75:5; 89:18, 25. Luk. 1:69.
43 Dit is, koning Dawid. 44 Verstaan deur die lamp dit wat sopas met die horing aangedui is, naamlik die nakomelinge van Dawid in die koninkryk, waarvan Christus die vernaamste is. Sien 1 Kon. 11:36 se kanttekening. Luk. 2:32. |
45 Dit is, Ek sal sy vyande in al hulle aanslae tot skande maak, soos in Ps. 35:26; 109:29.
46 Sien 2 Kron. 6:41 se kanttekening. 47 Dit is, sy majesteit en heerlikheid, sy ryk. 48 Dit is, bly skitter, sonder om te verflou. |