Statevertaling – Bybelstigting
’n Nagtelike begroeting.
’N1 BEDEVAARTSLIED.
Kom, loof die HERE, o alle 2knegte van die HERE wat 3snags 4in die huis van die HERE 5staan!
6Hef julle hande op 7na die heiligdom, en loof die HERE!
Mag die HERE 8jou seën 9uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het!
1 Soos in Ps. 120:1.
2 Met die knegte van die HERE word vernaamlik bedoel die priesters en die Leviete, wie se amp dit was om ook in die nag voor die HERE te staan en te dien. Sien Ex. 27:21. Lev. 8:35. 1 Sam. 3:3. 1 Kron. 9:33. 3 Hebr. in die nagte, dit is, elke nag. 4 Naamlik om in die tempel en sy voorhowe wag te hou, volgens God se wet. Sien Lev. 8:35. Núm. 1:53. 1 Sam. 3:3. 1 Kron. 9:33. 5 Staan word meermale vir dien gebruik in die Heilige Skrif. In 2 Kon. 25:8 staan ’n dienaar van die koning, in Jer. 52:12 een wat voor die koning gestaan het. |
6 Dit is, roep die HERE aan en bid vir die volk, soos in Ps. 28:2.
7 Naamlik na die ark van die HERE, wat in die heiligdom gestaan het, van waar die HERE die gebede van sy volk verhoor het. Anders: in heiligheid, soos in 1 Tim. 2:8. |
8 Dit is gespreek in die enkelvoud, maar die bedoeling is: Mag die HERE elkeen van julle seën, hoof vir hoof. Aldus het God die priesters beveel om die volk te seën, Núm. 6:24. Sommige verstaan dit as ’n wens van die psalmis oor die priesters wat in God se huis gedien het.
9 Dit is, van die ark af, wat op die berg Sion staan. Sien Ps. 128:5 se kanttekening. |