Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 139

Die goddelike alwetendheid.

1

VIR 1die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

HERE, U deurgrond en ken my.

2

2U ken my sit en my opstaan; 3U verstaan van ver my gedagte.

3

U 4deurvors my gaan en my lê, en 5U is met al my weë goed bekend.

4

6Want daar is nog geen woord op my tong nie — of U, HERE, U ken dit geheel en al.

5

U sluit my in van agter en van voor, en 7U lê u hand op my.

6

8Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: 9ek kan daar nie by nie.

7

10Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?

8

aKlim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek 11die doderyk my bed, kyk, U is daar!

9

Neem ek 12die vleuels van die dageraad, gaan ek 13by die uiteinde van die see woon,

10

14ook daar sou u hand my lei en u regterhand my 15vashou.

11

En as ek sê: Mag tog net die duisternis my 16oorval en 17die lig nag wees tot my beskutting,

12

dan 18is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, 19die duisternis is soos die lig.

13

Want 20Ú het my 21niere gevorm, my in my moeder se skoot 22geweef.

14

Ek loof U, 23omdat ek so vreeslik wonderbaar is; 24wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

15

bMy gebeente was vir U nie verborge ctoe ek in die geheim gemaak is nie, 25kunstig geweef in die 26dieptes van die aarde.

16

U oë het 27my ongevormde klomp gesien; en 28in u boek is 29hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, 30toe nog geeneen van hulle daar was nie.

17

31Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is 32hulle volle som nie!

18

Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; 33word ek wakker, dan is ek nog by U.

19

o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En 34julle manne van bloed, gaan van my af weg!

20

Hulle wat 35arglistig 36teen U spreek, 37u Naam ydellik verhef — u teëstanders!

21

HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?

22

Ek haat hulle 38met ’n volkome haat; 39vyande is hulle vir my!

23

dDeurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

24

en kyk of daar by my 40’n weg is van smart, en lei my 41op die ewige weg!

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Verstaan hiermee: Alles wat ek doen, hetsy ek stilsit, opstaan of gaan, U weet en sien dit alles.

3 Asof hy sê: As die gedagtes nog ver van my af is, dit is, voordat ek dit self bedink, weet U dit reeds.

4 Anders: U sif, dit beteken om die kaf van die koring te skei (uitwan). Dit is, U beproef en ondersoek dit noukeurig, soos in Job 31:4.

5 Dit is, U dra kennis van al my doen en late; U het dit deur gewoonte te wete gekom. Dit is beeldspraak van mense wat deur ervaring en gewoonte kennis van iets verkry.

6 Dit is, voordat ek spreek, weet U reeds wat ek sal sê, want U is ’n kenner van die harte.
7 Dit is, U hou u hand op my, sodat ek U nie ontwyk nie; of sodat ek verstaan dat ek geheel van u voorsienigheid afhanklik is.
8 Hebr. Kennis, naamlik die kennis waarmee U alles weet.

9 Naamlik om dit te bereik of te begryp.

10 Omdat God oral is, kan ’n mens Hom nie ontvlug of ontwyk nie.
a Job 26:6. Amos 9:2-4. Hebr. 4:13. 11 Hebr. sjeol. Verstaan alle diepe en verborge plekke, ja, selfs ook die hel. Sien Job 26:6 se kanttekening.
12 So word die strale van die opgaande son genoem, omdat hulle as ’t ware die gehele lug vinnig deurvlieg. Die profeet wil sê: Indien ek in ’n oomblik tot die allerverste plekke vlieg, soos die opgaande son doen.

13 Dit is, aan die uiterste einde van die wêreld, soos in Ps. 65:6; 72:8. Jes. 24:14.

14 Daar sou ek ook aan u goddelike bestiering en regering onderworpe wees.

15 Of: gryp.

16 Naamlik so, dat God my nie sou vind nie. Hebr. eintlik: vertrap.

17 Ander vertaal: En as ek sê: Die duisternis sal my sekerlik oorval; dan is die nag ’n lig rondom my. Dit is, dan sal ek voor u oë net so min verborge wees, asof dit helder dag was. Vgl. Job 26:6. Hebr. 4:13.

18 Vgl. Job 34:22. Jer. 23:24.

19 Hebr. soos die duisternis, so ook die lig.

20 Of: Ú besit my niere. Dit is, U het my niere in u mag, U regeer dit.

21 Dit is, geneentheid, gevoelens. Sien Job 19:27 se kanttekening.

22 Of: bedek, naamlik met vel en vlees; of met die helm of vel of vliesige sak waarin die kindertjies omhul lê in hulle moeder se liggaam, dit is, van die tyd af dat ek in my moeder se liggaam ontvang is.

23 Of: omdat ek op ’n vreeslike wyse wonderbaarlik gemaak is.

24 Anders: deur u wonderlike werke.

b Job 10:8, 10.

c Pred. 11:5.

25 Naamlik met senuwees, are, senings, spiere en ander gedeeltes van die liggaam, soos ’n borduurwerker baie stukkies en draadjies van verskeie kleure kunstig en vernuftig aanmekaar werk, sodat daar ’n pragtige beeld of ander sierlike produk van kom.

26 So noem hy die baarmoeder, waarin die vrug geformeer word; of die eerste oorsprong van die mense, Gén. 2:7. Of hy vergelyk die baarmoeder met ’n graf, waarin die mens voor die geboorte as ’t ware begrawe lê. Of ’n mens kan dieptes hier as die aarde verstaan. Dan is die aarde die laagste deel van ’n groter geheel. Vgl. Ef. 4:9.

27 Dit is, toe ek allereers in my moeder se lyf saamgestel is, en toe die saad waaruit ek voortgekom het, soos ’n bol garing was, opgerol of gewikkel. Anders: my ongevormde substansie, of embrio. Sien Job 10:10.

28 Dit is, U het goed ag gegee op alles wat tot my skepping gedien het; of: U het so goed geweet wat my sou oorkom, asof dit voor u oë in ’n boek geskrywe was, naamlik in die boek van herinneringe van u voorsienige regering.

29 Naamlik al my lede, begrepe in die bol garing en embrio.

30 Die psalmis wil sê, dat God al die dele van sy liggaam geken het, nie net toe hulle geformeer was nie, maar van ewigheid af. Hy roep die dinge wat nie bestaan nie, asof hulle bestaan, sê die apostel in Rom. 4:17.

31 Dit is, hoe onbegryplik is vir my u voorsienigheid in sorg en regering! So het U alle dinge in u ewige raad verordineer, en besluit hoe dit sal geskied, Job 26:14. Ps. 40:6.

32 Hebr. hulle hoofde. Sien Núm. 1:2 se kanttekening.

33 Dit is, wanneer ek in die oggend ontwaak en u werke steeds betrag, kry ek daarmee nie klaar nie, maar bly altyd besig om dit te oordink. Ek is en bly met my gedagtes steeds by U.
34 Hebr. manne van bloede (in die meervoud), dit is, wat die bloed van die onskuldiges ontsettend wreed vergiet. Sien Ps. 5:7.
35 Of: lasterlik, boosaardig.

36 Anders: van U, naamlik, o God, en van of teen almal wat U bemin.

37 Ander vertaal: en u teëstanders of vyande ydellik verhef. Die betekenis is dan: Hulle doen nie net self kwaad nie, maar hulle verhef en bring ook ander booswigte tot aansien.

38 Hebr. met volmaaktheid van haat.

39 Dit is, ek beskou hulle as my vyande.

d Job 31:6. Ps. 26:2.
40 Of: ’n weg wat oorlas veroorsaak, dit is, of ek die koers van my lewe rig om ander skade en oorlas aan te doen. Daarom vertaal ander tereg: ’n skadelike weg. Sommige verstaan hier die weg of die geneentheid tot afgodery, omdat die woord afgode sy oorsprong het van die woord wat hier gebruik word. Sien Ps. 16:4.

41 Hebr. op weg van ewigheid, dit is, wat in ewigheid kan bestaan, of op die weg wat my lei in die ewige lewe. Of: op die ou weg. Vgl. Jer. 6:16; 18:15.