Statevertaling – Bybelstigting
Goddeloosheid van die mens.
VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
a2Die 3dwaas 4sê in sy hart: Daar is geen God nie. 5Sleg, 6afskuwelik maak hulle hul dade; bdaar is niemand wat goed doen nie.
Die HERE het uit die hemel 7neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God 8vra.
9Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle 10ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie.
11Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my 12volk opeet asof hulle brood eet? 13Hulle roep die HERE nie aan nie.
14Dáár het skrik hulle oorweldig, want God is 15by die regverdige geslag.
Die raad van die ellendige — julle kan dit 16tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug.
17Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die 18lot van sy volk verander, dan sal 19Jakob juig, Israel sal bly wees.
| a Ps. 10:4; 53:2.
b Rom. 3:10. |
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Vgl. Psalm 53. 3 Sien 1 Sam. 25:25 se kanttekening. 4 Dit is, dink by homself, soos in Ps. 10:6; hoewel hy hom uiterlik soms anders voorhou. Vgl. Job 21:14. 5 Of: Hulle het hulself of hul weg sleg gemaak. Vgl. Gén. 6:12. Ex. 32:7. Deut. 31:29. 6 Of: hulle maak hulle afskuwelik met hul dade. |
| 7 Menslikerwys van die alwetende God gespreek. Vgl. Gén. 11:5 se kanttekening.
8 Of: soek. Sien 2 Kron. 15:2 se kanttekening. |
| 9 Sien Rom. 3:12, ens., en vgl. Ps. 5:10 se kanttekeninge.
10 Of: verrot, vervuil, vol skimmel, soos galsterige en stinkende kos of vuil stinkende aas. Vgl. Spr. 13:5. |
| 11 Anders: Weet al die werkers van ongeregtigheid dan nie, wat my volk opeet, asof hulle brood eet, dat hulle die HERE nie aanroep nie? Of (soos sommige): Het, ens., wat my volk opeet? Hulle eet brood en roep die HERE nie aan nie.
12 Dit is, onbeskroomd, met onreg en geweld van lyf en goed beroof. Vgl. Ex. 22:25. Ps. 79:7. Miga 3:3. 13 Asof hy sê: Dit skort by hierdie booswigte dat hulle nie met die HERE te doen wil hê nie; daarom is hul straf seker en gereed, soos volg. |
| 14 Dit is, dan. Sien Ps. 36:13 se kanttekening. Sef. 1:14, ens. Wanneer God sal toon en hulle in hul gewete laat ervaar dat Hy die menigte of die gemeente van die vromes beskerm en hierdie goddeloses se teëparty is, dan sal hulle met groot skrik oorweldig word, hoewel hulle nie in die minste aan sulke dinge gedink het nie. Dit is ’n profesie van toekomende gebeure, wat die profeet so seker stel asof dit reeds gebeur het. Vgl. Ps. 53:6.
15 Of: onder of met die regverdige geslag. Vgl. Ps. 12:8 se kanttekening. |
| 16 Dit is, julle probeer om hom tot skande te maak, terwyl julle daarmee spot dat die HERE sy toevlug is, maar julle sal dit gewaarword, wil hy sê. |
| 17 Anders: Wie sal uit Sion die verlossing van Israel gee? ’n Gebruiklike manier van wens by die Hebreërs. Sien Deut. 5:29 se kanttekening. Die betekenis is: O, dat die HERE uit Sion, waar Hy by die verbondsark woon, sy volk mag verlos! Andersins sou dit ook ’n vraag kon wees, waarop die antwoord volg. Vgl. verder Rom. 11:26.
18 Of: gevangenskap. Sien Núm. 31:12 se kanttekening. Dit is, die vromes, wat onder die tirannie van die bose as ’t ware gevange is. Sien verder Deut. 30:3. Luk. 4:19. Ef. 4:8. 19 Dit is, Jakob se nageslag, die Israeliete; verstaan die vromes, wat die voetstappe van hul voorvader navolg. |