Statevertaling – Bybelstigting
Gebed vir beskerming teen goddelose mense.
VIR 1die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
Red my, HERE, 2van die kwaaddoeners, bewaar my vir 3die manne van geweld;
4wat 5slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag 6stryd verwek.
Hulle maak hul tong 7skerp soos ’n slang; agif van ’n adder is onder hulle lippe. Sela.
Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my 8vir die manne van geweld wat planne beraam om 9my voete weg te stoot.
Trotsaards het vir my ’n vangnet gespan en toue; hulle het ’n net uitgespan 10aan die kant van die pad; bstrikke het hulle vir my gestel. Sela.
Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!
HERE Here, 11Sterkte van my heil, 12U beskut my hoof in die dag van 13stryd!
HERE, 14gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, 15sodat hulle hul verhef nie. Sela.
Wat betref 16die hoof van die wat my omring — laat 17die onheil van hulle lippe hulle oordek.
18Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag 19Hy hulle laat val in die 20vuur, 21in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!
Laat 22die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld — 23laat die ongeluk hom jaag 24met slag op slag.
Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges 25sal behartig.
Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes 26sal voor u aangesig woon.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening. |
2 Sommige verstaan hierdeur die kwaaddoener Doëg, ander Saul. Ander stel hier: die kwaaddoeners wat Dawid vyandelik vervolg het, soos in vers 3.
3 Hebr. die man van gewelde (in die meervoud). Sien 2 Sam. 22:49. |
4 Verstaan hiermee: wat my wil onderdruk, nie net met geweld nie, maar ook deur liste en kwade praktyke.
5 Hebr. kwade (lees as selfstandige naamwoord). 6 Of: saamkom vir oorloë. |
a Ps. 58:5 Rom. 3:13. | 7 Die natuurkundiges skryf dat slange hul tonge punt, wanneer hulle iemand wil pik. Vgl. Ps. 58:5. |
8 Sien vers 2.
9 Of: my treë of gange; naamlik sodat ek sou val. |
b Jer. 18:22. | 10 Hebr. aan die hand van die spoor, dit is, van die pad, naamlik waarvan hulle weet dat ek gewoonlik daarop gaan. |
11 Dit is, my sterk Heil, my sterke Verlosser, wat die mag het om my te help en te verlos.
12 Dit is, U het my bewaar vir alle gevare en swarighede, my hoof as ’t ware met ’n helm of skild bedek. 13 Dit is, van die geveg of van die bewapening. |
14 Dit is, gee nie aan die goddelose wat hy begeer nie, naamlik die goddelose wat my om die lewe wil bring.
15 Dit is, hulle sou net trotser en moedswilliger word, indien alles volgens hul wens geskied. Vgl. Deut. 32:27. |
16 Verstaan hier ’n bose man wat die vernaamste was onder Dawid se vyande, hetsy Saul of iemand anders. Anders: die hoofde, dit is, die vernaamstes en owerstes onder die vyande, in die meervoud, soos in vers 11, of: die leërafdeling. Vgl. Job 1:17. Anders: die gif. Sien vers 4.
17 Of: die oorlas of moeite, naamlik wat die genoemde hoof, met diegene wat my omring, my met hul kwade tonge aandoen. |
18 Dit is, die vuur van die hemel, soos op Sodom en Gomorra, om hulle uit te roei.
19 Naamlik God. 20 Naamlik in die helse vuur. 21 Dit is, in swaar pyne en ellendes. |
22 Hebr. ’n man van tong, dit is, kwade tong, dus ’n lasteraar, wat sy tong kwaadwillig beheer, dit gebruik en misbruik na sy eie goeddunke. So staan daar in Job 11:2 ’n man van lippe, sien die kanttekening daar; in Ex. 4:10 ’n man van woorde; in Job 22:8 ’n man van arm, dit is, van geweld.
23 Dit is, hy sal eindelik deur sy eie boosheid en slegte dade in die verdriet val, soos ’n wilde dier wat gejag word, nadat dit hier en daar geloop het, tog eindelik tot sy verderf kom. 24 Hebr. tot omverwerpings, of verdrywings. |
25 Hebr. sal doen, naamlik deur hulle te verlos uit die hand van hul teëstanders. Sien 1 Kon. 8:45 se kanttekening. |
26 Dit is, U sal altyd aan hulle bystand verleen met u genade, hulp en beskerming. |