Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 142

Gebed onder sware vervolging.

1

’N1 ONDERWYSING van Dawid, 2toe hy in die spelonk was. ’n Gebed.

2

Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE.

3

Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.

4

aAs my gees in my 3versmag, dan ken 4Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het 5hulle 6’n vangnet vir my gespan.

5

Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand 7wat my ken nie; 8die toevlug is vir my verlore; niemand 9vra 10na my nie.

6

11Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, 12my bdeel in die land van die lewendes.

7

Luister na my smeking, want ek is baie 13swak; cred my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.

8

Lei 14my siel 15uit die gevangenis om u Naam te loof. 16Die regverdiges sal 17my omring 18as U aan my goed doen.

1 Sien Ps. 32:1 se kanttekening.

2 Dawid beskryf hier hoe dit met hom gesteld was in die spelonk by Éngedi of Adúllam, waarheen hy gevlug het as gevolg van Saul se wrede vervolging, 1 Sam. 22:1; 24:4.

a Ps. 77:4. 3 Sien Ps. 102:1 se kanttekening.

4 U, o HERE. Verstaan hiermee: Alhoewel ek nie geweet het waarheen ek my sou keer of wend nie, het U dit wel geweet en my ’n weg en middel gewys om aan Saul se bloeddorstige hande te ontkom.

5 Naamlik Saul en sy manskappe wat saam met hom was.

6 Anders: ’n verborge vangnet vir my gespan.

7 Naamlik om aan my hulp en bystand te verleen.

8 Hebr. om te ontvlug was vir my verlore of vergaan, dit is, ek het nie geweet waarheen ek sou vlug nie. Vgl. Job 11:20.

9 Hebr. soek na of sorg vir. Sien Deut. 11:12, 2 Sam. 4:8, Spr. 29:10 en die kanttekeninge.

10 Dit is, na my siel, of: na my lewe.

b Ps. 16:5. 11 Naamlik toe ek in sulke nood en benoudheid was.

12 My erfdeel, waarop ek vertrou, solank ek in hierdie wêreld leef. Sien Ps. 27:13. Jes. 38:11; 53:8.

c Ps. 41:2; 79:8; 116:6. 13 Hebr. uitgeteer.
14 Dit is, my, my persoon.

15 Hebr. uit die aanhouding, naamlik, waarin ek met my volk soos in ’n gevangenis opgesluit is, omsingel deur my vyande.

16 Die godsaliges onder die volk van God.

17 Of: my soos ’n kroon omring, naamlik om my met verwondering aan te sien, en om U, o HERE, saam met my te loof en te dank vir die wonderbaarlike verlossing en genade aan my bewys.

18 Dit is, as U my tot rus en tot ’n gelukkige toestand gebring het.