Statevertaling – Bybelstigting
Dawid bid om gou verlos te word van sy vyande.
’N1 PSALM van Dawid.
o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; 2verhoor my in u trou, 3in u geregtigheid.
En 4gaan nie na die gereg met u kneg nie, awant niemand wat leef, 5is voor u aangesig regverdig nie.
6Want die 7vyand vervolg 8my siel; 9hy vertrap 10my lewe teen die grond; 11hy laat my woon in duisternisse 12soos hulle wat lankal dood is.
En my gees 13versmag in my, my hart 14verstyf in my binneste.
bEk 15dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al 16u dade; ek dink ná oor die werk van u hande.
17Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U 18soos ’n uitgedorde land. Sela.
Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! 19Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos 20hulle wat in die kuil neerdaal nie.
Laat my 21u goedertierenheid 22in die môre hoor, want op U vertrou ek; 23maak my bekend die pad wat ek moet gaan, cwant ek hef 24my siel op 25tot U.
Red my van my vyande, HERE! 26By U skuil ek.
Leer my om 27u welbehae te doen, want 28U is my God. Laat 29u goeie Gees my lei 30in ’n gelyk land.
o HERE, 31maak 32my lewend 33om u Naam ontwil; lei 34my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.
En 35vernietig my vyande in u goedertierenheid, en 35bring hulle almal om wat my as vyand behandel; 36dwant ek is u kneg.
1 Sommige meen dat Dawid hierdie psalm gedig het toe Absalom hom vervolg het; ander, toe Saul hom agtervolg het.
2 Asof hy sê: Omdat geweld en onreg my deur my vyande aangedoen word, so bid ek U, o HERE, dat U, as ’n regverdige regter, dit nie langer sal laat gebeur nie. 3 Dit is, deur u geregtigheid. Sien Ps. 31:2. |
a Romeine 3; 4. Galasiërs 3; 4. | 4 Dit is, roep my nie voor die gereg, en handel nie met my na my verdienste nie. Sien Job 22:4.
5 Naamlik deur die werke van die wet, aangesien hy in homself ’n seun van Adam is. Sien Job 4:17; 9:2, 3; 15:14; 25:4. |
6 Hierdie woorde vloei voort uit die eerste vers van hierdie psalm.
7 Naamlik Saul met sy manskappe. 8 Dit is, my lewe, of my persoon, soos in Ps. 6:4. 9 Dit is, hy val my so hard aan dat ek skaars lewe in my het; of: hy sal my en die wat by my is spoedig vertrap, tensy U ons uit sy hande verlos. 10 Anders: my leërafdeling, my bende, dit is, almal wat by my is. Sien Ps. 141:7. 11 Dit is, hy maak dat ek en diegene wat by my is, in donker hoeke en gate moet wegkruip en ons moet verberg. Want Dawid het met sy krygsmanne in ’n spelonk vertoef, Ps. 142:1. 12 Asof hy sê: Ons kruip in gate en spelonke in en onder die aarde. So word ons gelykgestel aan diegene wat lankal gesterf het en onder die aarde begrawe lê. |
13 Verstaan hiermee: Soveel sware golwe van teëspoed oorval my, die een ná die ander, dat ek amper daaronder in beswyming val en vergaan.
14 Dit word in die algemeen wanhopig genoem. Anders: my hart is baie ontsteld in my. |
b Ps. 77:6, 11. | 15 Asof hy sê: Wanneer ek my in hierdie ellende en swarigheid bevind, kan ek my nie beter troos nie, as om my indagtig te maak hoe U my vroeër bygestaan en verlos het. Dit wil voorkom of Dawid hier vernaamlik sien op die tyd, toe hy oorwinnings behaal het oor sy vyande en deur die volk met gejuig en vrolikheid ontvang is, 1 Samuel 17; 18.
16 Naamlik wat U aan en deur my gedoen het. |
17 Sien Ps. 141:2 se kanttekening.
18 Of: soos ’n dor land. Sien Ps. 63:2 se kanttekening. Soos ’n dorstige of uitgedroogde land na reën dors, so dors my siel na U, Ps. 42:2, 3. |
19 Dit is, wyk nie van my nie, verlaat my nie.
20 Dit is, hulle wat spoedig sal sterwe, Ps. 28:1; 88:5. |
c Ps. 25:1. | 21 Dit is, die blye boodskap, aangaande die goedertierenheid wat U my sal bewys, deur Saul te laat terugkeer en dus ophou om my vyandelik te vervolg.
22 Dit is, vroeg, spoedig, sonder lang uitstel. 23 Dit is, leer my wat ek moet doen om aan die gevaar waarin ek verkeer, te ontkom. Sien Ps. 142:4. Of: maak my die weg bekend wat ek moet gaan om U te behaag. 24 Dit is, my gemoed. 25 As die Een wat ek as my beskermer en helper in nood ag. |
26 Naamlik in die skaduwee van u vleuels, soos die profeet spreek in Ps. 57:2. |
27 Of: u wil, of u welgevalle; soos in Ps. 40:9.
28 Vir wie ek wil en moet gehoorsaam. 29 Verstaan hier die Heilige Gees. 30 Dit is, op ’n weg wat ek vrymoediglik mag gaan, sonder verhindering of struikelblok; waarmee die weg van geregtigheid verstaan word soos in die wet van God voorgeskryf. Of Dawid verstaan hier deur die weg die middel wat hy hom voorgeneem het om te gebruik om ongedeerd aan sy vyand te ontkom. |
31 Of: behou my in die lewe.
32 Wat byna dood is. Sien verse 3, 7. 33 Dit is, sodat ek u Naam roem en prys, Ps. 142:8. 34 Dit is, my lewe, my persoon. |
d Ps. 86:16; 116:16. | 35 Hier sien die profeet op die belofte wat God aan Abraham en sy nageslag gemaak het, Gén. 12:3.
36 Dit is, ek dien U met ywer, volgens die bevele van u wet. |