Statevertaling – Bybelstigting
Alle kreature moet die Here loof.
HALLELUJA! 1Loof die HERE 2uit die ahemele; loof Hom in die bhoogtes!
Loof Hom, al sy engele, loof Hom, 3al sy leërskare!
Loof Hom, son en maan, loof Hom, 4alle ligtende sterre!
Loof Hom, 5hoogste hemele en 6waters wat bo die hemele is!
Laat hulle die Naam van die HERE loof; cwant Hý het bevel gegee — en hulle is geskape.
En dHy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy ehet ’n wet gegee 7wat geeneen oortree nie.
Loof die HERE 8van die aarde af — 9groot seediere en alle dieptes!
Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat 10sy woord volbring;
berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,
wilde diere en alle vee, kruipende diere en 11gevleuelde voëls;
konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;
jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges —
laat hulle die Naam van die HERE loof! Want fsy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
En Hy ghet ’n 12horing vir sy volk verhef: 13’n roem vir al 14sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, 15die volk wat naby Hom is. Halleluja!
a Openb. 5:13.
b Luk. 2:14. |
1 In die Hebreeus staan hierdie woord in die meervoud, en deurgaans in hierdie psalm en ook in die twee wat volg.
2 Of: julle van die hemele, dit is, julle, hemelse skepsele, sowel die hemele met hulle inwoners as die sterre en al hulle bewegings. So ook in vers 7. |
3 Naamlik diegene wat in die hemele is. Sien Gén. 2:1 en Ps. 103:21 se kanttekeninge. |
4 Hebr. sterre van lig. |
5 Hebr. hemele van die hemele. Sien Deut. 10:14 en 1 Kon. 8:27 se kanttekeninge.
6 Dit is, die wolke wat as ’t ware in die lug (wat ook hemel genoem word) hang. Sien Gén. 1:6-8. Job 26:8; 37:11. |
c Gén. 1:6-8, ens. Ps. 33:6, 9. |
d Ps. 104:5; 119:91.
e Job 14:5, 13; 26:10; 38:33. Jer. 31:35; 33:25. |
7 Verstaan hiermee: Geen van al die dinge wat hierbo genoem is, sal die wet, deur God ingestel, oortree nie. |
8 Dit is, julle skepsele op aarde, of wat uit die aarde gemaak is.
9 Met groot seediere soos walvisse of seeslange of ander seemonsters word verstaan: onder die aarde, soos ook soms die see self, soos wanneer daar gesê word dat God hemel en aarde geskape het, Gén. 1:1. |
10 Dit is, sy bevel, naamlik die bevel van die HERE. Die skepsele wat geen gevoel het nie, loof en dien God op hul wyse, wanneer God deur hulle sy wil uitvoer. Sien Ps. 19:4; 147:15. |
11 Hebr. voël van vleuel. |
f Spr. 18:10. Jes. 12:4. |
g Ps. 132:17. | 12 Dit is, mag en eer. Sien Deut. 33:17 se kanttekening. Dit is vernaamlik in Christus vervul, wat die horing van heil genoem word in Luk. 1:69.
13 Dit is, deur sy weldade het Hy hulle rede gegee om sy Naam te loof. 14 Verstaan deur gunsgenote die kinders van God, alle ware godsaliges, wat barmhartig en weldadig is, soos hul hemelse Vader is. Sien Ps. 4:4. 15 Dit is, die volk, waaraan God Hom in Christus nouer verbind het en in verwantskap is, as enige ander volk, Joh. 20:17. Ef. 2:13, 17. 1 Joh. 3:1. |