Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 149

Lofgesang en oorlogswaard.

1

HALLELUJA! 1Sing tot eer van die HERE ’n nuwe lied, sy lof 2in die vergadering van 3die gunsgenote!

2

Laat Israel hom verheug 4in asy Maker; laat die kinders van Sion juig 5oor hulle Koning!

3

bLaat hulle sy Naam loof in 6koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter.

4

Want die HERE het ’n welbehae in sy volk; Hy 7versier die ootmoediges met heil.

5

Laat 8die gunsgenote juig 9in heerlikheid; laat hulle jubel 10op hul bedde.

6

11Lofverheffinge van God 12is in hulle keel, en c13’n tweesnydende swaard in hulle hand;

7

om 14wraak te oefen onder die heidene, 15strafgerigte onder die volke;

8

om hulle konings 16dmet kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie;

9

om 17’n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. e’n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja!

1 Sien Ps. 33:3 se kanttekening.

2 Dit is, in die kerk van God, wat ’n versameling van die uitverkorenes is.

3 Anders: sy gunsgenote. Na aanleiding van vers 9.

a Ps. 100:3. 4 Hebr. in sy Makers. Sien Gén. 1:26; 20:13 se kanttekening. Job 35:10. Pred. 12:1. Jes. 54:5. God het Israel nie net geskape nie, maar ook tot sy volk uitverkies.

5 Of: vanweë hulle Koning, naamlik Christus, soos in Hoogl. 1:4. Matt. 21:5, van wie Dawid ’n voorbeeld was.

b Ps. 81:3, 4. 6 Sien Ps. 30:12; 150:4. Jer. 31:4, 13.
7 Dit is, Hy maak hulle heerlik, nadat Hy hulle gered en verhoog het. Ja, Hy sal hulle bring tot die genot van die ewige vreugde en saligheid.
8 Sien vers 1 se kanttekening.

9 Of: vanweë daardie heerlikheid of eer, naamlik wat God hulle aandoen. Sien die voorgaande vers.

10 Waarop hulle sagkens lê en rus, omdat God die Here hulle bewaar. Sien Ps. 3:6. Verstaan hiermee: Hulle sal die Here dag en nag loof, selfs wanneer hulle op hul beddens lê.

c 2 Thess. 2:8. Hebr. 4:12. Openb. 1:16. 11 Dit is, die lofsange waarmee hulle die heerlike werke van God sal verhef. Anders: Die opheffinge, naamlik van die stem, dit is, die prediking van die goddelike Woord.

12 Verstaan hiermee: luidkeels uitspreek of uitroep, soos in Jes. 58:1.

13 Hebr. ’n swaard van monde, dit is, met twee monde of skerp kante, soos in Rig. 3:16 en die kanttekening. Hierdie tweesnydende swaard is God se Woord en dit kom uit die mond van Christus. Met hierdie swaard oorwin die gelowiges die duiwel, die wêreld en die geweldenaars van hierdie wêreld, 2 Kor. 10:4. Ef. 6:17. Hebr. 4:12. Openb. 1:16.

14 Naamlik met woorde, soos in Joh. 16:8, ens.

15 Dit geskied deur te preek teen die afgodery en goddeloosheid van die heidene en ongelowiges, soos in Hand. 14:15; 17:16, 17, 22, ens. Vgl. dit met Jes. 41:15. 2 Kor. 10:4, 5.

d Matt. 18:18. 16 Naamlik deur strafpredikasies en met inbinding van hulle sondes, word hulle so onder die juk en die onderdanigheid van die heilige evangelie gebring. Sien Ps. 2:3. Jes. 45:14. Mark. 6:20. Hand. 24:26. Openb. 21:24.
e Deut. 4:6. 17 Dit is, om aan hulle vergewing van hul afgodery en ander sondes te verkondig, indien hulle hul opreg bekeer; maar indien hulle in hul goddeloosheid volhard, aan hulle die dood en ewige verdoemenis te verkondig, ooreenkomstig die Woord van God, geopenbaar in die boeke van die Heilige Skrif.