Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 15

Wie mag vertoef in u tent, o HERE?

1

’N PSALM van Dawid.

HERE, wie mag vertoef in u 1tent? Wie mag woon op u heilige berg?

2

aHy wat 2opreg wandel en geregtigheid doen, en wat 3met sy hart die waarheid spreek;

3

wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede 4uitspreek teen sy naaste nie;

4

in wie se oë die 5verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy 6skade, hy verander nie;

5

wat sy geld nie gee op 7woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie 8wankel in ewigheid nie.

1 Verstaan God se huis, of sy kerk, wat op aarde die strydende kerk, en in die hemel die triomferende kerk is, soos afgebeeld deur die tabernakel en die berg Sion. Sien Ps. 2:6 se kanttekening.
a Ps. 24:4. Jes. 33:15. 2 Sien Gén. 6:9 se kanttekening.

3 Dit is, van harte, soos ons gewoonlik sê. Anders: Hy wat die waarheid in sy hart spreek; dit is, net vroomheid en getrouheid by homself bedink en voorneem. Vgl. Ps. 10:6 se kanttekening.

4 Verstaan in die mond, of op die lippe. Vgl. Ps. 16:4. Dit kan ’n mens verstaan as eers uitgee, soos die aanneem en versprei van lasteringe wat deur ander uitgestrooi is. Sien Ex. 20:7. Ps. 50:16, en wyer Ex. 23:1. Lev. 19:16. Ps. 69:8. Eség. 36:15.
5 Wat vanweë sy goddelose wandel met reg deur alle vromes verwerp word.

6 Hebr. eintlik: tot kwaad, of tot kwaad doen, dit is, waardeur hy homself sou beskadig. Dit beteken: Al merk hy dat die eed wat hy afgelê het skadelik sal wees, herroep hy dit nogtans nie, maar ly eerder skade as om ’n regmatige eed, wat voor God afgelê is, te verbreek. Anders: het hy sy naaste gesweer, tog verander hy nie.

7 Sien Lev. 25:36 se kanttekening.

8 Of: verval, verskuif, verset, verstoot word, naamlik uit die stand van geluksaligheid; dit is, hy sal in ewigheid nie verlore gaan nie, soos die Here Christus spreek in Joh. 10:28. Vgl. Ps. 10:6; 16:8; 21:8; 55:23; 62:3, vergeleke met vers 7 aldaar; 66:9. Spr. 10:25, ens.