Statevertaling – Bybelstigting
Wie mag vertoef in u tent, o HERE?
’N PSALM van Dawid.
HERE, wie mag vertoef in u 1tent? Wie mag woon op u heilige berg?
aHy wat 2opreg wandel en geregtigheid doen, en wat 3met sy hart die waarheid spreek;
wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede 4uitspreek teen sy naaste nie;
in wie se oë die 5verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy 6skade, hy verander nie;
wat sy geld nie gee op 7woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. Hy wat hierdie dinge doen, sal nie 8wankel in ewigheid nie.
| 1 Verstaan God se huis, of sy kerk, wat op aarde strydende en in die hemel triomferende is, afgebeeld deur die tabernakel en die berg Sion. Sien Ps. 2:6 se kanttekening. |
| a Ps. 24:4. Jes. 33:15. | 2 Sien Gén. 6:9 se kanttekening.
3 Dit is, van harte, soos ons gewoonlik sê. Anders: wat die waarheid spreek in sy hart; dit is, net vroomheid en getrouheid by homself bedink en voorneem. Vgl. Ps. 10:6 se kanttekening. |
| 4 Verstaan met die mond of die lippe. Vgl. Ps. 16:4. Dit kan ’n mens verstaan sowel van die eerste uitgee van lasteringe, as van die aanneem en versprei van dit wat deur ander uitgestrooi is. Sien Ex. 20:7. Ps. 50:16, en verder Ex. 23:1. Lev. 19:16. Ps. 69:8. Eség. 36:15. |
| 5 Wat vanweë sy goddelose wandel met reg deur alle vromes verwerp word.
6 Hebr. eintlik: tot kwaad, of tot kwaad doen, dit is, waardeur hy homself sou beskadig. Die betekenis is: Al merk hy dat die eed wat hy afgelê het vir hom skadelik sal wees, herroep hy dit nogtans nie, terwyl hy eerder skade ly as om ’n regmatige eed, wat voor God afgelê is, te verbreek. Anders: al het hy sy naaste gesweer, tog verander hy nie. |
| 7 Sien Lev. 25:36 se kanttekening.
8 Of: verval, verskuif, verset, verstoot word, naamlik uit die stand van geluksaligheid; dit is, hy sal in ewigheid nie verlore gaan nie, soos die Here Christus spreek in Joh. 10:28. Vgl. Ps. 10:6; 16:8; 21:8; 55:23; 62:3, vergeleke met vers 7 daar; Ps. 66:9. Spr. 10:25, ens. |