Statevertaling – Bybelstigting
God die hoogste goed.
’N 1GEDIG van Dawid.
Bewaar my, o God, want by U skuil ek.
2Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; avir my is daar geen goed bo U nie.
Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die 3heerlikes in wie al my behae is.
Die smarte van hulle wat ’n 4ander god 5met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal 6hulle drankoffers van bloed nie 7uitgiet en hulle name 8op my lippe nie neem nie.
bDie HERE is die 9deel van my erfenis en van my beker; Ú 10onderhou my lot.
Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is 11vir my mooi.
Ek sal die HERE 12loof wat my raad gegee het; selfs 13in die nag vermaan my 14niere my.
c15Ek stel die HERE altyddeur 16voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie 17wankel nie.
Daarom is my hart bly en my 18eer juig; ook sal my 19vlees 20in veiligheid woon;
dwant U sal my 21siel aan die 22doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u 23gunsgenoot 24verderwing 25sien nie.
U sal my die 26pad van die lewe bekend maak; versadiging 27van vreugde is voor u 28aangesig, lieflikhede in u 29regterhand, vir ewig.
1 Of: Goue psalm. Hebr. miktaam, dit is, wat van die beste en fynste goud gemaak is. Psalms 56-60 het dieselfde titel, vanweë hul besondere kosbaarheid en uitnemendheid. Sommige sien dit as ’n soort musiekinstrument, of aanvang van ’n lied. |
a Job 22:2; 35:7. Ps. 50:9, ens. Rom. 11:35. | 2 Hierdie woorde spreek Dawid as ’n voorbeeld van Christus, of (soos sommige meen) Christus self in die staat van sy vernedering. |
3 Of: voortreflikes, aansienlikes; so noem hy die gelowiges en heiliges, omdat hulle God se kinders en erfgename is. Sien oor die Hebreeuse woord Ps. 8:2 se kanttekening. |
4 Nie die ware, enige God nie, maar ’n afgod.
5 Verstaan hiermee ’n huweliks- of bruilofsgeskenk, en sien oor die raserny van hierdie geestelike hoerery Eség. 16:31-34. 6 Van die afgode. 7 Of: uitstort, soos die afgodedienaars gewoond was om te doen met die drankoffers. Sien oor die wettige drankoffers, waarin wyn of sterk drank gebruik was, Ex. 29:40. Núm. 15:5, 7, 10; 28:7. 8 Dit is, in my mond, soos in Ps. 50:16. Hy wil sê, dat hy met die afgodery en wat daaraan kleef, geheel en al niks te doen wil hê nie, dat hy ’n afgryse daarvan het. Sien Ex. 23:13. |
b Klaagl. 3:24. | 9 Twee beelde word hier gebruik: die een geneem van erfenis, wat met snoere gemeet en deur die lot uitgedeel was. Sien Deut. 3:4 se kanttekening; 32:9. Josua 13, ens. Die ander van die orde van ’n huishouding, waar die huisvader elke huisgenoot sy beker drank toegedeel het. Vgl. Ps. 11:6 se kanttekening.
10 Dit is, bewaar, of hou vir my in veilige bewaring. Vgl. 2 Tim. 4:8. 1 Petr. 1:4, 5. |
11 Hebr. die erfenis het mooi geword vir of oor my. |
12 Hebr. seën.
13 Hebr. in die nagte. Sien Ps. 1:2 se kanttekening. 14 Dit is, my mees innerlike bewegings dryf my aan tot my plig. Sien Job 19:27 se kanttekening. |
c Hand 2:25. | 15 Dat dit gespreek is van ons Here Christus, blyk uit Hand 2:25-28.
16 Hebr. teenoor my. 17 Soos in Ps. 15:5. |
18 Sien Gén. 49:6 se kanttekening.
19 Dit is, liggaam. 20 Of: veilig. Hebr. eintlik: met of in vertroue, naamlik dat die opstanding op die derde dag sekerlik sal volg. |
d Hand. 2:31; 13:35. | 21 Dit is, my persoon, soos dikwels elders, waardeur in die besonder die dooie liggaam van ons Here Jesus Christus verstaan word. Vgl. Lev. 19:28 se kanttekening. Ps. 94:17, en sien hieroor Hand. 2:31; 13:35, ens.
22 Dit is, graf. Of verstaan met sommige die helse pyn, wat Christus in sy lyding om ons ontwil gedra het. Sien oor die Hebreeuse woord Gén. 37:35 se kanttekening. 23 Naamlik Ek, Christus. Anders: goedertierene, weldadige, heilige. Vgl. Deut. 33:8 en Ps. 4:4 se kanttekeninge. 24 Sien Ps. 7:16 se kanttekening. 25 Dit is, ondervind, ly, in die graf wees en verrot, soos ander mense. Vgl. Ps. 34:13. Joh. 3:36; 8:51, en sien Job 7:7 se kanttekening. |
26 Wat my in hierdie lewe lei en daarna opwek uit die dood, en voer in die heerlikheid van die ewige lewe.
27 Of: blydskap, in die meervoud. 28 Vgl. Ps. 4:7; 17:15, en sien 1 Joh. 3:2. 29 Waarmee U dit aan u kinders gee en uitdeel. Vgl. Spr. 3:16. Anders: by u regterhand; waar Ek (Christus) sal sit, wanneer Ek na die hemel opgevaar het en waar Dawid en alle uitverkorenes gestel sal word, Matt. 25:33. |