Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 16

God die hoogste goed.

1

’N 1GEDIG van Dawid.

Bewaar my, o God, want by U skuil ek.

2

2Ek het tot die HERE gesê: U is 3my Here; avir my is daar geen 4goed bo U nie.

3

Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die 5heerlikes in wie al my behae is.

4

Die smarte van hulle wat ’n 6ander god 7met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal 8hulle drankoffers van bloed nie 9uitgiet en hulle name 10op my lippe nie neem nie.

5

bDie HERE is die 11deel van my erfenis en van my beker; Ú 12onderhou my lot.

6

Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, 13my erfenis is vir my mooi.

7

Ek sal die HERE 14loof wat my raad gegee het; selfs 15in die nag vermaan my 16niere my.

8

c17Ek stel die HERE altyddeur 18voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie 19wankel nie.

9

Daarom is my hart bly en my 20eer juig; ook sal my 21vlees 22in veiligheid woon;

10

dwant U sal my 23siel aan die 24doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u 25gunsgenoot 26verderwing 27sien nie.

11

U sal my die 28pad van die lewe bekend maak; versadiging 29van vreugde is voor u 30aangesig, lieflikhede in u 31regterhand, vir ewig.

1 Of: Goue psalm. Hebr. miktaam, dit is, dit wat van die beste en fynste goud gemaak is. Psalms 56-60 het dieselfde titel, vanweë hul besondere kosbaarheid en uitnemendheid. Sommige beskou dit as ’n soort musiekinstrument, of aanvang van ’n lied.
a Job 22:2; 35:7. Ps. 50:9, ens. Rom. 11:35. 2 Hierdie woorde spreek Dawid as ’n voorbeeld van Christus, of (soos sommige meen) Christus self in die staat van sy vernedering.

3 Anders: die Here.

4 Anders: my goedheid raak nie tot U nie. Dit is, weldadigheid. Die betekenis is: ek kan vir U, o God, met my weldade niks aanbring, U geen deug bewys nie (want U is in Uself volmaak en die oorsprong van alle goed).

5 Of: voortreflikes, aansienlikes; so noem hy die gelowiges en heiliges, omdat hulle God se kinders en erfgename is. Sien oor die Hebreeuse woord Ps. 8:2 se kanttekening.
6 Nie die ware, enige God nie, maar ’n afgod.

7 Verstaan hiermee ’n huweliks- of bruilofsgeskenk, en sien oor die raserny van hierdie geestelike hoerery Eség. 16:31-34.

8 Dit is, die afgode se drankoffers.

9 Of: uitstort, soos die afgodsdienaars gewoond was om te doen met die drankoffers. Sien oor die wettige drankoffers, waarin wyn of sterk drank gebruik was, Ex. 29:40. Núm. 15:5, 7, 10; 28:7.

10 Dit is, in my mond, soos in Ps. 50:16. Hy wil sê dat hy met die afgodery en wat daaraan kleef, geheel en al niks te doen wil hê nie, dat hy ’n afgryse daarvan het. Sien Ex. 23:13.

b Klaagl. 3:24. 11 Twee beelde word hier gebruik: die een geneem van erfdele, wat met snoere gemeet en deur die lot uitgedeel was. Sien Deut. 3:4 se kanttekening; Deut. 32:9. Josua 13, ens. Die ander van die orde van ’n huishouding, waar die huisvader aan elke gesinslid sy drank uitgedeel het. Vgl. Ps. 11:6 se kanttekening.

12 Dit is, bewaar, of hou vir my in veilige bewaring. Vgl. 2 Tim. 4:8. 1 Petr. 1:4, 5.

13 Hebr. die erfenis het mooi geword vir of oor my.
14 Hebr. seën.

15 Hebr. in die nagte. Sien Ps. 1:2 se kanttekening.

16 Dit is, my innerlikste bewegings dryf my aan tot my plig. Sien Job 19:27 se kanttekening.

c Hand 2:25. 17 Dat dit van onse Here Christus gespreek is, blyk uit Hand. 2:25-28.

18 Hebr. teenoor my.

19 Soos in Ps. 15:5.

20 Sien Gén. 49:6 se kanttekening.

21 Dit is, liggaam.

22 Of: veilig. Hebr. eintlik: met of in vertroue, naamlik dat die opstanding op die derde dag sekerlik sal volg.

d Hand. 2:31; 13:35. 23 Dit is, my persoon, soos dikwels elders, waardeur in die besonder die dooie liggaam van onse Here Jesus Christus verstaan word. Vgl. Lev. 19:28 se kanttekening. Ps. 94:17, en sien hieroor Hand. 2:31; 13:35, ens.

24 Dit is, graf. Of verstaan soos sommige die helse pyn, wat Christus in sy lyding om ons ontwil gedra het. Sien oor die Hebreeuse woord Gén. 37:35 se kanttekening.

25 Naamlik Ek, Christus. Anders: goedertierene, weldadige, heilige. Vgl. Deut. 33:8 en Ps. 4:4 se kanttekeninge.

26 Sien Ps. 7:16 se kanttekening.

27 Dit is, ondervind, ly, in die graf wees en verrot, soos ander mense. Vgl. Ps. 34:13. Joh. 3:36; 8:51, en sien Job 7:7 se kanttekening.

28 Naamlik, terwyl U my in hierdie lewe lei en daarna opwek uit die dood, en in die heerlikheid van die ewige lewe voer.

29 Of: blydskappe, in die meervoud.

30 Vgl. Ps. 4:7; 17:15, en sien 1 Joh. 3:2.

31 Waarmee U dit aan u kinders gee en uitdeel. Vgl. Spr. 3:16. Anders: by u regterhand; waar Ek (Christus) sal sit, wanneer Ek na die hemel opgevaar het, en waar Dawid en alle uitverkorenes gestel sal word, Matt. 25:33.