Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 19

Openbaring in natuur en Skriftuur.

1

VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2

Die hemele 2vertel die eer van God, en die 3uitspansel verkondig die werk van sy hande.

3

4Die een dag 5stort vir die ander ’n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:

4

daar is 6geen spraak en daar is geen woorde nie — onhoorbaar is 7hulle stem.

5

aHulle 8meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ’n 9tent gemaak;

6

en 10dié is soos ’n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy bis bly soos ’n 11held om die pad te loop.

7

Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en 12niks is verborge vir sy hitte nie.

8

cDie 13wet van die HERE is volmaak: dit 14verkwik die siel; die 15getuienis van die HERE is 16gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

9

Die bevele van die HERE is 17reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die 18oë.

10

Die 19vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is 20waarheid — tesame is hulle regverdig.

11

dHulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en esoeter as heuning en 21heuningstroop.

12

Ook word u kneg daardeur 22gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot 23loon.

13

Die 24afdwalinge — wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat 25verborge is.

14

Hou u kneg ook terug van 26moedswillige sondes; laat dit nie oor my 27heers nie. Dan sal ek 28onbestraflik wees en vry van 29groot oortreding.

15

Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart 30welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Dit is, gee ons stof om van God se almag, wysheid en goedheid te vertel.

3 Sien Gén. 1:6 se kanttekening.

4 Dit is, elke dag en nag, soos dit steeds op mekaar volg, die een ná die ander.

5 Dit is, asof hulle ons steeds toegespreek en geleer het, soos die fonteine of bronne steeds oorvloedig water gee of uitspuit, waarvan die Hebreeuse woord eintlik afgelei word. Sien Spr. 18:4. Pred. 12:6. Jes. 49:10.

6 Dit is, hoe verskillend die tale en woorde van mense ook mag wees, sodat die een die ander nie kan verstaan nie, so is nogtans (om so te spreek) die taal van hierdie skepsele en werke van God deur almal verstaanbaar, sodat ons kan weet wat hulle vir ons wil sê. Anders: Hulle het geen spraak en geen woorde nie, nogtans word hulle stem gehoor, dit is, verstaan. Sien Gén. 11:7 se kanttekening.

7 Naamlik die hemele, soos in vers 2.

a Rom. 10:18. 8 Dit is, hulle uitermate mooi gebou, asof dit met ’n meetsnoer afgemeet en daarvolgens gemaak was. Sien Job 38:5 se kanttekening. Sag. 1:16. Of: reël, voorskrif, skrif, dit is asof hulle ons deur growwe lyne en letters geleer en onderrig het van hul Skepper. Vgl. Jes. 28:10. Die apostel verwys hierna in Rom. 10:18.

9 Dit word in die volgende vers verklaar.

b Pred. 1:5. 10 Naamlik die son, wat steeds weer met dagbreek baie mooi en sierlik opkom, soos ’n bruidegom met sierlike klere te voorskyn kom. Sien Jes. 61:10.

11 Om vinnig en met mening te loop van die opkoms tot die ondergang. Pred. 1:5.

12 Of: niemand, naamlik daar waar die son skyn.
c 2 Sam. 22:31. Ps. 18:31. 13 Of: leer, dit is, God se heilige Woord. Sien Ps. 1:2 se kanttekening.

14 Of: bring weer terug, rig weer op, dit is, verkwik, vertroos, soos in Ps. 23:3. Sien ook Rut 4:15 se kanttekening. Dit is die vrug van die leer van die evangelie.

15 Sy Woord, wat getuig van sy wese, wil en werke.

16 Dit is, waaragtig, seker, vas, bestendig. Vgl. Ps. 93:5; 111:7.

17 Of: waar, dit is, in alles gelykvormig, ooreenstemmend met sigself, en wat die enigste regte weg van saligheid reg wys. Sien Ps. 7:11 se kanttekening oor die Hebreeuse woord.

18 Van die verstand. Sien Ps. 13:4 se kanttekening.

19 Om God te vrees, te eer, en in sy weë te wandel word afwisselend gebruik, vgl. Jes. 29:13 met Matt. 15:9, en 2 Kron. 6:31 met 1 Kon. 8:40 en Ps. 128:1. Sodoende kan ’n mens hier deur die kinderlike vrees, waarmee die kinders van God Hom deur die geloof eer, die leer van die ware godsdiens en belydenis verstaan, wat rein is van alle vuilheid van menslike verdigsels, en reinheid van die harte en hande meebring, Ps. 24:4.

20 Dit is, volkome of in alle opsigte waaragtig, slegs die waarheid.

d Ps. 119:72, 127. Spr. 8:11.

e Ps. 119:103.

21 Hebr. dit vloei uit die heuningkoeke, dit is, wat uit die heuningkoeke vanself vloei sonder om uitgeswaai te word.
22 Die Hebreeuse woord beteken blink, helder skyn, en verder vermaan, waarsku, waardeur die mens lig en helderheid vir sy siel bekom, asook nuttigheid, wins en voordeel. Vgl. Eség. 3:18-21.

23 Die Hebreeuse woord beteken eintlik die hak, die hakskeen (Gén. 3:15; 25:26) en word voorts verstaan as die einde van ’n ding (soos hoof vir die begin), en verder as uitkoms, geluk, wins, beloning, omdat dit in die einde en op die laaste kom; soos ’n ander woord, wat eintlik die agterste beteken, ook so gebruik word. Sien Spr. 23:18 se kanttekening. Dat God die gehoorsaamheid van sy kinders, nieteenstaande hul onvolmaaktheid, met groot beloftes vereer, dit as aangenaam hou en beloon, gebeur nie omdat hulle dit verdien nie, maar uit genade ter wille van die verdienste van Jesus Christus.

24 Dit is, sondes wat die mens deur onwetendheid en onbedagsaamheid begaan, Lev. 4:2 se kanttekening. Hy wil sê: Niemand kan dit verstaan nie (so velerlei, baie, ja, ontelbaar is hulle). Vgl. 1 Kon. 3:9 met 2 Kron. 1:10.

25 Wat ek nie sien of bemerk nie.

26 Dit is, sondes, wat willens en wetens, en met opset, hoogmoed en veragting van God geskied.

27 Vgl. Rom. 6:12.

28 Sien Gén. 6:9 se kanttekening oor die Hebreeuse woord onbestraflik of opreg.

29 Of: baie, menigvuldige.

30 Hebr. tot of na welbehae of aangenaamheid wees. Vgl. Jes. 56:7. Jer. 6:20.