Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 2

Stryd en oorwinning van die Messías.

1

WAAROMa 1woel die 2nasies en bedink die volke 3nietige dinge?

2

Die konings van die aarde staan gereed, en die 4vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy 5Gesalfde en sê:

3

Laat ons 6hulle bande 7stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!

4

Hy wat in die hemel 8woon, 9lag; die Here spot met hulle.

5

10Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy 11grimmigheid sal Hy hulle verskrik:

6

12Ék tog het my Koning 13gesalf oor Sion, my heilige 14berg.

7

15Ek wil vertel 16van die 17besluit: Die HERE het aan My gesê: bU is my Seun, 18vandag het Ek self U gegenereer.

8

19Eis van My, cen Ek wil nasies gee as u erfdeel en die 20eindes van die aarde as u besitting.

9

dU sal hulle verpletter met ’n 21ysterstaf, U sal hulle 22stukkend slaan soos ’n 23erdepot.

10

Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle 24waarsku, o regters van die aarde!

11

Dien die HERE met 25vrees, en 26juig met bewing.

12

27Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die 28weg vergaan nie; want 29gou kan sy toorn ontvlam. eWelgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

a Hand. 4:25. 1 Of: woed, raas, sleg praat, oproerig wees. Die Hebreeuse woord kan die betekenis hê van byeenkom, byeenkomste hou, en ook woed, rumoerig, oproerig wees, soos afgelei kan word uit Ps. 55:15; 64:3. Dan. 6:7.

2 Jode sowel as heidene. Sien Hand. 4:27.

3 Vergeefse aanvalle, waardeur hulle die raad van God nie kan breek nie, en hulle in gevaar van verderf bring.

4 Of: raadshere.

5 Of: Messías, naamlik die Here Christus, dit is, die Gesalfde, van wie Dawid met sy salwing en koninkryk ’n voorbeeld was.

6 Naamlik van God en sy Gesalfde, asook van hul dienaars, waarmee hulle ons onder die juk van Christus en die gehoorsaamheid aan sy evangelie wil verbind. Vgl. 2 Kor. 10:5. Bande was ’n teken van onderwerping of diensbaarheid. Sien Ps. 107:14. Jer. 2:20; 27:2, 3, 5, 6.

7 Of: aftrek, afruk; so ook in Jer. 5:5.

8 Of: sit, as Regter. Sien Ps. 9:8, 9; 29:10; 55:20.

9 Menslik van God gesproke, om te verklaar hoe nietig die beraadslagings en die gewoel van die vyande van Christus by God geag word. Sien Job 5:22 se kanttekening.

10 As hulle hul beraadslagings teen Christus tot uitvoering wil bring, sal Hy deur middel van plae sy toorn laat verstaan en laat voel, asof Hy telkens vir hulle sê dat Hy baie toornig op hulle is.

11 Of: brandende toorn.

12 Dit is die woorde van God die Vader, oor sy Seun Jesus Christus.

13 Hebr. eintlik: oorgiet, naamlik met olie, dit is, gesalf.

14 Dit is, waar Ek (wat die Heiligheid self is) woon; naamlik my kerk, wat afgebeeld word deur die berg Sion, waar die ark van die Here en Dawid se koninklike paleis was (sien Jes. 60:14. Hebr. 12:22. Openb. 14:1), en later deur die berg Moría waar die tempel met die godsdiens was. Sien 2 Kron. 3:1.

b Hand. 13:32, 33. Hebr. 1:5; 5:5. 15 Dit is die woorde van die Seun van God.

16 Die Hebreeuse woordjie el word soms as van geneem. Sien Job 42:7 se kanttekening. Asof ’n mens sê: Aangaande dit of dat; dit is, van hierdie of daardie saak. Sien ook Ps. 59:18 se kanttekening. Anders: Ek sal die besluit, of gebod of volgens die gebod (naamlik wat die Vader aan My gegee het), oorvertel of vertel.

17 Of: insetting, verordening, wat die Vader gemaak het oor My, as sy enige en ewige Seun; soos dadelik in die volgende beskryf word; as ’n fondament, waarop God Hom tot die Hoof en Here oor sy kerk gestel het. Sien oor hierdie besluit verse 6, 8, ens. Vgl. Filip. 2:6, 9, ens. Kol. 1:15-18.

18 Dit moet ’n mens verstaan as die ewige, onbegryplike, goddelike geboorte van die Seun van die Vader. Sien Hebr. 1:5. Daarvan is die waarheid op verskeie maniere in die Ou en in die besonder in die Nuwe Testament geopenbaar, in die besonder deur die opstanding uit die dood. Sien Hand. 13:32, 33. Rom. 1:4.

c Ps. 22:28; 72:8. 19 Sien Joh. 12:28; 17. Hebr. 5:7, 9.

20 Dit is, nie net die Jode nie, maar ook alle bewoners van die aarde sal aan u koninkryk onderworpe wees; waarvan U die gelowiges sal bewaar, die hardnekkiges sal behandel soos hierna volg. Vgl. aangaande hierdie manier van spreek Lev. 25:46. Jes. 14:2. Sef. 2:9.

d Openb. 2:27; 19:15. 21 Of: septer, dit is, met u goddelike mag en regverdige oordele sal U die ongehoorsames en weerspanniges verdelg.

22 Sodat die stukke hier en daar verstrooi word. Sien Rig. 7:19 se kanttekening, en vgl. Jes. 30:14. Jer. 13:14, ens.

23 Hebr. van ’n formeerder, dit is, ’n pottebakker.

24 Of: onderwys, onderrig, tug. Sien Spr. 7:22 se kanttekening oor die Hebreeuse woord.
25 Met kinderlike vrees, eer en ontsag vir die HERE, soos gehoorsame kinders teenoor hul vroom vader bewys.

26 Oor die groot saligheid, wat u van die groot en oorvloedige genadige God, hoewel onverdiend, voorgehou word, om deur die geloof in sy eniggebore Seun te geniet, wie se veragters afgryslik sal vergaan. Vgl. Hos. 11:10, 11. Filip. 2:12.

e Ps. 34:9. Spr. 16:20. Jes. 30:18. Jer. 17:7. Rom. 9:33; 10:11. 1 Petr. 2:6. 27 Dit is, eer Hom as my ewige Seun, en neem Hom as jul Koning aan, glo in Hom, wees Hom onderdanig. Vgl. Gén. 41:40 se kanttekening. 1 Sam. 10:1.

28 Of: onderweg, dit is, tydens jul gewoel en ongehoorsaamheid.

29 Of: haastig, ’n kort tyd. Sien 2 Kron. 12:7. Ps. 81:15. Jes. 26:20. Anders: want sy toorn sal binnekort ontvlam.