Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 20

Gebed vir die koning as hy optrek in die stryd.

1

VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2

Mag die HERE u verhoor in die dag van benoudheid! Mag die 2Naam van die God van Jakob u 3beskerm!

3

Mag Hy 4u hulp stuur uit die 5heiligdom en u ondersteun uit Sion!

4

Mag Hy 6dink aan al u spysoffers en u brandoffer 7met welgevalle aansien! 8Sela.

5

Mag Hy u gee na u 9hart en al u voornemens 10vervul!

6

11Ons wil juig oor 12u oorwinning en die vaandels 13opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes 14vervul!

7

Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde 15verlos; Hy sal hom verhoor uit sy 16heilige hemel 17met magtige dade van verlossing van sy regterhand.

8

18Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar óns sal roem op die Naam van die HERE onse God.

9

Húlle het 19inmekaargesak en geval, maar óns het opgestaan en ons weer opgerig.

10

HERE, 20verlos die koning! 21Mag Hy ons verhoor op die dag as ons roep!

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Sien 2 Sam. 6:2 se kanttekening, en vgl. hierna, vers 8.

3 Anders: verhef of verhoog. Die betekenis is, Hy sal u op ’n hoogte stel waar u verseker mag wees teen die geweld van die vyande. Sien 2 Sam. 22:3 se kanttekening. Dit is, mag Hy u bewaar en beskut.

4 Waardeur u gehelp mag word.

5 Waar die verbondsark (’n voorbeeld van die Here Christus) was, op die berg Sion.

6 Anders: Mag Hy ruik, dit is, mag Hy aanneem, sien as aangenaam, terwyl Hy aan sy beloftes en u gebede dink. Sien Lev. 2:2 en Hos. 14:8 se kanttekeninge.

7 Of: tot as maak. Terwyl Hy met ’n teken toon dat dit vir Hom welgevallig is. Sien Lev. 9:24. 2 Sam. 24:23 se kanttekening. 1 Kron. 21:26. Anders: Mag Hy u brandoffer vet maak, dit is, mag Hy dit vir Hom welgevallig laat wees, omdat die beste uit ’n opregte geneentheid geoffer word.

8 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.

9 Dit is, na u wens, sodat u voornemens goed mag slaag.

10 Dit is, volbring, soos in dit wat volg.

11 Hier verklaar die gemeente haar vertroue op die verhoring en oorwinning.

12 Wat God aan u sal verleen. Sien 2 Sam. 8:6 se kanttekening. Of: u redding, wat u, o koning, van God sal ontvang, of: wat U, o God, aan ons koning sal gee.

13 Of: laat wapper, dra; as ’n teken van goeie moed en vertroue van oorwinning en triomf, en dit ter ere van onse God en tot skrik van ons vyande. Vgl. Ps. 60:6. Hoogl. 2:4; 5:10; 6:4; net so ook Núm. 2:2, 3, ens., met die kanttekeninge. In die Hebreeus is ’n woord asof ’n mens sê: ons sal die vaandel dra.

14 Of: Die HERE sal vervul, ens.

15 Of: verlos het, oorwinning gegee het, dit is, ek vertrou so vas, vanweë God se beloftes, dat God hom die oorwinning sal gee, asof hy dit reeds behaal het.

16 Hebr. hemel van sy heiligheid. Dit word so genoem omdat van God, wat die Heiligheid self is, gesê word dat Hy daarin woon; so ook u heilige tempel, Ps. 5:8.

17 Dit is, terwyl Hy sy regterhand kragtig uitstrek om vir sy gesalfde die oorwinning te beskik. Anders: die verlossing van sy regterhand sal met mag wees.

18 Dit is, ons vyande roem, die een op ’n menigte van ysterwaens, die ander op baie perde, waarop hulle vertrou, maar óns, ens.
19 Soos Sísera, Rig. 5:27.
20 Of: gee verlossing, oorwinning, soos in vers 7.

21 Of: Hy sal ons verhoor, naamlik die hemelse Koning, onse Here Jesus Christus, van wie Dawid ’n voorbeeld was.