Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 21

Danksegging vir die oorwinning.

1

VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2

o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

3

U het hom die wens van sy hart gegee en 2die begeerte van sy lippe nie geweier nie. 3Sela.

4

Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U ’n kroon van fyn goud.

5

Die 4lewe het hy van U begeer; 5U het hom dit gegee: 6lengte van dae, vir ewig en altyd.

6

Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

7

Want U maak hom baie 7geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u 8aangesig.

8

Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie 9wankel nie.

9

U hand sal 10al u vyande 11vind; u regterhand sal u haters vind.

10

U sal hulle maak soos ’n vurige oond 12as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

11

U sal hulle 13vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

12

Want hulle het 14U met onheil bedreig; hulle het ’n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

13

Want U sal hulle dwing om te vlug; met u 15boogsnare sal u mik op hulle gesig.

14

Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Dit is, dit wat hy in sy gebed tot U uitgespreek en van U begeer het.

3 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.

4 Naamlik, toe hy vanweë sy vyande in doodsgevaar was. Verstaan, begeer met God se genadige seën; vgl. daarby Ps. 30:6; 133:3.

5 Anders: U het hom gegee lengte van dae, ens.

6 Dit is, ’n lang lewe. Vgl. Deut. 30:20. Dit wys wel aan die een kant volgens die liggaamlike op Dawid, wat in goeie ouderdom gesterf het, maar vernaamlik op die Messías, Dawid se nageslag na die vlees (sien Jes. 53:10), en verder op Dawid en alle lede van Christus, aangesien hulle deur die geloof in Hom die ewige lewe het.

7 Vgl. Gén. 12:2 se kanttekening. Jes. 19:24. Eség. 34:26.

8 Sien Núm. 6:25, 26 se kanttekeninge. Ps. 16:11.

9 Soos in Ps. 15:5.
10 Anders: sal wraak vind vir al, ens. Of: sal genoegsaam wees vir al u vyande, naamlik om hulle te bedwing.

11 Dit is, aantref, gryp en straf.

12 Hebr. ten tyde van u toornige aangesig, dit is, aangesig van u toorn, wanneer U hulle in toorn sal aansien, oordeel en straf. Vgl. Gén. 32:20. Lev. 17:10; 20:6. Ps. 34:17. Jer. 3:12; 4:26. Klaagl. 4:16. Bemerk dat die aangesig van God hier verstaan word as sy toorn, en in vers 7 as sy guns. Vgl. Ps. 25:18, 19.
13 Die vrug van hulle liggaam (soos die Skrif spreek), dit is, hulle kinders; anders word ook deur die vrug van iemand se hand verstaan dit wat hy deur sy arbeid verkry of oorwin, Spr. 31:16, 31.
14 Want God reken dat dit Hom aangedoen word wat mense sy volk aandoen. Sien Gén. 20:6 se kanttekening.
15 Hebr. koorde, dit is, die snaar van die boog. Verstaan: die pyle op u boog plaas.