Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 22

My God, waarom het U my verlaat?

1

VIR die 1musiekleier; op die wysie van:

2„Die hert van die dageraad.” ’n Psalm van Dawid.

2

a3My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my 4gebrul?

3

My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en 5ek kan nie swyg nie.

4

Tog is U die Heilige wat woon onder die 6lofsange van Israel!

5

Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.

6

Hulle het U aangeroep en het ontvlug; bop U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.

7

Maar ek is ’n 7wurm en geen man nie, ’n smaad van die mense en verag 8deur die volk.

8

Almal wat my sien, cspot met my; hulle 9steek die lip uit, hulle 10skud die hoof en sê:

9

d11Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: 12Hy het mos behae in hom!

10

Ja, 13U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my 14veilig laat rus het aan my moeder se bors.

11

Aan U is ek 15oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.

12

Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

13

16Baie stiere het my omsingel, 17sterkes van 18Basan het my 19omring.

14

Hulle het hul mond teen my 20oopgespalk soos ’n leeu wat verskeur en brul.

15

Ek is 21uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het 22gesmelt binne-in my ingewande.

16

My krag is verdroog soos ’n potskerf, en my tong 23kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof 24van die dood.

17

Want 25honde het my omsingel; ’n bende kwaaddoeners het my omring; ehulle het my hande en my voete 26deurgrawe.

18

Al my beendere kan ek 27tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle 28op my neer!

19

fHulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

20

Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

21

Red my 29siel van die 30swaard, my 31enigste uit die 32mag van die hond.

22

Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die 33buffels het U my 34verhoor!

23

Ek gwil u 35Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.

24

Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!

25

Want Hy het die ellende van die ellendige 36nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.

26

37Van U kom my lof in ’n groot vergadering; ek sal my 38geloftes betaal 39in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.

27

Die 40ootmoediges sal 41eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag 42julle hart vir ewig 43lewe!

28

44Al die heindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.

29

Want die koninkryk 45behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.

30

Al die 46grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat 47in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy 48siel nie in die lewe kan hou nie.

31

’n 49Nageslag sal Hom dien; dit sal 50vertel word van die Here 51aan die volgende geslag.

32

Hulle sal aankom en 52sy geregtigheid verkondig aan die volk wat 53gebore word; iwant Hy 54het dit gedoen.

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Hebr. Ajelet hasjagar. Of: die takbokooi van die dageraad. Sommige beskou dit as ’n musikale instrument waarop hierdie psalm gespeel moes word; ander as die eerste woorde van ’n sekere lied wat in daardie tyd onder die Jode bekend was, waarvolgens hierdie psalm gesing is. Daar is ook diegene wat dit as volg vertaal: In of teen die krag van die dageraad, terwyl hulle meen dat hierdie heerlike profesie van Christus se lyding, dood, opstanding, ens., aan die priesters en Leviete gegee is om elke oggend met die aanbreek van die dageraad in God se huis gesing te word. Ander meen dit wys op Christus, wat met ’n takbok vergelyk word, Hoogl. 2:9, 17; 8:14, en die môre vroeg uit die graf opgestaan het; soos die opstanding die môre genoem word, Ps. 49:15. Die verstandige leser sal hieroor kan oordeel.

a Matt. 27:46. Mark. 15:34. 3 Hoewel sommige dinge in hierdie psalm ook bekwaam op Dawid, as ’n voorbeeld van Christus, toegepas kan word, so blyk nogtans duidelik uit die vier Evangelies dat dit in die meeste gevalle hoofsaaklik en eintlik in die persoon van die Here Christus, ons enigste Messías, vervul is, en gevolglik dat Dawid, geïnspireer deur die profetiese gees, onse Here Christus hier as ’t ware self tot sy Vader laat spreek.

4 Dit openbaar ’n verskriklike ontsteltenis van die hart, wat ’n sterk geroep voortbring. Vgl. Job 3:24. Ps. 32:3; 38:9, en sien Matt. 27:46. Hebr. 5:7. Dit alles het die Here Christus as ons Borg gely, wat die toorn van God vanweë ons sondes gedra en volkome daarvoor betaal het.

5 Of: vir my is geen stilte nie, dit is, ek hou nie op nie, ek rus nie van die gekla nie; of: maar ek verkry geen stilte nie, dit is, rus, ongeag dat ek roep, my lyding hou nie op nie.
6 Dit is, in u huis, wat die plek is waar u volk u Naam prys, vanweë die genadige hulp en verlossing wat U gewoonlik aan hulle bewys. Anders: Nogtans is U heilig, wat sit (dit is, altyd bly), o U, lofsange (die menigerlei of volkome lof) van Israel. Vgl. Deut. 10:21. Jer. 17:14.
b Ps. 25:3; 31:2. Jes. 49:23. Rom. 9:33.
7 Dit is, soos ’n wurm, dit is, baie swak en kragteloos, geensins geag nie, en as ’t ware onder voete vertrap, soos volg. Vgl. Job 25:6. Jes. 41:14.

8 Hebr. ’n veragte van die volk.

c Matt. 27:39. 9 Anders: hulle trek die lip. Hebr. eintlik: hulle maak met die lip oop.

10 Sien 2 Kon. 19:21 se kanttekening.

d Matt. 27:43. 11 Hebr. Wentel of rol op die HERE. Anders: Hy het dit op die HERE gewentel of gerol, dit is, hy het homself, of sy weg (soos in Ps. 37:5) of sy saak – die uitkoms van sy lyding – aan die HERE opgedra en oorgegee, terwyl hy vas op Hom vertrou; soos wanneer ’n mens iets êrens heen rol waar dit bewaar sal word, of iets op iemand lê wat wel sterk genoeg is om dit op hom te neem en te dra of te red. Vgl. Ps. 55:23. Spr. 16:3. 1 Petr. 5:7, waar dergelike lieflike maniere van spreek gevind word.

12 Om welke rede hy hom beroem; so spreek hulle spottenderwys.

13 Dit is vol vertroue gespreek as antwoord op die voorgaande spottery van die goddeloses.

14 Anders: laat vertrou het of in beskerming geplaas het.

15 Dit is, aan u sorg en bewaring oorgegee; ’n beeld, geneem van ’n vroedvrou of ’n voedster, wat die nuutgebore kind op haar knieë of in haar skoot ontvang en koester.
16 Of: Groot, magtige stiere. Verstaan die owerstes van die Joodse volk, terwyl hulle is soos sterk, lywige, vet osse en wrede, stotende stiere.

17 Die Hebreeuse woord beteken sterkes, magtiges, maar word ook verstaan as stiere, osse of bulle, soos afgelei word uit Jes. 34:7. Sien ook Ps. 50:13; 68:31. Jer. 47:3 (waar dit vir sterk perde gebruik word); Jer. 50:11.

18 Sien Deut. 32:14 se kanttekening. Eség. 39:18. Hos. 4:16. Amos 4:1.

19 Hebr. asof ’n mens sê: van alle kante omgewe of beset.

20 Vgl. Job 16:10. Klaagl. 2:16; 3:46.
21 Dit is, my krag vloei weg soos water wat uitgegooi word.

22 Sien Deut. 1:28 se kanttekening; Deut. 20:8. Jos. 7:5; 14:8. Ps. 68:3, ens.

23 Sodat ek met moeite spreek. Sien Job 29:10. Ps. 137:6. Eség. 3:26. Of vanweë ’n droë mond en groot dors. Sien Joh. 19:28.

24 Dit is, in so ’n toestand dat ek soos ’n dooie is, wat mense sal moet begrawe. Sommige verstaan dit as ’n beeld geneem van kampioenvegters, wat, wanneer hulle klaar geveg en heeltemal kragteloos geword het, in die stof neerslaan asof hulle dood is.

e Matt. 27:35. Mark. 15:24. Luk. 23:33. Joh. 19:23, 37; 20:25. 25 Verstaan die hoëpriesters en skrifgeleerdes, asook die boosaardige gespuis van Jode en soldate, wat die Here Christus met honde vergelyk, vanweë hul boosaardigheid, onreinheid en dolle raserny teen Hom. Vgl. Job 30:1. Ps. 59:7, 15. Spr. 26:11. Matt. 7:6. Filip. 3:2. Openb. 22:15. Sien ook 2 Sam. 3:8 se kanttekening.

26 Dit is, hulle het my hande en voete deurboor.

27 Deurdat hulle aan die kruis so uitgerek was dat hulle (soos beendere wat uitsteek) getel sou kon word.

28 Of: na my, naamlik hul begeerte; dit is, hulle vind hul genot en vermaak daarin dat hulle my lyding met hul oë kan aanskou. Vgl. Ps. 35:21; 37:34; 54:9; 59:11; 92:12; 118:7.

f Luk. 23:34. Joh. 19:24.
29 Dit is, my persoon of lewe, en so in dit wat volg. Sien Gén. 12:5 en 19:17 se kanttekeninge.

30 Dit is, van hierdie skerp en bittere stryd, hierdie vyandelike en dodelike geweld, hierdie wrede vervolging en verwonding, ja, die dood self; soos die woord swaard soms gebruik word vir sulke gevolge van swaard en oorlog. Sien Jer. 25:16, 27, 29. Eség. 38:21, ens.

31 Of: eensame, dit is, my siel, wat, as ’n enigste kind (waarvoor hierdie woord ook elders gebruik word, soos in Gén. 22:2. Rig. 11:34, ens.), alleen en van alle hulp ontbloot is. So word die Hebreeuse woord ook gebruik in Ps. 35:17. Vgl. ook Ps. 25:16; 68:7.

32 Hebr. uit die hand. Sien Job 5:20 se kanttekening. Sien oor hond, dit is, honde, vers 17 se kanttekening. ’n Mens kan hier en in die volgende vers ook die duiwel verstaan, wat ’n prins van hierdie wêreld genoem en met ’n brullende leeu vergelyk word, Joh. 14:30. Ef. 6:12. 1 Petr. 5:8.

33 Wat baie sterk, wild en ontembaar is, Núm. 23:22. Job 39:12, ens.

34 Dit is, U het my verhoor en verlos van die horings, ens. So word dikwels by die Hebreërs twee woorde onder een verstaan. Vgl. Gén. 12:15 en Núm. 17:5 se kanttekeninge. Anders: ja, U het my verhoor, of: verhoor my.

g Hebr. 2:12. 35 Dit is, u trou, waarheid en goedheid roem by my dissipels en diegene wat deur hul woord in Christus sal glo. Sien Hebr. 2:10-12 en vgl. Joh. 20:19, 26. Hand. 1:4, 6. 1 Kor. 15:6.
36 Dit is, alhoewel my bedruktheid of ellende sodanig was dat die mense my daarom verag en ’n afkeer van my gehad het, het God my nogtans nie verwerp of verfoei nie.
37 Hebr. Uit U, dit is, U sal die inhoud van my lof wees.

38 Naamlik van dankbaarheid teenoor God.

39 Hebr. teenoor die wat Hom vrees.

40 Sien Ps. 10:17 se kanttekening.

41 Dit is, deur geloof met die Here Christus en sy verdienste gemeenskap hê. Vgl. Ps. 132:15. Hoogl. 5:1. Luk. 1:53. Joh. 6:54, ens.

42 O julle ootmoediges, julle wat die HERE soek.

43 Naamlik, terwyl julle met geestelike blydskap vervul is. Sien Ps. 69:33. Joh. 16:22.

h Ps. 2:8; 72:11; 86:9. 44 Dit is ’n profesie van die bekering van die nasies, waarin die woorde al die nie verstaan moet word as al die inwoners van die aarde, ryk en arm, man vir man nie, maar as die uitbreiding van die gemeente en menigte van God se volk onder die Nuwe Testament, uit allerlei nasies, sonder onderskeid, soos die saak self uitwys. Vgl. Joh. 10:16; 11:52. Hand. 2:39, ens.
45 Of: kom die HERE toe.
46 Hebr. vettes. Dit is, rykes, magtiges, soos in Ps. 78:31. Jes. 10:16. Eség. 34:20. Die betekenis is dat daar van beide, sowel rykes en mense van vermoë (soos in Ps. 45:13; 72:10. Jes. 49:23, ens.), asook armes en ellendiges, onder die nasies sal wees wat hulle tot Christus sal bekeer. Sien 1 Kor. 1:26, ens.

47 Dit is, wat in ’n swak toestand, of in die uiterste vernedering, of in nood is. Vgl. Job 30:19. Ps. 44:26; 113:7. Jes. 29:4; 47:1. Klaagl. 3:29.

48 Dit is, hy wat in doodsgevaar is, hetsy deur hongersnood, krankheid, vervolging of andersins, net so ook hy wat in homself, vanweë sy sondetoestand, niks anders as die dood verdien het en geen middel of mag het om sy siel te behou nie, sal in ootmoedigheid deur geloof sy troos in Christus soek en Hom aanhang, as die enigste toevlug in alle liggaamlike en geestelike nood.

49 Dit is, die kinders en nakomelinge van die gelowiges, of: die nageslag, Christus se nageslag; sodat daar altyd diegene sal wees wat die Here Christus sal aanneem en dien, wat ook kinders genoem word wat God aan Christus gee, Hebr. 2:13 uit Jes. 8:18, en sy nakroos, Jes. 53:10.

50 Of: toegereken word, dit is, opgeskryf en gereken word onder Christus se volk en kerk. Vgl. Ps. 87:4-6.

51 Dit is, tot of aan ’n volk van die Here. Vgl. Ps. 14:5: God is by die geslag van die regverdiges, of die regverdige geslag, dit is, volk. Sien ook Ps. 24:6; 73:15. Vgl. Matt. 12:39. Hand. 2:40. Anders: tot in die geslagte.

i Ps. 52:11. 52 Naamlik deur die evangelie geopenbaar. Sien Rom. 3:21, 22, ens. Filip. 3:9. Of: sy geregtigheid, dit is, sy trou en waarheid in die nakoming van sy beloftes van die roeping van die nasies.

53 Of: gebore sal word, dit is, hulle kinders en nakomelinge, wat ná hulle dood ’n volk van God sal uitmaak en deur God se Gees wedergebore sal word.

54 Dit is, Hy het hierdie wonderwerk van genade, hierdie geregtigheid en saligheid alleen voorberei, bewerk en uitgevoer. Anders: omdat Hy dit gemaak het (naamlik die volk), soos in Ps. 100:3: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.