Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 23

Die HERE is my herder.

1

’N PSALM van Dawid.

aDie HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

2

Hy laat my 1neerlê in 2groen weivelde; na 3waters waar rus is, 4lei Hy my heen.

3

Hy 5verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

4

bAl gaan ek ook in ’n dal van 6doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is 7met my: u stok en u 8staf dié vertroos my.

5

U berei 9die tafel voor my aangesig 10teenoor my teëstanders; U 11maak my hoof vet met 12olie; my 13beker loop oor.

6

Net goedheid en 14guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE 15bly in 16lengte van dae.

a Jes. 40:11. Jer. 23:4. Eség. 34:23. Joh. 10:11. 1 Petr. 2:25. Openb. 7:17.
1 Vgl. Eség. 34:15.

2 Hebr. weiveld van gras of grasspruitjies. Anders: in grasryke krale, dit is, wat omring is met graslande of weiding.

3 Hebr. waters van stilte, dit is, baie sag en stil lopende water, wat die diere in staat stel om goed te drink.

4 Soos in Ex. 15:13. Ps. 31:4.

5 Hebr. Hy laat terugkeer, of Hy bring weer, dit is, Hy tel op, Hy verkwik; soos ’n herder die skape, wat deur hitte en dors swak geword het, weer met helder water versterk en verkwik. Sien Rut 4:15, Ps. 19:8 en Spr. 25:13 se kanttekeninge. Of: Hy het my siel laat terugkeer, naamlik op die regte pad.
b Ps. 3:6; 118:6. 6 Dit is, op verskriklike donker en gevaarlike paaie, soos ongetwyfeld dikwels met Dawid gebeur het tydens sy ballingskap. Wat hierdie manier van spreek verder beteken, kan gesien word in Job 3:5 en 10:21, 22 se kanttekeninge; 24:17. Ps. 44:20; 107:10, 14. Jer. 2:6, ens.

7 Sien Gén. 21:22 en 31:3 se kanttekeninge.

8 Naamlik die herderstaf, wat tegelykertyd as ondersteuning dien; so bly die profeet, Dawid, steeds die beeld van die herder gebruik. Sien Lev. 27:32. Eség. 20:37. Miga 7:14. Sag. 11:7, ens.

9 Sien Spr. 9:2, ens.

10 Dat hulle dit tot hul spyt moet aanskou en verduur. Sien Ps. 112:10.

11 Dit is, U salf my hoof oorvloedig, sodat die olie van my hoof afloop.

12 Hiermee word ’n olie of balsem wat aangenaam ruik verstaan. Sien Rut 3:3 en Spr. 21:17 se kanttekeninge. Dit beteken: U verbly my uitermate baie. Vgl. Ps. 45:8; 133:2. Pred. 9:8. Jes. 61:3.

13 Sien Ps. 11:6 se kanttekening.

14 Van die HERE, wat Hy aan die wat aan Hom behoort, beloof en bewys.

15 Anders: rus, bedoelende in die HERE se tabernakel, om Hom met sy volk te dien en te loof; wat sommige verklaar nie net op hierdie lewe dui nie, maar ook op die toekomende; so ook die woorde wat hierop volg.

16 Dit is, ’n lang tyd, of ewiglik. Vgl. Ps. 21:5 se kanttekening; 93:5. Jes. 53:10.