Statevertaling – Bybelstigting
Hef op julle hoofde, o poorte!
’N PSALM van Dawid.
aDie aarde behoort aan die HERE en die 1volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
want Hý het dit gegrond 2op die 3seë en dit vasgestel op die strome.
b4Wie mag klim op die 5berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
Hy wat 6rein van hande en 7suiwer van hart is, wat sy siel 8nie ophef tot nietigheid en nie 9vals sweer nie.
Hy sal seën 10wegdra van die HERE en 11geregtigheid van die God 12van sy heil.
Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat 13u aangesig soek — dit is 14Jakob. 15Sela.
Hef op julle 16hoofde, o 17poorte, ja, verhef julle, 18ewige deure, dat die 19Erekoning kan ingaan!
Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.
Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die 20leërskare — Hy is die Erekoning! Sela.
a Ex. 19:5. Deut. 10:14. Job 41:2. Ps. 50:12. 1 Kor. 10:26, 28. | 1 Naamlik alle skepsele, waarmee die HERE die aarde gevul het. Dit is sy besondere genade, dat Hy uit alles, wat Hom toekom deur die reg van die skepping, sy volk tot ’n besondere eiendom vir Hom verkies het en op sy berg huisves. Vlg. Ex. 19:5. Deut. 10:14, 15. |
2 Of: by die seë, en in die volgende by die strome.
3 Dit is, waters. Sien Gén. 1:10 se kanttekening. Dit is bekend dat daar water onder die aarde is, soos blyk uit Ex. 20:4. Maar ’n mens kan dit hier so verstaan, dat God die aarde of die droë grond bo die waters laat uitsteek het, wat tevore die aarde bedek het. Hy het voorts die aarde gegrondves as ’n bolwerk in, teen en op die waters. Ondanks dat dit vogtig, vloeiend en van nature onvas is en nie daartoe geskik is nie, maak Hy die waters tot ’n baie vaste fondament van die aardbodem, soos Hy die lig uit die duisternis voortbring. So hou Hy deur sy krag die water en die aarde in hul vasgestelde plekke. Sien verder Ps. 104:5-8; 136:6, en vgl. Job 26:7; 38:4, 6. Miga 6:2. |
b Ps. 15:1. Jes. 33:14-16. | 4 Asof hy sê: Hoewel Israel God se eiendom is, is nogtans die huigelaars, wat wel na die vlees Israeliete is en deelneem aan die uiterlike godsdiens, geen ware lede van sy volk nie, maar net hulle wat die geestelike Israel vorm en deur die kentekens beskryf word in die volgende verse. Vgl. Rom. 2:28, 29; 9:6. Gal. 6:16.
5 Sien Ps. 2:6 se kanttekening. |
6 Dit is, wat nie steel, roof, doodslaan, owerspel pleeg, ens. nie. Vgl. Gén. 20:5 se kanttekening.
7 Dit is, wat opreg en ongeveins is in sy hele godsdiens. 8 Dit is, wat sy siel nie oorgee aan ydelheid of valsheid nie; of: wat geen begeerte of verlange het na ydelheid nie. Sien dieselfde manier van spreek in Deut. 24:15 se kanttekening. Jer. 22:27; 44:14, en vgl. Eség. 24:25. Hos. 4:8. Anders: wat my siel (dit is, My, my heilige Naam) nie ydellik opneem nie, dit is, in die mond neem nie. Aldus sal dit God se eie woorde wees, wat deur Dawid ingevoeg is tot groter beklemtoning. 9 Hebr. tot, in of met bedrog, dit is, om te bedrieg, deur anders te dink in sy hart as wat hy sweer met sy mond. |
10 Of: ontvang.
11 Dit is, die vrug van geregtigheid, naamlik tydelike seëninge en ewige heerlikheid. Sien Jes. 48:18. Hos. 10:12. Of: Hy sal van God sy Saligmaker die weldade, wat Hy vir sy kinders regverdiglik uitdeel, ontvang, nie na hulle verdienste nie, maar volgens sy genadige en getroue beloftes, wat Hy volgens sy geregtigheid hou. Sien Hebr. 6:9, 10. 1 Joh. 1:9. 12 Dit is, wat sy Heiland of Saligmaker is. |
13 Hy spreek God aan, en toon daarmee sy vaste vertroue in die waarheid van hierdie gewigtige saak, om die huigelaars wat hulle die teendeel inbeeld, asof voor God se regterstoel te oortuig en te beskaam. Sien oor hierdie manier van spreek 2 Kron. 7:14 en 11:16 se kanttekeninge.
14 Dit is, hulle is die ware kinders van Jakob, die ware Israeliete. Vgl. Joh. 1:48. Rom. 9:6. Anders: o Jakob, dit is, o jy – ware gemeente, jy – geestelike Israel. Dit is ’n saak (wil hy sê) waaraan jy aandag moet skenk, omdat dit van die uiterste belang is in die godsdiens. Daarmee spreek hy nie langer God aan nie, maar wend hy hom tot die kerk. 15 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
16 Dit is, boonste balke.
17 Van die tempel. God het deur die profeet Natan aan Dawid duidelik gemaak, dat sy seun Salomo dit sou bou. Die verbondsark (waarop God sy teenwoordigheid vertoon) sou daarin na sy plek gebring word, en God sou dit as sy woning neem. Daardeur is die koms van Christus in die vlees en na sy kerk afgebeeld, asook sy hemelvaart. Daaroor is Dawid in die gees grootliks verheug, omdat Natan hom so ’n uitnemende berig gebring het. Hy het nie geweet hoe hy God daarvoor genoeg sou kon dank nie, 2 Samuel 7. 18 Hebr. deure van ewigheid. So ook in vers 9. Dit is, wat ’n lang tyd op sy plek sou bly, terwyl die vorige tabernakel van die een plek na die ander gedra is en weinig rus gehad het. Maar dit dui terselfdertyd op die gemeente van die kinders van God, tot wie God met sy genade en Gees kom en in hulle woon (dit is hoekom hulle God se tempel genoem word). Daarom kan dit die ewigdurendheid van die kerk van God beteken, asook die hemel self, in die mate dat die hemelvaart van Christus hier aangedui word. Sien oor die woord ewig Gén. 17:7 se kanttekening, en verder 1 Kor. 3:16; 6:19. Openb. 3:20. 19 God, van wie gesê word dat Hy tussen die gérubs op die ark woon, 2 Sam. 6:2. Hierdeur word Christus afgebeeld, die ware Koning van die heerlikheid. |
20 Sien 1 Kon. 18:15 se kanttekening. Sommige verstaan dat van vers 7 af in hierdie psalm slegs van die hemelvaart van ons Here Jesus Christus gespreek word. |