Statevertaling – Bybelstigting
Hef op julle hoofde, o poorte!
’N PSALM van Dawid.
aDie aarde behoort aan die HERE en die 1volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
want Hý het dit gegrond 2op die 3seë en dit vasgestel op die strome.
b4Wie mag klim op die 5berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
Hy wat 6rein van hande en 7suiwer van hart is, wat sy siel 8nie ophef tot nietigheid en nie 9vals sweer nie.
Hy sal seën 10wegdra van die HERE en 11geregtigheid van die God 12van sy heil.
Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat 13u aangesig soek — dit is 14Jakob. 15Sela.
Hef op julle 16hoofde, o 17poorte, ja, verhef julle, 18ewige deure, dat die 19Erekoning kan ingaan!
Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd.
Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!
Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die 20leërskare — Hy is die Erekoning! Sela.
| a Ex. 19:5. Deut. 10:14. Job 41:2. Ps. 50:12. 1 Kor. 10:26, 28. | 1 Naamlik alle skepsele, waarmee die HERE die aarde gevul het. Dit is sy besondere genade dat Hy uit dit alles, wat Hom deur die reg van die skepping toekom, sy volk tot ’n besondere eiendom vir Hom verkies en op sy berg huisves. Vgl. Ex. 19:5. Deut. 10:14, 15. |
| 2 Of: by die seë, en hierna by die strome.
3 Dit is, waters. Sien Gén. 1:10 se kanttekening. Dat daar waters onder die aarde is, is bekend en blyk uit Ex. 20:4, maar ’n mens kan dit só verstaan dat God die aarde of die droë grond laat uitsteek het bo die waters wat tevore die aarde bedek het. Hy het verder die aarde gegrondves as ’n bolwerk met, teen en op die waters, wat Hy (nieteenstaande dat dit vogtig en vloeiend, van nature onvas en nie daartoe geskik sou wees nie) maak tot ’n baie vaste fondament van die aardbodem, soos Hy die lig uit duisternis voortbring; terwyl Hy deur sy krag die water en die aarde in hul vasgestelde plekke hou. Sien verder Ps. 104:5-8; 136:6, en vgl. Job 26:7; 38:4, 6. Miga 6:2. |
| b Ps. 15:1. Jes. 33:14, 15. | 4 Asof hy sê: Hoewel Israel God se eiendom is, is die huigelaars, wat wel na die vlees Israeliete is en deelneem aan die uiterlike godsdiens, nogtans nie ware lede van sy volk nie, maar slegs diegene wat die geestelike Israel vorm en hierna met kentekens beskryf word. Vgl. Rom. 2:28, 29; 9:6. Gal. 6:16.
5 Sien Ps. 2:6 se kanttekening. |
| 6 Dit is, wat nie steel, roof, doodslaan, owerspel pleeg, ens. nie. Vgl. Gén. 20:5 se kanttekening.
7 Dit is, opreg, ongeveins, in sy hele godsdiens. 8 Dit is, wat sy siel nie oorgee aan nietigheid of valsheid nie; of: wat geen begeerte of verlange het na nietigheid nie. Sien dieselfde manier van spreek in Deut. 24:15 se kanttekening. Jer. 22:27; 44:14, en vgl. Eség. 24:25. Hos. 4:8. Anders: wat my siel (dit is, My, my heilige Naam) nie nietig opneem nie, dit is, in die mond neem nie. Aldus sou dit God se eie woorde wees, wat deur Dawid ingevoeg is tot groter beklemtoning. 9 Hebr. tot, in of met valsheid, dit is, om te vals te wees, deur nie in sy hart te dink wat hy met sy mond sweer nie. |
| 10 Of: ontvang.
11 Dit is, die vrug van geregtigheid, naamlik tydelike seën en ewige heerlikheid. Sien Jes. 48:18. Hos. 10:12. Of: Hy sal van God, sy Saligmaker, die weldade ontvang wat Hy vir sy kinders regverdiglik uitdeel, nie na hulle verdienste nie, maar volgens sy genadige en getroue beloftes, wat Hy volgens sy geregtigheid hou. Sien Hebr. 6:9, 10. 1 Joh. 1:9. 12 Dit is, wat sy Heiland of Saligmaker is. |
| 13 Hy spreek God aan, terwyl hy sy vaste vertroue in die waarheid van hierdie gewigtige saak toon, om die huigelaars, wat hulle die teendeel inbeeld, asof voor God se regterstoel te oortuig en te beskaam. Sien oor hierdie manier van spreek 2 Kron. 7:14 en 11:16 se kanttekeninge.
14 Naamlik, dit is die ware kinders van Jakob, die ware Israeliete. Vgl. Joh. 1:48. Rom. 9:6. Anders: o Jakob, dit is, o jy ware gemeente, jy geestelike Israel. Dit is ’n saak (wil hy sê) waarop jy goed moet let, omdat dit van die uiterste belang is in die godsdiens. Daarmee spreek hy nie langer God aan nie, maar wend hy hom tot die kerk. 15 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
| 16 Dit is, boonste balke.
17 Naamlik van die tempel. God het deur die profeet Natan aan Dawid duidelik gemaak dat sy seun Salomo dit sou bou. Die verbondsark (waarop God sy teenwoordigheid vertoon) sou daarin na sy plek gebring word, en God sou dit as sy woning neem. Daardeur is die koms van Christus in die vlees en na sy kerk afgebeeld, asook sy hemelvaart, waaroor Dawid hom in die gees grootliks verheug, omdat Natan hom so ’n uitnemende berig gebring het dat hy nie geweet het hoe hy God daarvoor genoeg sou dank nie, 2 Samuel 7. 18 Hebr. deure van ewigheid. So ook in vers 9. Dit is, wat ’n lang tyd op sy plek sou bly, terwyl die vorige tabernakel van die een plek na die ander gedra was en min rus gehad het. Maar omdat dit terselfdertyd dui op die gemeente van die kinders van God, tot wie God met sy genade en Gees kom en daarin woon (waarom hulle God se tempel genoem word), kan dit die ewigdurendheid van die kerk van God beteken, asook die hemel self, aangesien die hemelvaart van Christus hier ook aangedui word. Sien oor die woord ewig Gén. 17:7 se kanttekening, en verder 1 Kor. 3:16; 6:19. Openb. 3:20. 19 Naamlik God, van wie gesê word dat Hy tussen die gérubs op die ark woon, 2 Sam. 6:2. Waardeur Christus afgebeeld was, die ware Koning van die heerlikheid. |
| 20 Sien 1 Kon. 18:15 se kanttekening. Sommige verstaan dat van vers 7 af slegs van die hemelvaart van onse Here Jesus Christus gespreek word. |