Statevertaling – Bybelstigting
* Hierdie psalm (asook die 34ste en 145ste) is met besondere vlyt só geskryf dat elke vers met ’n letter van die Hebreeuse alfabet begin, meestal (want daar is soms wel ’n letter uitgelaat en ’n ander twee maal gebruik) in dieselfde volgorde as wat die letters daarin mekaar volg. Iets dergeliks vind ’n mens in Psalms 37; 111; 112; 119. Spreuke 31, van vers 10 af. Klaagliedere 1-4, maar só dat die letters in Psalms 111, 112 verander word in die middel van die verse, en in Psalm 119 het elke letter agt verse; soos daar bowendien nog ander verskille gevind word, soos in die genoemde tekste afsonderlik gesien kan word. Dit wil voorkom of dit die Heilige Gees behaag het om hierdie psalms so by die gemeente aan te beveel, en dit makliker te maak om dit uit die kop te leer. Of dit ook ’n ander gebruik vir die musiek van daardie tyd mag gehad het, is onbekend.
Vergewing en bewaring.
’N PSALM van Dawid.
Alef. Tot U, o HERE, 1hef ek my siel op.
Bet. My God, aop U vertrou ek; laat my nie 2beskaamd staan nie; laat my 3vyande 4oor my nie juig nie.
Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie bbeskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.
Dalet. HERE, cmaak my u 5weë 6bekend; leer my u paaie.
He. Lei my in u 7waarheid en leer my, want U is die 8God van my heil. 9U verwag ek die hele dag.
Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want ddié is van 10ewigheid af.
Get. Dink nie aan die sondes van my 11jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy 12sondaars leer aangaande die weg.
Jod. Hy sal die 13ootmoediges lei in die 14reg en die ootmoediges sy weg leer.
Kaf. Al die 15paaie van die HERE is goedertierenheid en 16trou vir die wat sy 17verbond en sy getuienisse bewaar.
Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is 18groot.
Mem. 19Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet 20kies.
Noen. Hy self sal 21vernag in die goeie, en sy nageslag sal 22die land besit.
Samek. Die 23verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle 24dit bekend te maak.
Ajin. My 25oë is altyddeur op die HERE, want Hý sal my voete uit die 26net uitlei.
Pe. 27Wend U tot my en wees my genadig, want ek is 28eensaam en ellendig.
Sade. Die benoudhede van my hart is 29wyd uitgestrek; lei my uit my angste.
Resj. 30Aanskou my ellende en my moeite, en 31vergeef al my sondes.
Resj. 32Aanskou my vyande, want hulle is 33talryk, en hulle haat my met ’n 34gewelddadige haat.
Sjin. Bewaar my 35siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
Tau. Laat 36vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.
o God, verlos 37Israel uit al sy benoudhede!
| 1 Deur ’n hartgrondige gebed en verlange na u hulp. Die manier van spreek kan in ’n mate met Ps. 24:4 se kanttekening vergelyk word. So ook Ps. 86:4. |
| a Ps. 22:6; 31:2; 34:6. | 2 Naamlik wat diegene wedervaar wat in hul hoop en vertroue bedrieg word.
3 Naamlik Saul en sy manskappe, waarop hierdie psalm skynbaar vernaamlik dui. 4 Of: om my onthalwe. |
| b Jes. 28:16. Rom. 10:11. |
| c Ps. 27:11; 86:11; 119 deurgaans. | 5 Sien Gén. 18:19 en Deut. 32:4 se kanttekeninge.
6 Naamlik deur u Woord en Heilige Gees. |
| 7 Naamlik, wat in u Woord geopenbaar is; sien Joh. 17:17. Of: waarheid, dit is, u waaragtige en getroue beloftes; gee dat ek daarop vas vertrou en my daarvolgens rig, om my nie deur ongeloof of wraakgierigheid te vergryp nie.
8 Soos in Ps. 24:5. 9 Dit is, u genadige hulp en verlossing. |
| d Ps. 103:17; 106:1; 107:1; 117:2; 136. Jer. 33:11. | 10 Vgl. Ef. 1:4. 2 Tim. 1:9. |
| 11 Vgl. Gén. 8:21. Job 13:26. Pred. 12:1. Jer. 3:25. |
| 12 Naamlik, oor wie Hy Hom volgens sy goedheid ontferm tot hul bekering, en vir wie Hy volgens sy regtheid of geregtigheid die regte weg wys, wat Hy in sy Woord aan die boetvaardiges voorgeskryf het. Vgl. verse 9, 12. |
| 13 Sien Ps. 10:17 se kanttekening.
14 Dit wil voorkom of die woord reg of oordeel hier verklaar word deur sy weg, soos volg, soos elders deur God se reg ook sy woord en lering verstaan word. Andersins sou ’n mens dit kon vergelyk met Jer. 10:24, asof die profeet sê: God sal die ootmoediges met oordeel, dit is, met rede, matigheid en oorleg lei, en in alles gunstig en vaderlik regeer, ens. Sien Jer. 10:24 se kanttekening, en vgl. hier die volgende vers en die kanttekening. |
| 15 Dit is, alles wat Hy met sy kinders doen, sy ganse regering oor hulle, is enkel en alleen goedgunstigheid, wat Hy volgens sy gewisse beloftes aan hulle vir hul beswil bewys, hoe vreemd dit dikwels vir die vlees mag lyk ten opsigte van menigerlei kruisdra. Vgl. Deut. 32:4 se kanttekening. Rom. 8:28.
16 Of: waarheid. 17 Dit is, wat die beloftes van sy verbond met geloof aanneem en daarvolgens ’n godvrugtige lewe lei. Sien oor die verbond van God Jer. 31:31-33, ens. Hebr. 8:6, 8, 9, ens. |
| 18 Of: menigvuldig. |
| 19 Dit is, die een wat die HERE vrees, hom sal Hy, ens. Sien Deut. 20:5 se kanttekening.
20 Naamlik om daarin te wandel. Kies, bemin en behaag is so aan mekaar verwant dat die een onder die ander verstaan en daarvoor gebruik word. Sien Jes. 42:1. Matt. 12:18. Vgl. ook 2 Sam. 15:15 se kanttekening. |
| 21 Of: herberg, verblyf. Die betekenis is: Die godvrugtiges sal met hul gelowige saad die seën van die Here geniet, nie net in die ewige en geestelike nie, maar ook in die tydelike en liggaamlike. Vgl. Ps. 1:1 se kanttekening. ’n Mens vind dikwels dergelike beloftes in die psalms, wat nogtans die kruisdra geensins uitsluit nie, soos hier duidelik blyk. Sien verse 16, 17, ens.
22 Naamlik Kanaän, die land van belofte genoem, Hebr. 11:9, wat aan Abraham en sy nageslag beloof is, terwyl dit ’n voorbeeld en pand van die hemelse Kanaän is en in die Skrif heerlik geroem word. Sien verder Ps. 37:29 se kanttekening. Anders: die aarde. |
| 23 Naamlik, wat Hy in sy Woord (in die besonder in die heilige evangelie, van sy liefde en genade in die Messías) geopenbaar het, soos deur die volgende woord verbond verklaar word. Vgl. Spr. 3:32, en sien Rom. 16:25. 1 Kor. 2:7; 4:1. Ef. 3:3, 4, 9. Kol. 1:26, 27. 1 Tim. 3:9, 16.
24 Naamlik hierdie verborgenheid en daardie verbond, en dít deur sy Woord en Gees. |
| 25 Naamlik, van geloof en van hoop. Vgl. Hoogl. 4:9 met die kanttekening.
26 Naamlik, wat my vyande opstel om my te vang. |
| 27 Of: Keer u aangesig na my, volgens die belofte in Lev. 26:9.
28 Vgl. Ps. 22:21 se kanttekening. |
| 29 Dit is, is baie en menigerlei, neem erg toe. Hebr. eintlik: het hulle verwyd. |
| 30 Naamlik genadiglik en met medelye, en help my, soos in Deut. 26:7. Sien Gén. 16:13 se kanttekening, ens.
31 Die Hebreeuse woord beteken eintlik ophef, dra, op- of wegneem, en word verder gebruik vir vergewing van sondes. Vgl. Ps. 32:1 met Rom. 4:7. Verstaan om Christus wil, van wie gesê word dat Hy ons sondes gedra en weggeneem het, Joh. 1:29. 1 Petr. 2:24. Dit is heeltemal anders as daar van iemand gesê word om sy eie sondes of ongeregtigheid te dra. Sien daaroor Lev. 5:1 se kanttekening. |
| 32 Naamlik in toorn. Vgl. Ps. 21:10.
33 Of: is of word magtig. 34 Hebr. haat van geweld of wrewel. |
| 35 Dit is, my lewe. Sien Gén. 19:17 se kanttekening. |
| 36 Hebr. regtheid. Hy beroep hom voor God op sy onskuld en sy reg teenoor sy vyande; aangesien hy vroom en opreg, of reg, reguit, regsinnig was voor God en sy kerk. Sien die eerste vers van die volgende psalm en Ps. 7:11 se kanttekening. |
| 37 Sien oor die swarighede waarin die vromes verkeer het ten tyde van Saul, Psalm 10; 12; 14, ens. |