Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 26

Dink aan my opregtheid!

1

N PSALM van Dawid.

aDoen aan my 1reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.

2

2Toets my, HERE, en 3beproef my, keur my niere en my hart;

3

want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u 4waarheid.

4

bEk sit nie by 5valse mense nie, en met 6slinkse mense 7gaan ek nie om nie.

5

Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.

6

Ek 8was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,

7

9om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.

8

HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u 10heerlikheid.

9

11Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die 12manne van bloed nie,

10

13in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.

11

Maar ék wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.

12

My voet staan op 14gelyk grond; ek sal die HERE loof in die 15vergaderings.

a Ps. 7:9. 1 Teen my vyande en vervolgers, bewys metterdaad, dat Hy my saak as regverdig beskou.
2 Vgl. Ps. 17:3 se kanttekening.

3 Sien Gén. 22:1 se kanttekening.

4 Sien Ps. 25:5, 10 se kanttekeninge.
b Job 31:5. Ps. 1:1. 5 Hebr. manne of mense van ydelheid of valsheid.

6 Dit is, dubbelhartiges, geveinsdes, huigelaars, wat met bedekte verkeerde praktyke omgaan.

7 So word die Hebreeuse woord ook verstaan in Jos. 23:7 se kanttekening.

8 Hy wil sê, dat hy in sy uiterlike godsdiens so optree dat hy daarby ook ’n heilige lewe lei, waar die huigelaars die teenoorgestelde doen. Sien oor die was van die hande as ’n teken van onskuld, Deut. 21:6. Matt. 27:24. Sommige verstaan dit as die gewone was van hulle wat na die altaar gekom het (en in die tabernakel ingegaan het, om die altaar te gebruik), Ex. 40:32. Albei sien op die reiniging van sonde, onskuld en onstrafbaarheid. Vgl. Jes. 1:15, 16. 1 Tim. 2:8.
9 Dit is, om baie hard te sing, sodat mense dit duidelik kan hoor. So ook in Ps. 66:8; 106:2. Vgl. 1 Kron. 15:16.
10 Dit is, waarin U self, wat ’n God van heerlikheid is, woon.
11 Hebr. Versamel nie, dit is hier, nie versamelende wegraap nie, soos ’n mens eers iets versamel om dit daarna op te tel en weg te neem. Die betekenis is: Moenie my ombring met die goddeloses nie, met wie ek daarenteen geen gemeenskap het nie, soos volg. So word die Hebreeuse woord wat versamel beteken, ook gebruik vir wegneem, Gén. 30:23. Jes. 4:1. Jer. 8:13; 16:5, en ook van sterwe, omkom, om die lewe te verloor. Sien Rig. 18:25 se kanttekening. 1 Sam. 15:6. Jes. 57:1. Eség. 34:29. Vgl. ook Gén. 25:8 se kanttekening. Ps. 28:3. Soms word dit ook gebruik om welwillend in te neem in ’n huis, of onderdak of skuiling neem, inneem, aanneem. Sien Núm. 12:14. Jos. 20:4. Rig. 19:15. Ps. 27:10. Jer. 47:6 se kanttekening en vgl. Matt. 23:37.

12 Hebr. van bloed, dit is, bloeddorstiges, moorddadiges, soos in Ps. 5:7.

13 Dit is, wat met skelmstreke of bose arglistige praktyke besig is. Vgl. Job 11:14 met die kanttekening.
14 Hebr. in of op ’n reguit lyn, gelyke, plat (plek). So word die Hebreeuse woord (wat egalig of gelyk beteken, teenoor krom, ongelyk gestel, Jes. 40:4), en ook as plat, vlak, of gelyk land verstaan, Deut. 3:10. Jer. 21:13.

15 Hy wil sê, dat hy, vertrouend op die goeie uitkoms, asof dit sigbaar is, God nie net in die geheim nie, maar ook in die openbaar voor die gemeente sal dank, dat Hy hom in soveel gevare en aanvegtinge na siel en liggaam bewaar het, en hom in beide sake op ’n gelyke en vaste weg sal stel.