Statevertaling – Bybelstigting
Gebed om verlossing.
’N PSALM van Dawid.
Ek roep U aan, o HERE! My rots, 1draai nie stilswygend van my af weg nie, asodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos bdie wat in die 2kuil neerdaal nie.
Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my 3hande ophef 4na die binneste van u heiligdom.
5Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; cwat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.
Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.
Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie 6bou nie.
7Geloofd sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor.
Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
Die HERE is ’n sterkte 8vir hulle, en Hy is ’n vesting van 9verlossing vir sy gesalfde.
10Verlos u volk en seën u erfdeel, en wees vir hulle 11’n herder en 12dra hulle tot in ewigheid.
| a Ps. 143:7.
b Ps. 30:4. |
1 Of: hou U nie doof vir my nie, verstaan: terwyl U U of u ore van my af wegdraai, my verlaat, sonder om te spreek of my te antwoord en daadwerklik te bewys dat U my verhoor. Vgl. hierdie manier van spreek met 1 Sam. 10:27. 1 Kon. 22:3 se kanttekening. Menslik van God gespreek, van wie gesê word dat Hy stilswygend wegdraai en nie antwoord nie, as Hy nog nie met daadwerklike hulp toon dat Hy die gebede van sy kinders verhoor het nie. Anders: draai nie stilswygend teenoor my nie, soos direk hierna: as U teenoor my bly swyg, ens. Vgl. Job 13:13 met die kanttekening.
2 Dit is, in die graf, soos dooies. Of soos verdwaalde diere en mense êrens in ’n kuil of gat val en omkom. |
| 3 Soos dikwels in gebed plaasvind, tot ’n teken van opheffing van die hart tot God en verwagting om ’n seën van Hom te ontvang, deur die Messías. Vgl. 1 Kon. 8:22 se kanttekening. Ps. 88:10; 141:2. Klaagl. 2:19; 3:41.
4 Dit is, waar die verbondsark ’n voorbeeld van die Messías is. Sien 1 Kon. 6:5 se kanttekening. |
| c Ps. 12:3. Jer. 9:8. | 5 Dit is, bring my nie om nie, trek my nie na die graf met die goddelose nie. Vgl. Ps. 26:9 se kanttekening, en sien Job 21:33. Eség. 32:20, waar die Hebreeuse woord in dieselfde betekenis gebruik word. |
| 6 Dit is, hulle nie verhoog tot ’n vaste of blywende staat nie, net so ook nie vermeerder of hul nageslag uitbrei nie. Vgl. Gén. 16:2 en Job 22:23 se kanttekeninge. Jer. 24:6; 31:28. Net so ook Spr. 14:1 se kanttekening. |
| 7 Hebr. Geseënd. |
| 8 Nie net vir my nie, maar ook vir sy ganse kerk, vir alle gelowiges.
9 Of: behoud, oorwinning vir sy gesalfde, dit is, wat my, sy gesalfde, soveel keer deur sy sterkte verlos het, of: die vesting van verlossing of van volkome heil (dit is, die volkome heilsame sterkte) is sy Gesalfde, naamlik die Messías, die Here Christus, wat deur Dawid afgebeeld word. |
| 10 Of: Behou, gee heil.
11 Sien Psalm 23. 12 Of: verhef. |