Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 29

’n Onweerspsalm.

1

’N PSALM van Dawid.

Gee aan die HERE, o 1hemelinge, agee aan die HERE eer en sterkte!

2

Gee aan die HERE die eer van sy Naam; 2aanbid die HERE in 3heilige sieraad!

3

Die 4stem van die HERE is op die 5waters, bdie God 6van eer donder; die HERE is op die 7groot waters.

4

Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid.

5

Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die 8Líbanon;

6

en Hy laat hulle opspring soos ’n kalf, die Líbanon en 9Sirjon soos ’n 10jong buffel.

7

Die stem van die HERE 11slaan daar 12vuurvlamme uit.

8

Die stem van die HERE laat die woestyn 13bewe; die HERE laat die woestyn van 14Kades bewe.

9

Die stem van die HERE laat die 15takbokke lam en maak die bosse 16kaal; maar in sy 17paleis 18sê elkeen: Heerlikheid!

10

Die HERE 19het gesit oor die 20Watervloed; ja, die HERE sit as cKoning tot in ewigheid.

11

Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met 21vrede.

a Ps. 96:7, 8. 1 Hebr. seuns van magtiges. Dit is, u magtiges, geweldiges, wat bo ander in mag en outoriteit op aarde verhewe is. So ook in Ps. 89:7 se kanttekening.
2 Of: buig u voor die HERE neer. Sien Gén. 24:26 se kanttekening.

3 Anders: in die heerlikheid van die heiligdom. Dit is, in sy tabernakel, wat die grote God self met die heerlike waartekens van sy genade versier het. Sommige meen dat Dawid hierdie psalm gedig het toe hy die verbondsark met groot vreugde na hom in Sion gebring het, 2 Samuel 6, om die geweldiges op aarde (wat gewoonlik trots en hoogmoedig is), onder die kragtige hand van hierdie enige ware God, wat in sy huis in Sion gewoon het, te verneder, en deur sy voorbeeld te vermaan dat hulle hierdie God in sy woning in alle nederigheid sou kom eer; waartoe hy in dit wat volg ook die beskrywing van die donder van hierdie God gebruik, vir wie selfs die allergrootstes op aarde ontsteld en verskrik moet wees, en daarom die bewerker daarvan behoort te ken en volgens sy instelling te eer. Anders: in of met sieraad van heiligheid.

b Ex. 9:23. 4 Verstaan die donder en die verskriklike geluid daarvan, soos in Ps. 18:14 en 2 Sam. 22:14. Job 28:26; 37:2, 4, 5. Ps. 46:7; 68:34. Jes. 30:30, 31.

5 ’n Mens kan dit verstaan as die boonste waters, naamlik die wolke, en ook as die onderste waters (seë, riviere, damme), waarop die donder ’n vreeslike geluid maak. Anders: bo die waters, dit is, dit het ’n groter en sterker geluid as die gebruis van waters. Sien hieroor Eség. 1:24; 43:2. Openb. 1:15; 14:2; 19:6.

6 Dit is, die eerbare, heerlike God, soos in 1 Kor. 2:8.

7 Of: baie, geweldige.

8 ’n Baie bekende gebergte, wat dikwels in die Skrif vermeld word, geleë aan die noordgrens van Kanaän, geroem vanweë pragtige sederbome. Sien Rig. 9:15 se kanttekening.
9 Sien Deut. 3:9.

10 Hebr. seun van ’n buffel.

11 Of: kap. Die Hebreeuse woord word eintlik vir klip kap en hout kap gebruik.

12 Verstaan die vuurvlamme van die weerligstrale, wat God met die donder versprei asof Hy dit uit die wolke kap, sodat die vuurstrale wegskiet.

13 Anders: maak dat sy in barensnood is of begin lam, dit is, verskrik die wilde diere van die woestyn so dat hulle vóór hul tyd begin lam.

14 Aan die Jode bekend, waardeur ander ook verstaan word. Sien Núm. 33:36, 37, en elders.

15 Wat normaalweg moeilik lam. Sien Job 39:4-6. Of: laat die takbokke in barensnood kom.

16 Naamlik deur die bome deur donderweer, bliksemstrale en storm van hul blare te stroop, te verbrand, uit die aarde te ruk en neer te werp; asook deurdat die diere, wat in gate vir die donderweer wegkruip, te bang is om in die bosse rond te loop.

17 Of: tempel, dit is, tabernakel, soos in Ps. 27:4. Asof hy sê: God laat sy stem oral deur donderweer hoor, maar in sy gemeente en woning, daar loof elkeen van hulle, naamlik die gelowiges, Hom vanweë al sy groot dade in die algemeen, en in die besonder vir dit wat hiervoor beskryf is; waarheen Dawid die magtiges uitgenooi het om te kom, vers 1.

18 Of: spreek elkeen van sy eer of glorie. Anders: alles wat daarin is, naamlik in sy paleis, spreek van sy eer.

c Ps. 10:16. 19 Of: sit in die Watervloed, dit is, in die tyd van die watervloed.

20 Dit verstaan baie as die sondvloed, waarvoor die Hebreeuse woord in die Heilige Skrif alleenlik gebruik word. Die HERE het as Hoof, Regeerder en Regter daaroor gesit. ’n Mens kan dit egter verder uitbrei tot alle watervloede, wat God altesaam regeer en bestuur.

21 Dit is, met allerlei welvaart, in die besonder in Christus, wat ons vrede is. Sien Rig. 6:24 se kanttekening.