Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 3

’n Môrelied.

1

’N PSALM van Dawid toe hy agevlug het vir sy seun Absalom.

2

o HERE, hoe het my teëstanders 1vermenigvuldig! Baie staan teen my op.

3

Baie sê 2van my: Daar is 3geen heil vir hom by God nie. 4Sela.

4

Maar U, HERE, is ’n skild 5wat my beskut, my 6eer en die Een wat my hoof 7ophef.

5

Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy 8heilige berg. Sela.

6

bEk het gaan 9lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.

7

cEk sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.

8

10Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het 11al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die 12tande van die goddelose stukkend gebreek.

9

dDie heil behoort 13aan die HERE; 14laat u seën wees oor u volk! Sela.

a 2 Samuel 15-18.
1 Want die meeste van die stamme het by Absalom aangesluit. Sien 2 Sam. 15:10-12; 17:11, 13, 24, ens.
2 Dit is, van my siel, van my persoon. Sien Gén. 12:5 se kanttekening. Anders: tot my.

3 Die Hebreeuse woord, wat heil of behoud beteken, het hier ’n letter meer as gewoonlik, wat volgens sommige die strekking het van vermeerdering of uitbreiding, en vertaal dit so: gans geen heil nie.

4 Omdat die musiek, wat die volk van God in die Ou Testament gebruik het, vandag onbekend is, is daar verskeie menings oor hierdie woordjie sela. Dit word deur die meeste egter daarvoor gehou dat dit gedien het om ’n besondere beweging en aandag van die hart te kenne te gee, wat die digter (wat deur die Gees van God gedryf is) oor die voorgaande woorde gehad het, en wat ’n mens in die lees, spreek en sing, met aandagtige verheffing, versterking of daling van die stem moes uitdruk. Dit word oor die algemeen in die einde van verse gevind, behalwe in Ps. 55:20; 57:4. Háb. 3:3, 9, waar dit in die middel staan.

5 Of: om my heen, rondom my, dit is, my beskermer, van watter kant af die vyande my ook mag aanval. Sien Gén. 15:1. Deut. 33:29. Ps. 84:12.

6 Dit is, die bron van my eer.

7 Dit is, wat deur genadige verlossing, oorwinnings en triomfe maak dat ek my hoof vrymoedig mag ophef. Sien Ps. 27:6; 110:7.

8 Soos in Ps. 2:6. Naamlik, waar die verbondsark was. Sien 2 Sam. 15:32 se kanttekening. Hier spreek Dawid van die voorgaande tyd, terwyl hy daaruit vertrou dat God hom nou ook nie sou verlaat nie, vanweë die beloftes wat Hy aan hom gemaak het.
b Ps. 4:9. 9 Hierdie manier van spreek beteken ’n geruste, vaste, veilige staat, waar ’n mens sonder bekommernis van gevaar en skade is, terwyl hy voor God ’n goeie gewete het en alle sorge op Hom werp. Sien Lev. 26:6. Job 11:19. Ps. 4:9. Spr. 3:24. Eség. 34:25.
c Ps. 27:3.
10 Menslik van God gespreek; soos ’n mens tot diegene wat stilsit en nie werk nie sou sê: Staan op en begin werk. Só bid Dawid dat God die werk van sy verlossing by die hand sal neem.

11 Naamlik wat my tevore onregverdiglik vervolg het, het U openlik tot skande gemaak; doen dieselfde aan diegene wat my nou vervolg. Vgl. Job 16:10.

12 Sien Job 29:17 se kanttekening.

d Spr. 21:31. Jes. 43:11. Jer. 3:23. Hos. 13:4. Openb. 7:10; 19:1. 13 Of: by die HERE, dit is, om te verlos kom die HERE toe en dit behoort aan Hom. Slegs by Hom is verlossing, behoud, oorwinning en saligheid; vir my (wil hy sê) en vir alle vromes. Dit stel hy teenoor dit wat sy vyande oor hom sê in vers 3.

14 Anders: u seën is oor u volk.