Statevertaling – Bybelstigting
Die toorn van God duur ’n oomblik; sy goedheid is ewig.
’N PSALM, ’n 1lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid.
Ek sal U 2verhoog, HERE, want U het my 3opgetrek en my vyande 4oor my nie laat bly wees nie.
HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my 5gesond gemaak.
HERE, U het my siel uit die 6doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak 7uit die wat in die kuil neerdaal.
Psalmsing tot eer van die HERE, o sy 8gunsgenote, en aloof sy 9heilige gedenknaam;
want ’n 10oomblik is daar in sy toorn, ’n 11lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.
Ek het wel in my 12sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.
HERE, 13U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig 14verberg — ek het 15verskrik geword!
Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:
Watter voordeel is daar in my 16bloed as ek neerdaal in die kuil? 17Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?
Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my ’n helper!
18U het my weeklag vir my verander in ’n koordans, U het my 19roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;
sodat my 20eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.
1 Of: gesang (sien Ps. 48:1 se kanttekening), om gespeel en gesing te word by die inwyding van Dawid se hof, toe hy teruggekom het in Jerusalem, ná die oorwinning oor Absalom. Hy is toe in sy koninkryk herstel, en het sy hof gesuiwer van Absalom se gruwels, 2 Sam. 20:3, waardeur die meeste verklaarders verstaan dat dit ook op die inhoud van hierdie psalm van toepassing is. Sommige meen nogtans dat Dawid God hier dank vir die genesing van ’n dodelike siekte, uit verse 3, 10, vergeleke met Ps. 6:5. Sien Deut. 20:5 se kanttekening oor die inwyding. |
2 Dit is, in hoë mate roem.
3 Soos ’n mens iets skep of optrek uit ’n waterbron, wanneer ’n mens water put, waarvoor die Hebreeuse woord gebruik word in Ex. 2:19. Dit dui op die groot nood, waarin Dawid in hierdie tyd verkeer het. 4 Of: teen my, soos in Ps. 27:2. Sien aldaar. |
5 Dit is, my lewe van doodsgevaar verlos, soos in die volgende verklaar word. So word dikwels ook allerlei plae en ellendes met siektes en wonde, en die geestelike en liggaamlike verlossing of herstelling met genesing of gesondmaking in die Heilige Skrif vergelyk. Sien Deut. 32:39. Ps. 103:3; 147:3. Jes. 6:10; 19:22. Jer. 8:15; 33:6. Hos. 7:1; 11:3. |
6 Hebr. sjeol, word ook vertaal met graf of hel, dit is, groot angs en benoudheid. Sien Gén. 37:35 se kanttekening oor die Hebreeuse woord.
7 Of soos volg: sodat ek nie onder hulle is wat in die kuil neerdaal nie. Vgl. Ps. 28:1. |
a Ps. 97:12. | 8 Sien Ps. 4:4 se kanttekening.
9 Hebr. ter gedagtenis van sy heiligheid. Dit is, sy werke en weldade reeds aan my en sy volk bewys, waarin Hy sy heiligheid laat skyn. |
10 Dit is, as die strawwe en kastydings van sy kinders vergelyk word met die weldade wat Hy hulle, in die besonder na die siel, bewys, word dit bevind dat hul ganse lewe oorvloei van weldade. Die strawwe word deur sy genade so versag, gematig en afgebreek dat dit baie kort genoem kan word. Dawid het dit in Absalom se vervolging ondervind en in die volgende verklaar, ondanks dat sy kruis en vervolging onder Saul se regering lank geduur het, waaroor hy dikwels in die Psalms kla. Vgl. Ps. 37:10. Jes. 17:14; 54:8. 2 Kor. 4:17.
11 Lewe word hier teenoor ’n oomblik gestel, soos aand teenoor oggend gestel word. |
12 Toe my vyande my met rus gelaat het, het ek my wysgemaak dat geen ongeluk my meer sou oorkom nie. Vgl. Job 29:18-20, ens. |
13 Hebr. U het my berg sterk laat staan. Dit beteken: Omdat God sy ryk bevestig het, het hy nie gedink dat dit wat hom so skielik deur Absalom oorgekom het, met hom sou gebeur nie. Deur sy berg kan ’n mens sy koninkryk (vgl. Dan. 2:44) en koninklike hoogheid verstaan, of die berg Sion, waar sy koninklike hof gesetel was.
14 Dit is, ek was baie verslae toe U u vorige guns soms om my sondes se ontwil teruggehou het (vgl. Deut. 31:17 se kanttekening), en my deur my seun uit Jerusalem verdryf het. Vgl. Ps. 31:23; 116:11. 15 Of: ontsteld, geskok. |
16 Dit is, in my dood, sou Absalom en sy manne my om die lewe bring. Vgl. Ps. 72:14.
17 Vgl Ps. 6:6 se kanttekening. |
18 Dawid beskryf hier hoe God sy smekinge genadiglik verhoor en hom wonderbaarlik verlos het.
19 Sien Gén. 37:34 se kanttekening, en vgl. 2 Sam. 15:30. |
20 Sien Gén. 49:6 se kanttekening. |