Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 30

Die toorn van God duur ’n oomblik; sy goedheid is ewig.

1

’N PSALM, ’n 1lied by die inwyding van die 2Huis. Van Dawid.

2

Ek sal U 3verhoog, HERE, want U het my 4opgetrek en my vyande 5oor my nie laat bly wees nie.

3

HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my 6gesond gemaak.

4

HERE, U het my siel uit die 7doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak 8uit die wat in die kuil neerdaal.

5

Psalmsing tot eer van die HERE, o sy 9gunsgenote, en aloof sy 10heilige gedenknaam;

6

want ’n 11oomblik is daar in sy toorn, ’n 12lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.

7

Ek het wel in my 13sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.

8

HERE, 14U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig 15verberg — ek het 16verskrik geword!

9

Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:

10

Watter voordeel is daar in my 17bloed as ek neerdaal in die kuil? 18Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

11

Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my ’n helper!

12

19U het my weeklag vir my verander in ’n koordans, U het my 20roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;

13

sodat my 21eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.

1 Of: gesang (sien Ps. 48:1 se kanttekening).

2 Ander vertaal: Dawid se huis, en verstaan dan ’n lied wat gespeel en gesing moes word by die inwyding van Dawid se hof, toe hy ná die oorwinning oor Absalom teruggekom het in Jerusalem, en terwyl hy in sy koninkryk herstel is, sy hof van Absalom se gruwels gesuiwer het, 2 Sam. 20:3, soos die meeste verklaarders verstaan, en dit ook met die inhoud van hierdie psalm ooreenstem. Sommige meen nogtans dat Dawid hier God dank vir die verlossing van ’n dodelike siekte, uit verse 3, 10, vergeleke met Ps. 6:5. Sien oor die inwyding Deut. 20:5 se kanttekening.

3 Dit is, in hoë mate roem.

4 Soos ’n mens iets skep of optrek uit ’n waterbron, wanneer ’n mens water put, waarvoor die Hebreeuse woord gebruik word in Ex. 2:19. Dit dui op die groot nood, waarin Dawid in daardie tyd verkeer het.

5 Of: teenoor my, soos in Ps. 27:2. Sien die kanttekening aldaar.

6 Dit is, my lewe van doodsgevaar verlos, soos hierna verklaar word. So word allerlei plae en ellendes dikwels in die Heilige Skrif met siektes en wonde vergelyk, en die geestelike en liggaamlike verlossing of herstelling met genesing of gesondmaking. Sien Deut. 32:39. Ps. 103:3; 147:3. Jes. 6:10; 19:22. Jer. 8:15; 33:6. Hos. 7:1; 11:3.
7 Hebr. sjeol, wat ook vertaal word met graf of hel, dit is, groot angs en benoudheid. Sien oor die Hebreeuse woord Gén. 37:35 se kanttekening.

8 Of soos volg: sodat ek nie in die kuil neerdaal nie. Vgl. Ps. 28:1.

a Ps. 97:12. 9 Sien Ps. 4:4 se kanttekening.

10 Hebr. sê lof ter gedagtenis van sy heiligheid. Dit is, van sy werke en weldade reeds aan my en sy volk bewys, waarin Hy sy heiligheid laat skyn.

11 Dit is, as die strawwe en kastydings van sy kinders vergelyk word met die weldade wat Hy hulle, in die besonder na die siel, bewys, word dit bevind dat hul ganse lewe oorvloei van weldade, en dat die strawwe deur sy genade so versag, gematig en afgebreek word dat dit baie kort genoem kan word. Soos Dawid in Absalom se vervolging ondervind het en in die volgende verklaar, ondanks dat sy kruis en vervolging andersins onder Saul se regering lank geduur het, waaroor hy dikwels in die Psalms kla. Vgl. Ps. 37:10. Jes. 17:14; 54:8. 2 Kor. 4:17.

12 Lewe word hier gestel teenoor ’n oomblik, soos aand teenoor oggend.

13 Toe my vyande my met rus gelaat het, het ek my ingebeeld dat geen ongeluk my meer sou oorkom nie. Vgl. Job 29:18-20, ens.
14 Hebr. U het op my berg sterkte laat staan. Die betekenis is: Omdat God sy ryk bevestig het, het hy nie gedink dat dit wat hom so skielik deur Absalom oorgekom het, met hom sou gebeur nie. Deur sy berg kan ’n mens sy koninkryk (vgl. Dan. 2:35, 44) en koninklike hoogheid verstaan, of die berg Sion, waar hy sy koninklike hof gehou het.

15 Dit is, toe U u vorige guns vanweë my sondes teruggehou het (vgl. Deut. 31:17 se kanttekening), en my deur my seun uit Jerusalem verdryf het, was ek baie verslae. Vgl. Ps. 31:23; 116:11.

16 Of: ontsteld.

17 Dit is, in my dood, sou Absalom en sy manne my om die lewe bring. Vgl. Ps. 72:14.

18 Vgl. Ps. 6:6 se kanttekening.

19 Dawid beskryf hier hoe God sy smekinge genadiglik verhoor en hom wonderbaarlik verlos het.

20 Sien Gén. 37:34 se kanttekening, en vgl. 2 Sam. 15:30.

21 Sien Gén. 49:6 se kanttekening.