Statevertaling – Bybelstigting
Klagte, gebed en dank.
VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
By U, o HERE, askuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u 2geregtigheid.
Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ’n 3rots om in te vlug, ’n 4baie vaste huis om my te verlos.
Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my 5lei en my bestuur.
U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my 6gespan het, want U is my toevlug.
bIn u hand gee ek my 7gees oor; U het my verlos, HERE, God van 8trou.
Ek haat die wat 9nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die HERE.
Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende 10aangesien, my siel in die benoudhede 11geken het
en my nie 12oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.
Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; 13van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.
Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag 14struikel deur my 15ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.
Vanweë al my teëstanders het ek ’n voorwerp van smaad geword, ja, 16grootliks cvir my bure, en ’n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, 17vlug weg van my af.
Ek is vergeet uit die hart, soos ’n dooie; ek het geword soos ’n ding wat lê en 18vergaan.
Want ek het die 19skindertaal 20van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle 21is van plan om my 22lewe te neem.
Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.
My 23tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.
Laat u 24aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.
HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die 25doderyk!
Laat die 26valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.
do, Hoe 27groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, 28in teenwoordigheid van die mensekinders!
U verberg hulle in die skuilplek van 29u aangesig vir die 30samesweringe 31van mense; U steek hulle weg in ’n hut vir die 32twis van die tonge.
33Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar 34gemaak, in ’n 35vaste stad.
Ek tog het in my 36angs 37gesê: Ek het 38verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.
Julle moet die HERE liefhê, al sy 39gunsgenote! Die HERE bewaar die 40getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.
e41Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening. |
a Ps. 22:6; 25:2, 3; 71:1, 2. Jes. 49:23. | 2 Wat vereis dat U u woord hou en my regverdige saak behartig, soos in Ps. 71:2. |
3 Hebr. rots van sterkte.
4 Hebr. huis of plek van stewigheid of vestings. |
5 Soos ’n herder sy skape. So ook in Ps. 23:2. |
6 Dit is, in die verborgenheid of geheim gespan het. |
b Luk. 23:46. | 7 Dit is, my siel vertrou ek toe aan u mag, bewaring, sorg en toesig.
8 Of: waarheid, dit is, U is ’n waaragtige of getroue God, wat u beloftes, aan my gemaak, gehou het. |
9 Hebr. ydele valsheid of nietigheid. Hy bedoel diegene wat op vleeslike en afgodiese hulp vertrou. Sien Deut. 32:21. 1 Kon. 16:26. 2 Kon. 17:15. Ps. 62:11. Jer. 2:5; 8:19; 10:15; 14:22; 23:16. Rom. 1:21. Vgl. Lev. 19:4 se kanttekening. |
10 Sien Gén. 16:13 se kanttekening.
11 My nie verag het nie, maar bemin en versorg het. Vgl. Gén. 18:19 en Ps. 1:6 se kanttekeninge. |
12 Of: ingesluit, soos elders. |
13 Soos in Ps. 6:8. |
14 Soos wanneer iemand deur onvermoë en swakheid struikel en daarin val. Vgl. Ps. 109:24, en sien die teendeel in Ps. 105:37.
15 Dit is, straf vanweë my ongeregtigheid. Sien Gén. 4:13; 19:15 se kanttekening, en vgl. Núm. 14:33 en Jer. 51:6 se kanttekeninge. |
c Job 19:13. Ps. 38:12. | 16 Hebr. baie.
17 Sodat hulle nie by my teëstanders onder verdenking mag kom, asof hulle my saak ondersteun het of my vriende was nie. |
18 Of: vrot word, verlore gaan, naby aan bedorwe, wat ’n mens minderwaardig of as niks ag, om geen nut meer te hê nie. Vgl. Deut. 26:5. Ps. 119:176. Soortgelyk Jer. 22:28. |
19 Of: krenking, lastering, kwaadspreek. Vgl. Jer. 20:10.
20 Of: van grotes. 21 Of: beraam, ’n aanslag maak om, ens. 22 Hebr. nèfesj, word ook vertaal as siel. Of aldus: as hulle tesame teen my beraadslaag, dink hulle daaraan om my lewe te neem. |
23 Dit is, my lewe en al my wedervaringe; hoe dit ook met my sou kon gaan, ek weet dat dit alles van U afhang, dat U dit alles regeer, en dat dit nie in my vyande se mag is nie. |
24 Sien Núm. 6:25, 26 se kanttekeninge. |
25 Hebr. sjeol, wat ook vertaal word as graf of hel. Dat hulle, wat van die aarde af weggeneem is, hul kwade praktyke, lasterings en geweld agterweë moet laat. Anders: laat hulle afgesny of uitgeroei word na die graf; soos die Hebreeuse woord ook gebruik word in Ps. 49:13, 21, ens. |
26 Hebr. lippe van valsheid. Sien Ps. 12:3; 27:12, ens. |
d Jes. 64:4. 1 Kor. 2:9. | 27 Of: menigvuldig. Dit wys duidelik op die goedheid wat God vir diegene wat aan Hom behoort, in die algemeen na siel en liggaam berei, en vir hulle asof in ’n skatkamer opgesluit het, om dit op die regte en bestemde tyd vir hulle ten goede daaruit vorendag te bring en hulle dit te laat geniet. Maar dit spruit uit die oordenking van ’n besondere en onverwagte wonderbaarlike verlossing wat aan Dawid bewys is, toe hy in ’n baie groot gevaar was om oorval te word, en nie kon dink dat God so ’n verlossing vir hom berei het soos hy ondervind het nie; waaroor hy soos volg met verwondering uitroep.
28 Hebr. teenoor, voor, dit is, om ten aanskoue van die hele wêreld die vromes se onskuld openbaar te maak, en met u wonderlike onvoorsiene hulp bewys dat U hulle liefhet, wat tot U hul toevlug neem met gelowige gebede. |
29 Deur die betoning van u vaderlike guns en genadige teenwoordigheid, vertroos en behou U hulle op ’n wonderlike verborge wyse, wat die wêreld nie begryp nie, dikwels selfs in verborge skuilplekke, waarheen U hulle lei, u oog op hulle hou, hul versorg en hul beskut. Dit is aan Dawid bewys. Sien ook 1 Kon. 18:4; 19:4, 5, 9, 11, ens. Hebr. 11:38. Vgl. ook Ps. 27:5; 32:7.
30 Of: verbintenisse, bedrieglike praktyke of ruwe aanslae. 31 Hierdeur kan ’n mens ’n groot en magtige persoon soos Saul verstaan; of ’n mens kan dit verstaan as: van die man, dit is, vir die mense, van die mense, of: elkeen. 32 Dit is, skindertonge, wat die vromes steeds allerlei verdriet, moeite en gevaar berokken met agterbakse en valse beskuldigings. Sien Ps. 35:11. |
33 Hebr. Geseënd.
34 Dit is, op ’n wonderbare wyse aan my bewys. Vgl. Ps. 4:4. Sien die teendeel in Deut. 28:59. 35 Hebr. stad van vastigheid. Hy wil sê, dat God hom so goed bewaar het in die ope veld, waar dit gelyk het asof hy omsingel was en nie kon ontkom nie, asof hy in ’n sterk vaste stad was. |
36 Dit wys moontlik op die geskiedenis van 1 Sam. 23:26, waar dieselfde Hebreeuse woord wat hier staan vir Dawid se angs gebruik word; indien God nie in daardie tyd buitengewoon wonderbaarlik voorsien het nie, was dit na alle waarskynlikheid verby met Dawid. Sien die aangehaalde plek.
37 Naamlik vir myself, dit is, ek het gedink. 38 Die gevaar was so groot en duidelik voor oë, en die ontkoming volgens menslike oordeel so onmoontlik en onvoorstelbaar, dat ek deur menslike swakheid en ontsetting gedink het: Nou sien God my nie meer raak nie. Dat hy nogtans, nieteenstaande hierdie ontsetting, in hierdie nood baie smekend tot God gebid het, betuig die volgende. Vgl. Ps. 116:11 se kanttekening. Jona 2:4. |
39 Sien Ps. 4:4 se kanttekening.
40 Of: gelowiges, waaragtiges. Anders: bewaar getrouhede. Sien Ps. 12:2 se kanttekening. |
e Ps. 27:14. | 41 Soos in Ps. 27:14. Sien daar. |