Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 31

Klagte, gebed en dank.

1

VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2

By U, o HERE, askuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u 2geregtigheid.

3

Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ’n 3rots om in te vlug, ’n 4baie vaste huis om my te verlos.

4

Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my 5lei en my bestuur.

5

U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my 6gespan het, want U is my toevlug.

6

bIn u hand gee ek my 7gees oor; U het my verlos, HERE, God van 8trou.

7

Ek haat die wat 9nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die HERE.

8

Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende 10aangesien, my siel in die benoudhede 11geken het

9

en my nie 12oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.

10

Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; 13van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.

11

Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag 14struikel deur my 15ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.

12

Vanweë al my teëstanders het ek ’n voorwerp van smaad geword, ja, 16grootliks cvir my bure, en ’n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, 17vlug weg van my af.

13

Ek is vergeet uit die hart, soos ’n dooie; ek het geword soos ’n ding wat lê en 18vergaan.

14

Want ek het die 19skindertaal 20van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle 21is van plan om my 22lewe te neem.

15

Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.

16

My 23tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

17

Laat u 24aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

18

HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, 25laat hulle verstom in die 26doderyk!

19

Laat die 27valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.

20

do, Hoe 28groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, 29in teenwoordigheid van die mensekinders!

21

U verberg hulle in die skuilplek van 30u aangesig vir die 31samesweringe 32van mense; U steek hulle weg in ’n hut vir die 33twis van die tonge.

22

34Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar 35gemaak, in ’n 36vaste stad.

23

Ek tog het in my 37angs 38gesê: Ek het 39verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.

24

Julle moet die HERE liefhê, al sy 40gunsgenote! Die HERE bewaar die 41getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.

25

e42Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
a Ps. 22:6; 25:2, 3; 71:1, 2. Jes. 49:23. 2 Wat vereis dat U u woord hou en my regverdige saak voorstaan, soos in Ps. 71:2.
3 Hebr. rots van sterkte.

4 Hebr. huis of plek van vastighede of vestings.

5 Naamlik soos ’n herder sy skape, soos in Ps. 23:2.
6 Dit is, in die verborgenheid of geheim.
b Luk. 23:46. 7 Dit is, my siel vertrou ek toe aan u mag, bewaring, sorg en toesig.

8 Of: waarheid, dit is, U, waaragtige of getroue God, wat u beloftes wat U aan my gemaak het, gehou het.

9 Hebr. ydelhede van valsheid of nietigheid. Hy bedoel diegene wat op vleeslike en afgodiese hulp vertrou. Sien Deut. 32:21. 1 Kon. 16:26. 2 Kon. 17:15. Ps. 62:11. Jer. 2:5; 8:19; 10:15; 14:22; 23:16. Rom. 1:21. Vgl. Lev. 19:4 se kanttekening.
10 Sien Gén. 16:13 se kanttekening.

11 Dit is, my nie verag het nie, maar bemin en versorg het. Vgl. Gén. 18:19 en Ps. 1:6 se kanttekeninge.

12 Of: ingesluit, soos elders.
13 Soos in Ps. 6:8.
14 Soos wanneer iemand deur onvermoë en swakheid struikel en val. Vgl. Ps. 109:24, en sien die teendeel in Ps. 105:37.

15 Dit is, straf van my ongeregtigheid. Sien Gén. 4:13; 19:15 se kanttekening, en vgl. Núm. 14:33 en Jer. 51:6 se kanttekeninge.

c Job 19:13. Ps. 38:12. 16 Hebr. baie.

17 Naamlik, sodat hulle nie by my teëstanders onder verdenking mag kom, asof hulle my saak ondersteun het of my vriende was, nie.

18 Of: vrot word, verlore gaan, naby aan bedorwe, wat ’n mens geheel en al minderwaardig of as niks ag, terwyl dit geen nut meer het nie. Vgl. Deut. 26:5. Ps. 119:176. Net so ook Jer. 22:28.
19 Of: krenking, lastering, kwaadspreek. Vgl. Jer. 20:10.

20 Of: van grotes.

21 Of: beraam, maak ’n aanslag om, ens.

22 Hebr. nèfesj, wat ook vertaal word met siel. Of aldus: as hulle saam raad hou teen my, is hulle van plan om my lewe te neem.

23 Dit is, my lewe en al my wedervaringe; hoe dit ook met my sou kon gaan, ek weet dat dit alles van U afhang, dat U dit alles regeer en dat dit nie in my vyande se mag is nie.
24 Sien Núm. 6:25, 26 se kanttekeninge.
25 Naamlik, terwyl hulle van die aarde af weggeneem is, hul kwade praktyke, lasteringe en geweld agterweë moet laat. Anders: laat hulle afgesny of uitgeroei word na die graf; soos die Hebreeuse woord ook gebruik word in Ps. 49:13, 21, ens.

26 Hebr. sjeol, wat ook vertaal word met graf of hel.

27 Hebr. lippe van valsheid. Sien Ps. 12:3; 27:12, ens.
d Jes. 64:4. 1 Kor. 2:9. 28 Of: menigvuldig. Dit wys wel op die goed wat God vir diegene wat aan Hom behoort, in die algemeen na siel en liggaam berei, en vir hulle as ’t ware in ’n skatkamer opgesluit het, om dit op die regte tyd vir hulle ten goede daaruit vorendag te bring en dit te laat geniet, maar spruit meer spesifiek uit die oordenking van ’n besondere en onverwagte wonderbaarlike verlossing wat aan Dawid bewys is, toe hy in ’n baie groot gevaar was om oorval te word, en nie kon dink dat God so ’n verlossing vir hom berei het soos hy ondervind het nie; waaroor hy aldus met verwondering uitroep.

29 Hebr. teenoor, voor, dit is, terwyl U ten aanskoue van die hele wêreld die vromes se onskuld openbaar maak, en met u wonderlike onvoorsiene hulp bewys dat U hulle, wat tot U hul toevlug neem met gelowige gebede, liefhet.

30 Deur die betoning van u vaderlike guns en genadige teenwoordigheid, vertroos en behou U hulle op ’n wonderlike verborge manier, wat die wêreld nie kan begryp nie, selfs dikwels in verborge skuilplekke, waarheen U hulle lei, u oog op hulle hou, hulle versorg en beskut. Dit is werklik aan Dawid bewys. Sien ook 1 Kon. 18:4; 19:4, 5, 9, 11, ens. Hebr. 11:38. Vgl. ook Ps. 27:5; 32:7.

31 Of: trotshede, verbintenisse, bedrieglike praktyke of ruwe aanslae.

32 Hebr. van die man. Hierdeur kan ’n mens ’n groot en magtige persoon soos Saul verstaan; of: van elkeen.

33 Dit is, twisgierige tonge, wat die vromes steeds allerlei verdriet, moeite en gevaar berokken met agterbakse en valse beskuldigings. Sien Ps. 35:11.

34 Hebr. Geseënd.

35 Dit is, op ’n wonderbare wyse aan my bewys. Vgl. Ps. 4:4. Sien die teendeel in Deut. 28:59.

36 Hebr. stad van vastigheid. Hy wil sê dat God hom so goed bewaar het in die oop veld, waar dit gelyk het of hy omsingel was en nie kon ontkom nie, asof hy in ’n sterk vaste stad was.

37 Dit wil voorkom of dit wys op die geskiedenis in 1 Sam. 23:26, waar dieselfde Hebreeuse woord wat hier staan vir Dawid se angs gebruik word. Indien God nie in daardie tyd buitengewoon wonderbaarlik voorsien het nie, was dit na alle waarskynlikheid verby met Dawid. Sien die aangehaalde teks. Die Hebreeuse woord kan ook met haas vertaal word.

38 Naamlik vir myself, dit is, ek het gedink.

39 Hebr. afgesny. Die gevaar was so groot en duidelik voor oë, en die ontkoming volgens menslike oordeel so onmoontlik en onvoorstelbaar, dat ek deur menslike swakheid en ontsetting gedink het: Nou gee God nie meer ag op my nie. Dat hy nogtans, nieteenstaande hierdie ontsetting, in hierdie nood baie smekend tot God gebid het, betuig dit wat volg. Vgl. Ps. 116:11 se kanttekening. Jona 2:4.

40 Sien Ps. 4:4 se kanttekening.

41 Of: gelowiges, waaragtiges. Anders: bewaar getrouhede. Sien Ps. 12:2 se kanttekening.

e Ps. 27:14. 42 Soos in Ps. 27:14. Sien die kanttekening aldaar.