Statevertaling – Bybelstigting
Die seën van skuldvergifnis.
’N PSALM van Dawid; ’n 1onderwysing.
a2Welgeluksalig is hy wie se oortreding 3vergewe, wie se sonde bedek is.
Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se 4gees geen bedrog is nie.
Toe ek 5geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;
want u 6hand was dag en nag swaar op my; my 7murg het verander soos deur somergloed. 8Sela.
9My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bbely; en Ú het 10die ongeregtigheid van my sonde 11vergewe. Sela.
Daarom sal elke 12vrome U aanbid 13in ’n tyd as U te vinde is; ja, by ’n oorstroming van 14groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.
cU is ’n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.
15Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; 16my oog sal op jou wees.
Wees nie soos ’n perd, soos ’n muilesel wat geen verstand het nie, dwat ’n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, 17anders kom hy nie naby jou nie.
Die goddelose het baie 18smarte, maar hy wat op die HERE vertrou — met goedertierenheid sal Hy hom omring.
Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle 19opregtes van hart!
| a Rom. 4:6, 7. | 1 Hebr. maskil, dit is, onderwyser, wat verstand gee, verstandig maak, dit is, ’n onderwys- of leerpsalm; so genoem vanweë die nodige en gewigtige leer wat daarin vervat is. Verskeie ander psalms het ook hierdie titel, wat tot ’n besondere onderwys en stigting, sowel vir die skrywer self, as vir die hele kerk, gemaak is.
2 Sien die verklaring van hierdie leer in Rom. 4:6-8. 2 Kor. 5:19, 21. 3 Of: weggeneem. Welke manier van spreek ook in die Nuwe Testament gebruik word. Sien Ps. 25:18 se kanttekening, en vgl. Hebr. 9:28. Hebr. asof ’n mens sê: verlig, ligter maak of vergewing van oortreding, of hy wie se oortreding vergewe is, bedek van sonde, welke Hebreeuse manier van spreek dit wat in die teks staan beteken. |
| 4 Dit is, wat God sonder huigelary of geveinsdheid dien, en sy sonde met ’n opregte hart aan Hom bely. |
| 5 Dit is, my sondes nie aan die HERE bely het nie. |
| 6 Dit is, plaag. Vgl. Rut 1:13. Job 13:21 se kanttekening.
7 Hebr. sap, dit is, die natuurlike warm vogtigheid, wat ’n mens se lewe onderhou. 8 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
| b Spr. 28:13. 1 Joh. 1:9. | 9 Dit is, maar as ek my sonde, ens., so het U die ongeregtigheid, ens.
10 Die skuld en straf, sodat ek my met reg as welgeluksalig ag, soos in vers 1. 11 Of: weggeneem. |
| 12 Sien oor die Hebreeuse woord Ps. 4:4 se kanttekening.
13 Sien Jes. 55:6. Anders: in ’n tyd van oordeel, dit is, as die strawwe die mense tref, wat met dit wat hier volg ook goed ooreenkom. Sien Ps. 21:9; 116:3. Net so ook Deut. 4:30 se kanttekening, ens. 14 Of: baie, geweldige waters, dit is, groot en swaar node wat aankom. Sien 2 Sam. 22:17 se kanttekening. |
| c Ps. 27:5; 31:21. |
| 15 Dit is God se eie woorde, wat Dawid inbring deur so te spreek, hoewel sommige meen dat die profeet hier sy rede tot die mense rig.
16 Dit is, Ek sal vir jou sorg, of sorg vir jou dra. Vgl. Deut. 11:12. Esra 5:5. Net so ook 1 Kon. 8:29 se kanttekening. Ps. 33:18; 34:16. Jer. 24:6; 39:12; 40:4. |
| d Spr. 26:3. Jak. 3:3. | 17 Of: sodat die perd of muilesel jou nie seermaak nie. Of: as hy nie tot jou wil nader nie. |
| 18 Vgl. Spr. 13:21; 19:29; 24:20. |
| 19 Sien Ps. 7:11 se kanttekening. |