Statevertaling – Bybelstigting
Die HERE beskerm die gelowige.
’N PSALM van Dawid, atoe hy hom 1kranksinnig gehou het voor 2Abiméleg en dié hom 3weggejaag het, sodat hy heengegaan het.
4Alef. Ek wil die HERE altyd 5loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.
Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die 6ootmoediges sal dit hoor en bly wees.
Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam 7verhef!
Dalet. Ek het die HERE 8gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my 9vrees gered.
He. 10Hulle het Hom 11aangesien en 12gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.
Sajin. 13Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
Get. Die Engel van die HERE trek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
Tet. 14Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
Jod. 15Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
Kaf. bDie jong leeus 16ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.
Lamed. Kom, 17kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.
Mem. c18Wie is die man wat lus het in die lewe, wat 19dae liefhet om 20die goeie te sien?
Noen. 21Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.
Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en djaag dit na.
Ajin. e22Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.
Pe. Die 23aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.
Sade. 24Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.
Kof. fDie HERE is naby die wat 25gebroke is van hart, en Hy verlos die wat 26verslae is van gees.
Resj. g27Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.
Sjin. Hy bewaar al sy bene: hnie een daarvan word gebreek nie.
Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet 28daarvoor boet.
Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.
| a 1 Sam. 21:13, ens. | 1 Of: sy gelaat, gebare verander het. Hebr. eintlik: sy smaak, omdat ’n mens uit gebare die mens as ’t ware gewoonlik proe, en oordeel wat in hom is. Sien hierdie geskiedenis in 1 Sam. 21:11-15.
2 In 1 Samuel 21 word hy op sy eienaam Agis genoem, koning van Gat, maar dit wil voorkom of Abiméleg daarby ook ’n algemene naam was vir Filistynse konings. Sien daaroor Gén. 20:2 se kanttekening. 3 Naamlik deur sy dienaars, wat Dawid na hom toe gebring het, menende dat hy hom gevange sou neem en laat ombring, wat hy ook ongetwyfeld sou gedoen het, indien God dit nie baie duidelik belet en Dawid uitgered het nie. Sien 1 Sam. 21:11, 12. |
| 4 Sien oor hierdie gebruik van die Hebreeuse alfabet Psalm 25 se inleiding.
5 Hebr. seën. |
| 6 Sien Ps. 10:17 se kanttekening. |
| 7 Dit is, uitermate verhoog, soos in Ps. 30:2. |
| 8 Dit is, deur gebede sy hulp versoek.
9 Sien 1 Sam. 21:12. |
| 10 Naamlik die ootmoediges, sien vers 3.
11 Dit is, met die geestelike oë van geloof uitgesien na sy hulp. 12 Die Hebreeuse woord kan volgens sommige op tweërlei wyse vertaal word, enersyds: soos ’n waterstroom op Hom aanstroom, dit is, God as ’t ware met hul ywerige en kragtige gebede geweld aandoen. Vgl. Jes. 2:2; 60:5. Jer. 31:12; 51:44. Matt. 11:12. Luk. 16:16. Jak. 5:16. Andersyds: en is verlig, dit is, is vertroos, het oorsaak van blydskap bekom. |
| 13 Naamlik Dawid, wat hier van homself spreek, asof dit op sy persoon wys, of hy gebruik hier die woorde wat die gelowiges van hom spreek. |
| 14 Dit is, merk op en voel in jou hart, en vind genot daarin, of ondersoek dit, jy sal bevind dat dit so is. Vgl. Job 12:20 se kanttekening. Spr. 31:18. 1 Petr. 2:2, 3. |
| 15 Sien Ps. 19:10 se kanttekening. |
| b Job 4:11. | 16 Terwyl hulle soms geen prooi kan kry nie. Sien Job 4:11. |
| 17 Naamlik wat my beskou as jul geestelike vader, dit is, profeet en leraar. Sien Rig. 17:10 en Spr. 1:8 se kanttekeninge. |
| c 1 Petr. 3:10. | 18 Dit is, is daar iemand wat, ens., of diegene wat, ens. Sien Deut. 20:5 se kanttekening. Die antwoord op hierdie vraag word in die volgende verse gevind.
19 Dit is, ’n lang lewe, lengte van dae. 20 Dit is, welvaart te geniet. Sien Job 7:7 se kanttekening. Hierdie en dergelike beloftes moet so verstaan word dat die kruis glad nie daarmee uitgesluit is nie, soos die hele Woord van God, en in die besonder hierdie boek van die Psalms, selfs hierdie psalm, vers 20, uitwys. |
| 21 Die betekenis is: Wie begeer om die voorgenoemde goeie te geniet, moet sy tong bewaar, ens. |
| d Hebr. 12:14. |
| e Job 36:7. Ps. 33:18. 1 Petr. 3:12. | 22 Soos in Ps. 33:18. |
| 23 Verstaan sy toornige aangesig, soos in Ps. 21:10. Sien die kanttekening aldaar. |
| 24 Naamlik die regverdiges, uit vers 16. |
| f 2 Tim. 3:11. | 25 Naamlik wat, terwyl hulle alle hoogmoed aflê, hulle voor die HERE verneder met hartlike bekommernisse oor hul sondes en begeerte om genade te ontvang. Vgl. Ps. 51:19 se kanttekening; Ps. 147:3. Jes. 42:3; 57:15; 61:1; 66:2. Luk. 4:18; 7:38. Hand. 2:37.
26 Of: gekneusdes, verbryseldes. |
| g 2 Tim. 3:12. | 27 Of: Die regverdige het baie teëspoede. Hebr. kwade, dit is, baie ellende, kruis en verdriet oorkom hom. |
| h Joh. 19:36. |
| 28 Die Hebreeuse woord beteken soms skuldig gehou of verklaar word, soms verwoes word. Sommige voeg hier beide betekenisse, wat aan mekaar verwant is, saam, soos volg: sal as skuldiges verwoes word. |