Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 35

Dawid bid God om die goddelose mense te straf.

1

’N PSALM van Dawid.

HERE, 1twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!

2

Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!

3

En trek die spies uit en 2stuit 3my vervolgers! 4Spreek tot my siel: Ek is jou 5heil!

4

aLaat hulle wat my 6lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my 7ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!

5

Laat hulle word soos bkaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot.

6

Laat hulle weg 8duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!

7

Want hulle het 9sonder oorsaak die kuil met 10hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak 11gegrawe teen my lewe.

8

Laat 12verwoesting oor 13hom kom 14sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val 15met verwoesting!

9

Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.

10

16Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!

11

17Kwaadwillige getuies staan op; wat 18ek nie weet nie, vra hulle vir my.

12

Hulle vergeld my kwaad vir goed: 19verlatenheid vir my siel.

13

En ek — toe hulle siek was, het ek ’n 20roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het 21teruggekeer in my boesem.

14

Ek het 22rondgegaan asof dit ’n vriend, asof dit ’n broer van my was; ek het gebuk gegaan 23in die rou soos een wat oor sy moeder treur.

15

Maar as ek 24struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, 25lae mense en 26die wat ek nie ken nie; 27hulle laster 28sonder ophou.

16

Onder die roekeloosste 29tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.

17

Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my 30enigste van die jong leeus af.

18

cEk sal U loof in ’n groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U prys.

19

Laat hulle oor my nie bly wees wat 31sonder grond my vyande is nie; laat ddie wat my 32sonder oorsaak haat, nie 33met die oë knip nie!

20

Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink 34bedrieglike woorde teen die 35stilles in die land.

21

En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: 36Ha, ha, ons oog het dit gesien!

22

HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!

23

Ontwaak en word wakker 37vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.

24

Doen aan my reg na u 38geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!

25

Laat hulle in hul hart nie sê: 39Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!

26

Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my 40groot maak, met skaamte en skande 41beklee word!

27

Laat húlle jubel en bly wees wat 42’n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat ’n welbehae het in die 43vrede van sy kneg!

28

En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.

1 Of: pleit, rig, dit is, neem U my saak op U en voer my reg uit teen my teëparty, terwyl U metterdaad betoon dat dit nie my saak nie, maar u eie saak is. Sien Ps. 43:1; 74:22; 119:154. Jes. 49:25. Jer. 50:34; 51:36, ens.
2 Hebr. segor. Sommige meen dat dit die naam van ’n oorlogswapen is.

3 Dit is, lê my vervolgers voor, gaan hulle tegemoet, en stuit hul aantog.

4 Dit is, betuig dit in my deur u Heilige Gees. Vgl. Rom. 8:16.

5 Of: verlossing, redding, dit is, jou Verlosser, Redder.

a Ps. 40:15; 70:3. 6 Hebr. siel. Sien 2 Sam. 4:8 se kanttekening.

7 Of: kwaad (dit is, ellende, verdrukking, ondergang).

b Job 21:18. Ps. 1:4. Jes. 29:5. Hos. 13:3.
8 Hebr. duisternis en glibberigheid; sodat hulle nie vorentoe kan beweeg om my in te haal nie. Vgl. Jer. 23:12.
9 Hebr. tevergeefs, verniet; dit is, sonder rede. So ook hierna, en vers 19, en elders. Sien Job 2:3 se kanttekening.

10 Dit is, waarin hulle hul net gelê het; ’n beeld geneem van voëlvangers en jagters. Die betekenis is: Hulle het strikke vir my lewe gespan, bose en listige aanslae teen my beraam, wat dikwels met nette vergelyk word. Sien Ps. 9:16; 10:9; 25:15; 31:5; 141:10, ens.

11 Naamlik ’n kuil, uit Ps. 7:16.

12 Die Hebreeuse woord beteken ’n verwoesting wat met geraas, gedruis, rumoer en groot onstuimigheid plaasvind.

13 Naamlik my vervolger.

14 Dit is, onvoorsiens, wanneer hy glad nie daaraan dink of dit verwag nie.

15 Dit is, só dat hy vervolgens verwoes en verniel word. Anders: as daar verwoesting is, laat hom daarin val.

16 Dit is, ek sal U roem met al my innerlike kragte, of met al die vermoë van my liggaam. Vgl. Ps. 51:10 se kanttekening.
17 Hebr. Getuies van kwaadwilligheid of geweld, dit is, wat probeer om my met valsheid te verdruk en met geweld te oorval.

18 Dit is, hulle beskuldig my van dinge waarvan ek nie bewus is nie.

19 Of: berowing van my siel. Dit is, hulle wil my van my lewe beroof.
20 Dit is, ek het oor hulle rou bedryf. Sien Gén. 37:34 se kanttekening.

21 Dit is, ek het dikwels my gebed in stilte en by myself vir hulle herhaal. Hy wil sê dat hy dit opreg en goed met hulle bedoel het. Anders: laat my gebed terugkeer in my boesem of skoot, dit is, laat my dit ervaar, wat ek vir hulle gebid het.

22 Of: my gedra. Dit is, ek het my so voorgehou en gedra asof hulle my naaste bloedvriende was. Anders: Ek het by hulle rondgegaan soos by ’n vriend, ens. Dit is, ek het hulle daagliks besoek.

23 Dit is, in swart geklee, soos die wat in rou is gewoond is om te doen. So ook in Ps. 38:7; 42:10; 43:2. Sien ook Job 5:11 se kanttekening.

24 Dit is, as dit met my sleg gegaan het, sodat dit lyk asof ek sou moet struikel en val. So ook in Ps. 38:18. Jer. 20:10. Vgl. Job 12:5.

25 Hebr. geslaandes. Die Hebreeuse woord word hier verstaan as skelms of boewe (wat daarvoor bekend was dat hulle slae of géselinge verdien het, dit is, die slegste gespuis onder die volk, wat daarvoor opgestook is). Die Hebreeuse woord kan egter ook as geslaan, dit is, kreupel of lam aan altwee voete verstaan word. Sien 2 Sam. 4:4; 9:3, waar hierdie woorde altwee voete by die woord lam gevoeg word. Dit is, hulle maak asof hulle lam is en struikel asof hulle rou oor my ongeluk. Ander verstaan dit as verslae van gees, soos in Jes. 66:2, met dieselfde betekenis. Weer ander verstaan dit as medegeslaandes. Want hulle wil met hul liggaamlike gebare (soos struikel) te kenne gee dat hulle besorg en bekommerd is oor Dawid se lyding, maar doen dit valslik en as huigelaars.

26 Of: en ek het niks (naamlik kwaads) gemerk nie. Dit is, ek het nie gedink dat hulle gehuigel en my bedrieg het nie, maar het gemeen dat hulle dit opreg gedoen het.

27 Anders: hulle skeur hul klere. Of: hulle skeur die keel oop, dit is, hulle skimp en spot.

28 Of: en swyg nie. Dit is, maar hulle troos my of ween oor my. Die betekenis is: hulle swyg nie, maar agter my rug het hulle duidelik gewys wat hulle bedoel het, soos in die volgende vers.

29 Hebr. spotters van die koek. Dit is, wat hul gebare en woorde vir ’n stuk brood of drank verkoop. Hulle sê en doen alles om diegene tevrede te stel wat hul buike vul, dit is waarom die Hebreeuse woord deur sommige ook verstaan word as hansworse. Hy wil sê: As hulle by hierdie soort mense is, dan wys hulle die bitterheid van hul hart teenoor my, terwyl hulle my alle kwaad toewens en ongelukkig is daaroor dat ek nog so lank uithou. Sien oor die kners van tande Job 16:9 se kanttekening.
30 Verstaan my siel; soos in Ps. 22:21. Sien die kanttekening aldaar.
c Ps. 40:10, 11; 111:1.
d Joh. 15:25. 31 Hebr. leuen of valsheid, valslik, dit is, weens valse oorsake, soos in Ps. 38:20; 69:5.

32 Soos in vers 7.

33 Dit is, my bitsig en spotagtig aansien, terwyl hulle my dreig, asof hulle wil sê: ’n Mens sal gou vir jou ’n les leer, ens. Spr. 6:13; 10:10 en die kanttekeninge.

34 Hebr. woorde of sake van bedrieërye of liste.

35 Hebr. stilles van die land of van die aarde, dit is, vreedsames, wat graag in stilheid wil lewe en God dien, sonder om iemand enige kwaad aan te doen of te wil aandoen, soos dit die vromes se aard is.

36 Dit is, ja ja, nou gaan dit goed; nou sien ons met welgevalle waarvoor ons lank gewens het. Vgl. Ps. 22:18 se kanttekening, en sien Job 39:28 se kanttekening.
37 Naamlik om aan my reg te doen, teenoor my vyande en vervolgers; solank U dit nie doen nie, tree U op soos een wat slaap.
38 Naamlik wat vereis dat U my regverdige saak voorstaan.
39 Asof hulle sê: Hou moed, wees nou vrolik, o ons siel, want dit gaan met hom soos ons begeer het. Sien vers 21.
40 Hulle probeer om hul groot te maak deur my verdrukking en ondergang; of: wat hulle so trots en vermetel teen my gedra, terwyl hulle met woorde en werke spog. Sien hierdie manier van spreek in Ps. 38:17; 55:13. Jer. 48:26, 42. Eség. 35:13. Obad. vers 12, en verder Job 19:5 met die kanttekening.

41 Sien Job 8:22 se kanttekening.

42 Dit is, wat aan my regverdige saak geheel en al toegewy is, biddend vir ’n blye uitkoms, waarvoor hulle U mag dank en verheerlik.

43 Dit is, in die verlossing en voorspoed van Dawid, wat die HERE se dienskneg is. Sien Gén. 37:14 se kanttekening.