Statevertaling – Bybelstigting
Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God!
VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.
In die binneste van my hart sê 2die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.
Want dit vlei hom in sy oë 3in verband met die uitvind en haat van sy skuld.
Die woorde van sy mond is 4onreg en bedrog; 5hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen.
Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op ’n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
6o HERE, au goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.
U geregtigheid is soos die berge 7van God; u oordele is ’n groot 8watervloed. HERE, U behou 9mense en diere!
Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die 10skaduwee van u vleuels.
Hulle 11verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.
Want by U is die fontein van die 12lewe; in 13u lig sien ons die lig.
Laat u goedertierenheid 14voortduur vir die wat U ken, en u 15geregtigheid vir die opregtes van hart.
Laat die voet van die 16trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie 17verdryf nie.
18Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening. |
2 Dit is, wanneer ek die bose en sorgelose lewe en werke van die goddeloses opmerk en oorweeg, is ek daarvan oortuig dat hulle geen vrees of skrik vir God het nie. Dit lyk of die goddeloses hulle gemaklik uitspreek; die goddeloosheid is duidelik sigbaar in hul dade en werke, dit maak my bedroef in die binneste van my hart. |
3 Of: totdat sy ongeregtigheid na vore kom, wat verafsku behoort te word of haatlik is. Dit is, al word sy boosheid heeltemal bekend en tasbaar gemaak, sodat dit deur elkeen gehaat word, nogtans vind hy genot in en spog hy met sy bose werke en gaan altyddeur daarmee voort. Anders: as hy sy ongeregtigheid (dit is, sy bose voorneme) volbring of verkry, wat hy behoort te haat, dit is, wanneer dit met hom gaan volgens sy eie begeerte, dink hy dat sy dade reg is, hoewel hy ’n afkeer daarvan behoort te hê. |
4 Dit is, ondeugdelik, skadelik en bedrieglik, of lei tot verdriet, aantasting en misleiding van vromes.
5 Dit is, hy wil hom deur niemand laat onderrig tot enige verbetering van sy lewe nie, hy is verdorwe hardnekkig en ongevoelig. |
a Ps. 57:11; 108:5. | 6 Teen al die gewoel en woede van die goddeloses, asook die hartseer wat dit by hom tot gevolg het, troos en verkwik die profeet hom met die nadenke oor God se onbegryplike, ondeurgrondelike en bestendige goedheid, trou en geregtigheid, wat Hy bewys in die regering van alles, en in die besonder van sy volk, dat Hy nieteenstaande die goddeloses se vyandskap, oorvloedige genade skenk en vir sy vyande ’n regverdige uiteindelike ondergang verseker. |
7 Dit is, soos die allergrootste en allerhoogste berge. Sien Gén. 13:10 se kanttekening vir hierdie manier van spreek. Dit beteken dat God se geregtigheid oral sigbaar, bestendig en vas is, en ook ons begrip ver te bowe gaan. Sien vers 11.
8 Dit is, u raad en regering of werkwyse, wat U sowel in die algemeen as in die besonder ten opsigte van die uitverkorenes en die verworpenes doen, is ondeurgrondelik. Sien Rom. 11:33. 9 Hebr. mens en dier. Sien Job 39:1, ens. Ps. 147:9. Matt. 5:45. 1 Tim. 4:10. |
10 Sien Rut 2:12 se kanttekening, en vergelyk hiermee Job 36:11 en die kanttekening. |
11 Verstaan hiermee die geestelike voedsel en drank van die siel. Sien Jes. 25:6; 65:13; 66:11, en vgl. Ps. 63:6; 65:5. Jer. 31:12, 14; 50:19. So ook in die Hooglied van Salomo. |
12 Dit is, ’n lewende en standhoudende fontein, waardeur die siel geestelik leef, oorvloedig gelawe, onderhou en verkwik word. Vgl. Jer. 2:13; 17:13. Joh. 4:14; 7:38, 39.
13 Dit is, as U ons deur u Heilige Gees verlig, en u vaderlike aangesig in die Messías vertoon, dan bekom ons die regte insig van u genadewerke, en geniet ’n lewende troos en hartlike blydskap. Vgl. Job 29:3. Ps. 4:6, 7; 27:1 met die kanttekening. Jes. 9:1. Jak. 1:17. Net so ook vir soveel dit die heerlikheid van die ewige lewe aangaan, Ps. 16:11 se kanttekening; 17:15. So ook in Sag. 14:6, 7. Kol. 1:12. Openb. 21:11, 23; 22:5. |
14 Of: aanhou, verleng, voortsit. Vgl. Jer. 31:3 se kanttekening.
15 Wat meebring dat U u beloftes hou, wie opreg van hart is beskerm, hul vyande straf, en ook alles (nieteenstaande die gewoel van die goddeloses) op die regte pad hou. |
16 Hebr. van die trotsheid, dit is, van die hoogmoedige (sien Job 35:13 se kanttekening), wat my wil vertrap, of wat sy voet op my nek wil sit.
17 Of: my nie verjaag nie. |
18 Naamlik, daar waar hulle die vromes gesoek en gemeen het om hulle neer te vel; of: Toe. Vgl. Ps. 14:5 en die kanttekening daar. |