Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 38

’n Gebed in krankheid.

1

’N PSALM van Dawid, by die 1gedenkoffer.

2

ao HERE, 2straf my nie in u 3toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.

3

Want u 4pyle het in my 5ingedring, en u hand het op my neergedaal.

4

Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks 6gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.

5

Want my ongeregtighede 7gaan oor my hoof; soos ’n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.

6

My wonde stink, hulle dra vanweë my 8dwaasheid.

7

Ek is 9krom, heeltemal geboë; bdie hele dag gaan ek in die 10rou;

8

want my lendene is vol 11ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.

9

Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek 12brul van die 13gebons van my hart.

10

Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.

11

My hart 14slaan vinnig, my 15krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook 16dit is nie by my nie.

12

Die wat my liefhet en my vriende is, staan 17opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;

13

18en die wat 19my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van 20ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.

14

Maar ek is soos ’n dowe: ek hoor nie, en soos ’n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.

15

Ja, ek is soos ’n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen 21teëspraak is nie;

16

want op U, HERE, wag ek; Ú sal verhoor, Here my God!

17

Want ek 22het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul 23groot maak teen my!

18

24Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.

19

cJa, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.

20

Maar my vyande 25lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is 26groot in aantal.

21

En die wat kwaad vir goed vergeld, 27behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.

22

Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie!

23

Maak tog gou om my te help, Here, my heil!

1 Om die groot benoudheid waarin hy was en die genade van die HERE, wat hom daaruit verlos het, te gedenk. Vgl. Ps. 132:1. Jes. 63:7.
a Ps. 6:2. 2 Vgl. Psalm 6.

3 Of: gebelgdheid.

4 Hy verstaan deur die pyle en die hand van God sy ernstige siekte. Sien Deut. 32:23 en Job 6:4 se kanttekeninge.

5 Dit is, hulle is só in my ingeskiet dat hulle diep ingedring het.

6 Dit is, geen rus, geen einde van die pyn in my liggaam nie. Vgl. Ps. 35:10 en 51:10 se kanttekeninge.
7 Soos waterstrome wat oor iemand se hoof gaan, soos in Ps. 42:8. So vergroot die profeet sy sondes, asook die straf daarvoor. Vgl. Ps. 40:13.
8 Of: onbedagsaamheid, onbesonnenheid, onversigtigheid, waardeur hy sy sondes en gebreke verstaan. Vgl. vers 4. Ps. 69:6.
b Ps. 42:10; 43:2. 9 Of: mismaak, misvorm.

10 Sien Ps. 35:14 se kanttekening. Dit kan dui op die uiterlike teken van rou in die kleding, en die inwendige rou van die hart. Of: swart, siende op die mismaaktheid van sy liggaam vanweë sy siekte.

11 Anders: brand, asof hulle gebrand en gevolglik verdor was.
12 Ek roep sterk, soos ’n leeu.

13 Of: brul, dit is, soos ’n leeu brul, of die see dreun (waarvan die Hebreeuse woord ook geneem word, Jes. 5:30), so onrustig en rusteloos is my hart. Anders: kreun.

14 Of: klop.

15 Vgl. Ps. 40:13.

16 Naamlik my oë; hy wil sê, dat sy sig baie swak is, asof hy (om so te spreek) geen oë gehad het nie. Of verstaan dit as die krag en die lig van sy oë.

17 Dit is, hulle bly op ’n afstand, as hulle my ellende van ver af aansien; waaruit sommige aflei dat dit die pes of enige ander besmetlike of walglike siekte was.
18 Hy wil sê: bo dit alles hou my teëpartye nie op om my te vervolg nie; vriende verlaat my en vyande vervolg my.

19 Sien Ex. 4:19 en 2 Sam. 4:8 se kanttekeninge.

20 Of: allerlei verdriet, kwaad, rampsaligheid.

21 Asof ek skuldig was en niks gehad het om my te verantwoord nie.
22 Naamlik by myself, dit is, ek het gedink, of: ek het gesê, naamlik in my gebed tot U.

23 Soos in Ps. 35:26.

24 Dit is, omdat ek in so ’n toestand is, dat ek na menslike waarskynlikheid onder hierdie las sou moes beswyk, so is dit nog meer nodig dat U my help, om my vyande geen oorsaak van vreugde te gee nie. Vgl. Ps. 35:15. Job 12:5 met die kanttekeninge.
c Ps. 32:5.
25 Of: word al lewend magtig. Hy wil sê: Terwyl ek belaai is met bekommernis en smart, lewe hulle in voorspoed, wellus en onbekommerd, word vet, grof en sterk; soos Dawid dikwels elders kla.

26 Of: word vermenigvuldig.

27 Soos van Satan, die naam wat die duiwel het van die Hebreeuse woord wat hier gebruik word. Vgl. 2 Sam. 19:22 en Job 1:6 se kanttekeninge.