Statevertaling – Bybelstigting
Gebed in aanvegtinge.
VIR die 1musiekleier; vir 2Jedútun. ’n Psalm van Dawid.
Ek het gesê: Ek wil 3my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in 4toom hou solank as die goddelose nog voor my is.
Ek was stom in stilte, ek het geswyg, 5ver van die goeie af; maar my smart is 6aangewakker.
My hart het warm geword in my binneste; ’n vuur het ontvlam by my 7gesug; ek het gespreek met my tong:
HERE, 8maak my einde aan my bekend en wat die 9maat van my dae is; laat my weet hoe 10verganklik ek is.
Kyk, U het my dae ’n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, aas 11pure nietigheid 12staan elke mens daar! 13Sela.
Waarlik, die 14mens wandel as 15skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; 16hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.
En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.
Red my van al my oortredinge; maak my nie ’n smaad van die 17dwaas nie.
Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want 18Ú het dit gedoen.
Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die 19bestryding van u hand.
Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U 20sy skoonheid vergaan soos deur ’n mot; ja, elke mens is ’n asemtog! Sela.
Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; 21swyg nie by my trane nie; want bek is ’n 22vreemdeling by U, ’n bywoner soos al my 23vaders.
24Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar 25nie meer is nie.
| 1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Sien oor hom 1 Kron. 16:41, 42; 25:1, 3. |
| 3 Dit is, ek sal naarstig en streng op my dade let. Sien 1 Kon. 2:4 se kanttekening.
4 Of: muilband. ’n Beeld geneem van die diere, wie se bek ’n mens toesluit sodat hulle nie byt of eet nie; die Hebreeuse woord kom van ’n woord wat vir die muilband van osse gebruik word, Deut. 25:4. Hy wil sê dat hy hom ten ene male wil bedwing om nie teen God uit ongeduld te murmureer of iets onbetaamliks van sy vyande te sê nie, solank dit God behaag dat hulle aldus op hom loer en in voorspoed voor sy oë is en hom omring. |
| 5 Of: van (dit is, oor) die goeie. Dit is, hoewel ek goeie redes gehad het om my onskuld en die regverdigheid van my saak te kenne te gee.
6 Hebr. versteur, beroer, dit is, ek het net meer verontrus geword. |
| 7 Toe ek die groot onreg en geweld wat my aangedoen is oordink het, het ek uiteindelik vanweë menslike swakheid uitgebars, waarvoor ek my nogtans vas voorgeneem het om op my hoede te wees, vers 2. |
| 8 Sommige verstaan dit só dat Dawid, toe hy (soos Job) verdrietig oor sy lyding was, begeer het om te sterf. Ander meen dat hy deur hierdie gebed en die beskouing wat volg sy menslike swakheid oorwin en sy murmurering tot swye gebring het.
9 Hoe lank of hoe min tyd ek nog op aarde het om te leef. 10 Hebr. eintlik asof ’n mens sê: hoe verbygaande of ophoudelik ek is, dit is, hoe vinnig ek sal ophou om te lewe, of hoe kort my lewe is. |
| a Ps. 62:10; 144:4. | 11 Hebr. alle of die totale nietigheid, dit is, niks anders as nietigheid nie.
12 Hoewel hy in eer, voorspoed, vermoë en middele uitermate floreer. Vgl. Ps. 30:7, 8. Jak. 4:14. 13 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
| 14 Hebr. die man, of: elkeen; soos dikwels elders.
15 Of: gelykenis, skyn, dit is, dit lyk of hy iets is, maar hy is inderdaad niks nie, soos ’n skildery, figuur of skaduwee, of ’n illusie en beeld wat in ’n droom voorkom. 16 Naamlik baie goedere. Vgl. Pred. 2:18, 19. |
| 17 Hierdeur verstaan sommige Absalom, wat deur slegs dwase jeugdige regeersug sy goeie vader vervolg het; soos hulle ook die volgende vers en die begin van hierdie psalm toepas op Simeï se vloekery, waarteen Dawid hom asof stom gehou het. |
| 18 Vgl. 2 Sam. 12:10-12; 16:10. |
| 19 Omdat U my met u straffende hand op hierdie manier bestry of in hierdie oorlog bring. |
| 20 Anders: sy skoonheid vergaan soos ’n mot, dit is, alles wat lieflik, fraai, mooi en begeerlik in hom is, laat U inderhaas vergaan, soos ’n mot wat spoedig, ja, met ’n aanraking, verniel en tot niet is. Vgl. Job 4:19; 13:28. Jes. 50:9; 51:8. Hos. 5:12. |
| b Lev. 25:23. 1 Kron. 29:15. Ps. 119:19. Hebr. 11:13. 1 Petr. 2:11. | 21 Of: wees nie doof, hou U nie asof U doof is vir al my geween nie, wat ek met uitstorting van trane voor U doen.
22 En daarom het ek nodig dat U my voorstaan, lei en help, totdat ek in die hemelse Kanaän kom, waar die burgerskap en vaderland van die gelowiges is. Sien Filip. 3:20. Hebr. 11:13-16. 23 Dit is, voorouers. |
| 24 Dit is, hou op om my so te kasty, sodat ek nie beswyk nie, maar ’n bietjie kan asemhaal om my sterfdag deur u genade in rus te verwag. Vgl. Ps. 27:13.
25 Naamlik in hierdie lewe, op aarde. Sien Job 3:16 se kanttekening. |