Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 4

’n Aandlied.

1

VIR die 1musiekleier; met 2snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid.

2

As ek 3roep, verhoor my, o God van my 4geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!

3

o 5Manne, hoe lank sal my 6eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die 7leuen soek? 8Sela.

4

Weet tog dat die HERE vir Hom ’n 9gunsgenoot 10afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.

5

a11Sidder, en moenie sondig nie; 12spreek in julle hart op julle bed, en 13wees stil. Sela.

6

Offer b14offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.

7

Baie sê: 15Wie sal ons die goeie laat 16sien? 17Verhef oor ons die 18lig van u aangesig, o HERE!

8

Groter 19vreugde het 20U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.

9

cEk wil in 21vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; 22want U, o HERE, alleen laat my din veiligheid woon.

1 Dit is, wat vir die musiekleier gegee was, om in die huis van die Here te laat speel en sing. Die Hebreeuse woord beteken oorwinnaar, en verder aanvoerder, hoofopsigter, wat ander, wat onder sy toesig gestel is, in dapperheid oorwin of oortref, en die werk aandryf totdat dit voltooi en tot ’n einde gebring is. Vervolgens in terme van sang, ’n meester, opsiener, voorganger van die sangers en musikante. Vgl. Ps. 13:1, en sien 2 Kron. 2:2, 18; 34:12, 13. Esra 3:8, 9. Sien oor hierdie verordening in die musiek van die godsdiens 1 Kron. 6:31, ens.; 15:16, 17, ens.; 16:4, 5, 7; 25:1, 2, ens.

2 Hebr. in, op Neginôt. Sommige verstaan hier snarespel, of die instrumente van musiek, waarop met vingers gedruk, geslaan of gespeel was, soos ons nou luite, harpe, siters, viole, klavesimbels, ens. ken. Ander verstaan dit as ’n verwysing na ’n sekere musiektoon.

3 Naamlik tot U, soos in vers 4. Dit is, vuriglik bid. Sien Job 36:13 se kanttekening.

4 Dit is, wat my regverdige saak ondersteun.

5 Hebr. seuns van man, of kinders van man. So word die groot of aansienlike mense en here genoem. In teenstelling word die gewone eenvoudige mense kinders of seuns van mense genoem. Ps. 49:3; 62:10. Spr. 8:4. Vgl. ook Jes. 2:9.

6 Dat God my deur Samuel tot ’n koning gesalf het.

7 Om my met valse beskuldigings te vermoei, of: vertrou op sulke dinge waarmee julle bedroë sal uitkom en wat tog sal faal en julle bedrieg. In hierdie betekenis kan die Hebreeuse woord ook toepaslik geneem word wanneer dit vergelyk word met 2 Kon. 4:16. Job 40:28. Ps. 89:36. Jes. 58:11. Vgl. verder Ps. 7:15; 60:13.

8 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.

9 Naamlik vir my, aan wie God onverdiende goedertierenheid, guns en weldadigheid bewys, wat, terwyl ek dit geniet en voel, ook van harte geneë is om aan ander guns en weldadigheid te bewys, selfs aan diegene wat my haat, volgens die aard en plig van die kinders van God. Sien oor die Hebreeuse woord Matt. 5:44, 45. 1 Joh. 4:11, en verder 2 Kron. 6:41 se kanttekening.

10 Naamlik tot die koninkryk. Die Hebreeuse woord beteken wonderlik handel, en ook afsonder. Daarom vertaal sommige dit so: wonderlik afgesonder. Sien Ex. 9:4; 11:7; 33:16. So ook in Ps. 17:7, ens.

a Ef. 4:26. 11 Asof hy sê: Sou julle jul vertoorn of ontstel, óf oor my verkiesing tot die koninkryk, óf omdat die sake in die land sleg gaan, vergryp julle daarom nie teen my nie, maar bekeer julle en versoen julle met God; of: sidder, anders: wees beroerd, naamlik deur vrees vir God se swaar toorn, wat julle op julle laai, en hou nie aan sondig nie.

12 Dit is, dink, oorpeins by julleself (vgl. Ps. 14:1; 35:25. Matt. 24:48. Rom. 10:6. Openb. 18:7), oorweeg wat julle doen, oordeel julleself.

13 Hou op om my te vervolg.

b Deut. 33:19. Ps. 51:21. 14 Dit is, wettige offerandes, vergesel deur ’n opregte geloof en bekering van die hart. So ook in Ps. 51:21.
15 Of: Ag, wil iemand ons die goeie laat sien! ’n Manier van wens. Sien Deut. 5:29 se kanttekening. Asof hulle sê: Hoe sal ons nog van hierdie onruste en kwellinge ontslae raak? Of: Ag, mag ons ’n vrugbare en vredevolle jaar hê!

16 Dit is, laat geniet. Sien Job 7:7 se kanttekening.

17 Asof die profeet sê: Ek daarenteen sê: Alles sal wel wees, as U maar, o God, ens.

18 Sien Núm. 6:25, 26 se kanttekeninge.

19 Geestelike vreugde, deur die lig van u aangesig, wat groter is as diegene wat hulle oor ’n oorvloedige oes verheug. Vlg. Hoogl. 1:2, 4 en Hos. 9:1 met die kanttekeninge.

20 o God.

c Ps. 3:6.

d Lev. 26:5. Deut. 12:10; 33:28.

21 Dit is, in stilte en gerustheid, nieteenstaande my vervolgers se aanslae. Sien Ps. 3:6 se kanttekening.

22 Anders: want U alleen is die HERE; U sal my veilig laat woon.