Statevertaling – Bybelstigting
’n Aandlied.
VIR1 die 2musiekleier; met 3snaarinstrumente. ’n Psalm van Dawid.
As ek 4roep, verhoor my, o God van my 5geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
o 6Manne, hoe lank sal my 7eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die 8leuen soek? 9Sela.
Weet tog dat die HERE vir Hom ’n 10gunsgenoot 11afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.
a12Sidder, en moenie sondig nie; 13spreek in julle hart op julle bed, en 14wees stil. Sela.
Offer b15offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.
Baie sê: 16Wie sal ons die goeie laat 17sien? 18Verhef oor ons die 19lig van u aangesig, o HERE!
Groter 20vreugde het 21U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.
cEk wil in 22vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; 23want U, o HERE, alleen laat my din veiligheid woon.
| 1 Dit is, ’n psalm wat vir die musiekleier gegee is om in die huis van die HERE te laat speel en sing.
2 Die Hebreeuse woord beteken oorwinnaar, en verder aandrywer, voortdrywer, wat ander, wat onder sy toesig gestel is, in dapperheid oorwin of oortref, en die werk aandryf totdat dit voltooi en tot ’n einde gebring is. Vervolgens in terme van sang ’n meester, opsiener, voorganger van die sangers en musikante. Vgl. Ps. 13:1, en sien 2 Kron. 2:2, 18; 34:12, 13. Esra 3:8, 9. Sien oor hierdie verordening in die musiek van die godsdiens 1 Kron. 6:31, ens.; 15:16, 17, ens.; 16:4, 5, 7; 25:1, 2, ens. 3 Hebr. in, op Neginôt. Sommige verstaan hierdeur snarespel, of die instrumente van musiek waarop met vingers gedruk, geslaan of gespeel was, soos ons nou luite, harpe, siters, viole, klavesimbels, ens. ken. Ander verstaan dit as ’n sekere musiektoon. |
| 4 Naamlik tot U, soos in vers 4. Dit is, vurig bid. Sien Job 36:13 se kanttekening.
5 Dit is, wat my regverdige saak voorstaan. |
| 6 Hebr. Seuns van man, of kinders van man. So word die groot of aansienlike mense en here genoem; in teenstelling word die gewone, eenvoudige mense kinders of seuns van mense genoem, Ps. 49:3; 62:10. Spr. 8:4. Vgl. ook Jes. 2:9.
7 Dat God my deur Samuel tot ’n koning gesalf het. 8 Om my met valse beskuldiging te vermoei, of: vertrou op sulke dinge waarmee julle bedroë sal uitkom, wat tog sal faal en julle bedrieg. In hierdie betekenis kan die Hebreeuse woord ook toepaslik verstaan word wanneer dit vergelyk word met 2 Kon. 4:16. Job 40:28. Ps. 89:36. Jes. 58:11. Vgl. verder Ps. 7:15; 60:13. 9 Sien oor hierdie woordjie Ps. 3:3 se kanttekening. |
| 10 Naamlik my, aan wie God onverdiende goedertierenheid, guns en weldadigheid bewys, en dat ek, terwyl ek dit geniet en voel, ook van harte geneë is om aan ander guns en weldadigheid te bewys, selfs aan diegene wat my haat, volgens die aard en plig van die kinders van God. Sien Matt. 5:44, 45. 1 Joh. 4:11. Sien oor die Hebreeuse woord 2 Kron. 6:41 se kanttekening.
11 Naamlik tot die koninkryk. Die Hebreeuse woord beteken wonderlik handel en ook afsonder. Daarom vertaal sommige dit: wonderlik afgesonder. Sien Ex. 9:4; 11:7; 33:16. Net so ook Ps. 17:7, ens. |
| a Ef. 4:26. | 12 Asof hy sê: Indien julle jul vertoorn of ontstel, óf oor my verkiesing tot die koninkryk, óf omdat die sake in die land sleg gaan, vergryp julle daarom nie teen my nie, maar bekeer julle en versoen julle met God; of: Sidder, naamlik deur vrees vir God se swaar toorn wat julle op julle laai, en hou nie aan sondig nie.
13 Dit is, dink, oorpeins by julleself (vgl. Ps. 14:1; 35:25. Matt. 24:48. Rom. 10:6. Openb. 18:7), terwyl julle oorweeg wat julle doen, julself oordeel. 14 Dit is, hou op om my te vervolg. |
| b Deut. 33:19. Ps. 51:21. | 15 Dit is, wettige offerandes, vergesel van ’n opregte geloof en bekering van die hart. So ook in Ps. 51:21. |
| 16 Of: Ag, as iemand ons net die goeie laat sien! ’n Manier van wens. Sien Deut. 5:29 se kanttekening. Asof hulle sê: Hoe sal ons nog van hierdie onruste en kwellinge ontslae raak? Of: Ag, mag ons ’n vrugbare en vredevolle jaar hê!
17 Dit is, geniet. Sien Job 7:7 se kanttekening. 18 Asof die profeet sê: Ek daarenteen sê: Alles sal goed wees, as U maar, o God, ens. 19 Sien Núm. 6:25, 26 se kanttekeninge. |
| 20 Dit is, geestelike vreugde, deur die lig van u aangesig, wat groter is as hulle vreugde oor ’n oorvloedige oes. Vgl. Hoogl. 1:2, 4 en Hos. 9:1 met die kanttekeninge.
21 U, o HERE. |
| c Ps. 3:6.
d Lev. 26:5. Deut. 12:10; 33:28. |
22 Dit is, stilte en gerustheid, nieteenstaande die aanslae van my vervolgers. Sien Ps. 3:6 se kanttekening.
23 Anders: want U alleen is die HERE; U sal my in veiligheid laat woon. |