Statevertaling – Bybelstigting
Welgeluksalig is hy wat op die HERE vertrou.
VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
Ek het die HERE 2lank verwag, en Hy het 3Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;
en Hy het my uit die 4kuil van vernietiging, uit die 5modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.
En Hy het ’n 6nuwe lied in my 7mond gegee, ’n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.
Welgeluksalig is die man wat 8sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en 9leuendienaars nie.
Groot dinge het U gedoen, HERE my God — u wonders en 10gedagtes vir ons; 11niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit 12te veel om te vertel.
a13U het geen 14behae in slagoffer of spysoffer nie; 15ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.
Toe het ek gesê: Kyk, 16ek kom; in die 17boekrol is dit my voorgeskrywe.
Ek het lus, o my God, om u 18welbehae te doen, en bu wet is 19binne-in my ingewande.
Ek 20het ’n blye boodskap van 21geregtigheid in die cgroot 22vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit.
U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.
Want 23onheile sonder getal het my omring; my 24ongeregtighede het my ingehaal, 25en ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof, en my hart het my 26verlaat.
27Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help!
dLaat hulle wat my 28lewe soek, om dit weg te ruk, tesame beskaamd staan en rooi van skaamte word; laat hulle wat behae het in my 29onheil, agteruitwyk en in die skande kom.
Laat hulle wat vir my sê: 30Ha, ha! 31vanweë hul beskaming 32verskrik wees!
Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: 33Groot is die HERE!
Al is ek ellendig en behoeftig — die Here 34dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, 35vertoef tog nie!
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening. |
2 Hebr. verwagtende verwag.
3 Of: die oor tot my geneig; soos in Ps. 17:6. |
4 Hebr. kuil of put van geruis, waar die waters steeds opwel en opborrelend bruis en ’n groot gedruis maak. Hy wil sê, dat sy gevare so groot en baie was, dat daar menslikerwys gesproke geen uitkomkans was nie.
5 Hebr. uit slyk van modder. Vgl. Ps. 69:3. Jer. 38:6, 10. So ook Job 30:19 se kanttekening. |
6 Sien Ps. 33:3 se kanttekening.
7 Hy het as ’t ware self vir my ’n nuwe lied geleer, my daartoe aangedryf deur sy Gees. Vgl. Ex. 4:15 en Deut. 18:18 se kanttekeninge. So ook Ps. 51:17. |
8 Dit is, slegs op die HERE vertrou.
9 Dit is, valse, afgodiese, ydele, bedrieglike hulp, troos en toeverlaat. |
10 Verstaan hiermee, gedagtes van vrede, soos in Jer. 29:11. Dit is, u raad om aan ons goed te doen het U deur baie wonderlike weldade geopenbaar.
11 Anders: ’n mens kan dit nie in orde voor U stel nie. 12 Hebr. sterker, naamlik in getal; so ook in vers 13. |
a Hebr. 10:5-7. | 13 Dit is die woorde van die Here Christus, waarop Dawid deur die profetiese gees dui, as die Een wat tot sy Vader spreek. Sien Hebr. 10:5-7.
14 Naamlik, asof sulke offers aan u geregtigheid sou voldoen en U met die sondige mens sou versoen, want dit is onmoontlik, Hebr. 10:4. 15 Anders: U het my ore deurboor. Dit is, my tot u diens verplig, om die Middelaarsamp op My te neem en u volk van sondes te verlos. Dit is waartoe U vir My ’n liggaam berei het, om dit vir die volk se sondes op te offer (soos die apostel dit verklaar met die woorde van die Griekse vertaling, Hebr. 10:5, 10 en die kanttekeninge). Die manier van spreek is oorgeneem uit die praktyk van die Jode, waarvolgens met slawe, in ooreenstemming met God se wet, gehandel is. Sien Ex. 21:6. Deut. 15:17. |
16 Of: het gekom. Met hierdie en die volgende woorde verklaar die Here Christus sy gewillige gehoorsaamheid om die Middelaarsamp, deur sy Vader aan Hom opgelê, aan te neem en uit te voer. Sien Hebr. 10:10.
17 Hebr. in die boekrol is oor My geskrywe. Sien oor die woord boekrol Esra 6:2 en Jer. 36:2 se kanttekeninge, en verstaan hierdeur die boeke van Moses, waarin verskeie heerlike profesieë van Christus gevind word, waarvan die eerste gegee is in die paradys, Gén. 3:15, en vervolgens aan die aartsvaders, verder was die sakramente en al die offerandes vooruitbeskouings van Christus. Sien Luk. 24:27. Hebr. 8:5, 6; 9:8, 9; 10:1, ens. |
b Ps. 37:31. Jes. 51:7. | 18 Dit is, wat vir U welbehaaglik is. Sien Ps. 143:10. Spr. 10:32 se kanttekening.
19 Dit is, Ek betrag dit in my hart, en is geheel en al vuriglik geneë om dit te volbring. Vgl. vers 11. Ps. 37:31. |
c Ps. 35:18; 111:1. | 20 Of: evangeliseer, het geëvangeliseer, en so in die volgende verse.
21 Sien Rom. 3:21, 22. 22 Vgl. Ps. 22:23 se kanttekening. |
23 Dit is, swarighede, ellendes; so ook in vers 15.
24 Indien ’n mens dit van die sondes verstaan, spreek Dawid dit van homself, en nie van die Here Christus nie, wat die onbevlekte Lam van God en sonder sonde was; hoewel Hy andersins as borg vir ons sondes wou betaal, 2 Kor. 5:21, en die straf daarvoor wou dra, Jes. 53:5, 6, 8, 10, 11; soos ’n mens die woord ongeregtighede hier ook kan neem as strawwe van ongeregtighede. Sien Ps. 31:11 se kanttekening. So is die voorgaande woord onheile ook geneem as die onheile wat die straf meebring, dit is, lyding, ellende, ens. 25 Anders: en ek kon hulle nie oorsien of tel nie, naamlik vanweë die menigte. 26 Vgl. Ps. 38:11. |
27 Vgl. die verse wat volg met Psalm 70. |
d Ps. 35:4, 26; 70:3; 71:13. | 28 Sien 2 Sam. 4:8 se kanttekening.
29 Soos in vers 13. |
30 Soos in Ps. 35:21, 25.
31 Of: tot ’n loon van beskaamdheid wat hulle my wil aandoen. Anders: ten einde dat hulle beskaamd word. Sien oor die Hebreeuse woord wat hier met vanweë vertaal is, Ps. 19:12 se kanttekening. 32 Of: verwoes. |
33 Soos in Ps. 35:27. |
34 Om my op die regte tyd te help. Sien Gén. 8:1 se kanttekening.
35 Hebr. moenie talm nie. |