Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 41

Gebed in krankheid.

1

VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2

Welgeluksalig is hy wat ag gee op die 2arme; die HERE sal hom red in die dag van 3onheil.

3

Die HERE sal hom bewaar en hom in die 4lewe hou; hy sal 5gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, 6U kan hom nie oorgee aan die 7begeerte van sy vyande nie.

4

Die HERE sal hom ondersteun op die 8siekbed; sy hele slaapplek 9verander U as hy krank is.

5

Ék het 10gesê: o HERE, wees my genadig! 11Genees my, want ek het teen U gesondig.

6

12My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?

7

En as iemand kom om my te 13sien, dan praat hy 14leuens; sy hart vergader 15boosheid vir hom; 16gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.

8

Al my haters tesame 17fluister onder mekaar teen my; 18teen my bedink hulle my onheil en sê:

9

Iets 19skandeliks 20is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie 21weer opstaan nie.

10

Selfs 22die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, awat my 23brood eet, het die hakskeen teen my 24opgelig.

11

Maar U, o HERE, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan 25vergelde!

12

Hieraan 26weet ek dat U ’n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie 27juig nie.

13

My tog, in my opregtheid 28ondersteun U my, en 29stel my voor u aangesig tot in ewigheid.

14

30Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! 31Amen, ja 32amen.

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Die Hebreeuse woord dal beteken iemand wat dun, maer, uitgeteer van vermoë is. Indien dit die liggaam betref, verwys dit na ’n kranke, wanneer dit goedere en middele betref, verwys dit na ’n arme (sien Job 5:15 se kanttekening). Dit wil voorkom of dit hier gebruik word vir ’n kranke; want Dawid, wat siek was, of (soos sommige meen) nog nie ten volle herstel het nie, en ondervind het hoe goed dit vir hom was dat vrome mense met ’n opregte en godsalige medelye hom getrou besoek en getroos het, en hoe pynlik dit vir hom daarenteen was dat die huigelaars, terwyl hulle hom met ’n valse hart besoek het, hom agter sy rug baie skandelik geoordeel en bespreek het en steeds doen, wou die vromes met hierdie psalm plegtig bedank en sy valse vriende en bedekte vyande beskaam.

3 Dit is, in tyd van ongeval, teëspoed.

4 Of: verkwik, gesond maak. Want die Hebreeuse woord, wat eintlik lewend maak beteken, word ook so verstaan.

5 Vgl. 1 Tim. 4:8. Of: vir gelukkig gehou, geroem word.

6 Of: Gee hom nie oor nie, ens. Dawid spreek hier God aan.

7 Hebr. siel, dit is hier, begeerte, lus, wil. Sien Ps. 27:12 se kanttekening.

8 Of: bed of katel van flouheid, swakheid, matheid.

9 Of: het U verander, dit is, profeties gesproke: U, o God, sal sy krankheid so seker ten beste verander, asof ek dit alreeds sien gebeur het. Of: U maak sy hele slaapplek op, dit is, U is daar vir hom in die plek van alle menslike hulp, wat ’n mens gewoonlik aan ’n sieke verleen.

10 Naamlik in my krankheid. Anders: Ék sê.

11 Hebr. Genees my siel, dit is hier, my innerlike, denkende, willende, voelende en begerende self.

12 Dit en die volgende verstaan sommige as volg: dat Dawid hier breedvoeriger beskryf wat hy van sy wedervaringe ten tyde van sy krankheid voor God gekla en gesê het, en daarom vertaal hulle dit: het gespreek; en so in die twee volgende verse.
13 Dit is, om my te besoek, te sien hoe dit met my gaan.

14 Hy gee voor dat hy dit van harte goed bedoel het, maar wens my alle kwaad toe, wat hy uitspreek as hy weg van my is, by sy metgeselle.

15 Of: ondeug, ongeregtigheid, verdriet.

16 Of: gaan hy uit, buite spreek hy daarvan.

17 Hulle praat stilletjies en binnensmonds met mekaar, so word dieselfde woord gebruik in 2 Sam. 12:19.

18 Anders: hulle bedink onheil oor my, wat teen my is.

19 Hebr. ’n saak of woord van Belial. Sien oor die woord Belial Deut. 13:13 se kanttekening.

20 Of: kleef hom aan, bedruk hom, benou hom. Hulle wil sê: Hy het iewers ’n skandelike streek (dit is, ’n Belialstreek), skelmstreek of bose streek bedryf, waarom hy met hierdie Belialsplaag (soos sommige dit verstaan) getref is, waarmee hy nou voortaan moet saamleef. Soos Job se vriende hom ook as ’n goddelose veroordeel het as gevolg van sy vreemde lyding.

21 Hebr. nie toedoen of voortgaan om op te staan nie.

a Joh. 13:18. 22 Hebr. die man van my vrede. Dit is, my vriend, bondgenoot, met wie ek in vrede geleef het. Vgl. 2 Sam. 8:10, Ps. 55:21 en Jer. 20:10 se kanttekeninge.

23 Dit is, wat daagliks met my aan tafel gegaan en baie nou saam met my geleef het.

24 Hebr. groot gemaak. Dit is ’n beeld geneem van die diere wat met hul hakke agtertoe skop en iemand beseer. Die betekenis is: Hy het hom vermetel, troueloos en ondankbaar teenoor my opgestel, om my met lis of geweld te oorrompel. Vgl. Deut. 32:15. Hierdie woorde word ook op die verraaier Judas en die Here Christus (van wie Dawid ’n voorbeeld was) toegepas, Joh. 13:18, soos nog ander gedeeltes in hierdie psalm op Christus dui.

25 Terwyl ek hul heer is en aangestel tot straf van die goddeloses en beskerming van die vromes, sal ek hulle volgens my amp en hul verdienste behandel. Want alhoewel U die reg het om my te kasty, gee dit hulle egter nie die reg of rede om met my, hul goeie heer, so troueloos en valslik om te gaan nie.
26 Of: het ek gemerk.

27 Dit is, dat U, deur my te verlos, my vyand die oorsaak van ’n groot gejuig oor my ondergang (wat hy wens) ontneem.

28 Of: het U my ondersteun of gestut, en het U my gestel, ens.

29 Om my as ’t ware steeds onder u oë, opsig en vaderlike sorg te hê, en my genadiglik te behou, sodat ek U hier as koning mag dien en hierna u heerlikheid in ewigheid mag aanskou.

30 Hebr. Geseënd.

31 Sien oor hierdie woord Núm. 5:22 se kanttekening.

32 Hierdie herhaling van die woord amen dui op ’n onwankelbare vertroue en hartlike ywer van die profeet, met die doel om sodanige vertroue en ywer in die harte van die vromes te verwek.