Statevertaling – Bybelstigting
Heimwee na God.
VIR die 1musiekleier. ’n 2Onderwysing van die 3kinders van Korag.
Soos ’n 4hert wat 5smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!
aMy siel 6dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek 7ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
bMy trane is my 8spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: 9Waar is jou God?
Hieraan wil ek dink en my siel uitstort 10in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle 11gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof — ’n feesvierende menigte!
cWat 12buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof — 13die verlossing van sy 14aangesig!
o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die 15Jordaan en die 16Hermons, van die 17klein gebergte af.
18Die vloed roep na die vloed by die 19gedruis van u 20waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
21Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid 22gebied, en in die nag sal 23sy lied by my wees, ’n gebed tot die God 24van my lewe.
Ek wil spreek tot God: 25My rots, waarom 26vergeet U my? Waarom gaan ek d27in die rou deur die vyande se verdrukking?
Met ’n 28doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God?
Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — 29die verlossing van my aangesig en my God!
| 1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening. Dit moet ’n mens so verstaan dat die profeet hierdie psalm, wat ten tyde van sy vlug vir Saul (volgens die meeste se mening) geskryf is, naderhand, toe hy koning was en die ark in Sion was, gegee het om in die huis van God gesing te word.
2 Sien Ps. 32:1 se kanttekening. Anders: ’n Onderwysing, vir die musiekleier onder die kinders van Korag. 3 Dit is, nakomelinge van Korag, wie se oproer en ondergang beskryf word in Númeri 16. Hierdie Korag was ’n kleinkind van Kehat, seun van Levi. Sien oor wie in Dawid se tyd musiekleiers was onder die Kehatiete in die huis van God, 1 Kron. 6:33, ens. |
| 4 Of: takbokooi; omdat die bygevoegde woord in die Hebreeus in die vroulike geslag gestel is, hoewel die Hebreërs andersins ook ’n ander woord het wat takbokooi beteken.
5 Die Hebreeuse woord word slegs hier en in Joël 1:20 gevind, waar dit van toepassing is op die diere van die veld in die algemeen, om daarmee hul geskreeu of geroep uit te druk, wat elke dier op sy manier maak wanneer hulle baie dors is en na water verlang, wat ook al die oorsaak van die dors mag wees, hetsy gebrek aan water in die algemeen, of die riviere wat opgedroog het, of groot hitte, of wanneer hulle gejaag word, ens. So was Dawid in sy ballingskap in der waarheid soos ’n wilde dier deur Saul rondgejaag, waarin sy grootste verdriet nogtans was dat hy van die openbare suiwer godsdiens beroof was, soos hierna verklaar word. |
| a Ps. 63:2. | 6 Dit is, verlang verskriklik baie. Vgl. Ps. 63:2. Jes. 55:1. Joh. 7:37. Openb. 22:17.
7 Naamlik in die huis van die Here, waar die openbare godsdiens verrig word en waar die verbondsark is, waarop God woon, 2 Sam. 6:2. |
| b Ps. 80:6. | 8 Hebr. brood; dit is, ek voed en versadig my met trane, soos iemand anders doen met voedsel. Vgl. Ps. 80:6.
9 Dit is, waar is nou die hulp van jou God, op wie jy jou verlaat het? So ook in vers 11, ens. |
| 10 Of: by myself, dit is, ek vergaan, beswyk, my kragte begewe my, my hart smelt weg, breek my (soos ’n mens sê) van verdriet. Vgl. Job 30:16. Klaagl. 2:12. Anders word deur die uitstorting van die hart ook die uiting van alle gedagtes en begeertes deur gebed verstaan, soos in 1 Sam. 1:15. Ps. 62:9.
11 Of: om sedig, statig, stadig met hulle te stap. Die Hebreeuse woord word slegs hier en in Jes. 38:15 gevind. Dit beteken, volgens die meeste se mening, dit wat hier gestel is. Anders: om opgewek heen te stap. |
| c Ps. 43:5. | 12 Of: is neergeboë. Hier beskryf Dawid sy geestelike inwendige stryd, wat hy in hierdie beproewing beleef het.
13 Of: ek sal Hom nog loof; sy aangesig (dit is, sy genadige teenwoordigheid) is ’n gewisse of menigvuldige behoud. 14 Dit is, wat uit sy genadige teenwoordigheid sal voortkom, wat Hy nog volgens sy woord aan my sal bewys. |
| 15 Sommige verstaan dat Dawid hier verwys na drie grense van Kanaän, terwyl hy daarmee wil sê dat, waarheen hy ook al gejaag mag word, hy nietemin oral aan God dink en sy toevlug tot Hom neem, hetsy in die ooste van Kanaän, waar die Jordaan is, hetsy in die noorde, waar die Líbanongebergte en die gebergte Hermon is, hetsy in die suide, waar Juda met kleiner gebergtes as in die noorde omsluit is. Die volgende kan egter ook ’n rede vir sy verslaenheid wees, dat in plaas daarvan om die godsdiens by te woon (soos hy tevore gewoond was om te doen), hy nou so moet swerwe tot aan die uiterste grense van Israel. Daarom vertaal sommige dit: omdat ek aan U dink.
16 Dit is, die berge van Hermon of van die Hermoniete, wat teenaan daardie gebergte woon. Sien oor Hermon Deut. 3:8. 17 Anders: van die gebergte Mitsar af, waar dit as ’n eienaam van ’n sekere gebergte gebruik word. |
| 18 Of: Vloed aan vloed roep, dit is, die een vloed volg op die ander; die een gevaar is nog nie verby nie, of die ander een volg daarop. Die profeet wil sê dat God soveel lyding aan hom stuur dat hy soos een is wat in groot onweer in ’n onstuimige en stormagtige see vaar, waar dit lyk asof hy keer op keer vanuit die hoogte in die diepte gaan neersink. Vgl. Ps. 107:24-26, ens.
19 Hebr. eintlik: stem; maar die Hebreeuse woord word vir allerlei geluide gebruik. 20 Verstaan geweldige reën wat, terwyl dit deur die wind gedryf is, so ’n gedruis en gebruis maak soos sterkvloeiende waters, wat soos ’n waterval neerstort. |
| 21 Asof hy sê: Dit is slegs dit wat my dag en nag bewaar; daarsonder was ek ’n verlore man.
22 Sien oor hierdie manier van spreek Lev. 25:21 se kanttekening, en vgl. Ps. 44:5. 23 Dit is, van Hom wat my altyd oorsaak gee om Hom te dank en te aanbid. Vgl. Job 35:10. Jes. 30:29. 24 Dit is, wat my wonderbaarlik aan die lewe hou en in alle gevare bewaar. |
| d Ps. 35:14; 38:7; 43:2. | 25 Dit is, by God, wat my rots (dit is, toevlug en beskerming) is, sal ek hierdie vryheid gebruik dat ek Hom op so ’n klaende wyse aanspreek.
26 Uit die voorgaande woorde van geloof blyk dat hierdie woorde geen woorde van ongeloof is nie, maar hierdie betekenis het: Omdat ek glo dat U my sterkte is, waarom sou U my dan vergeet? Dit is, u hulp opskort asof U my vergeet het. Vgl. Gén. 8:1 se kanttekening. Ps. 43:2. 27 Sien Ps. 35:14 se kanttekening. |
| 28 Of: swaard, dolk. Hebr. doding, en verder (omdat dit instrumente is waarmee iemand doodgemaak word) ’n swaard, dolk, ens. Hy wil sê dat dit hom soveel leed aandoen, asof hulle hom met ’n swaard of dolk deursteek of in sy hart gesteek het. Want so word deur die gebeente ook die liggaam, die binneste en die vastigheid, sterkte, die vermoë en die gesondheid van die mens verstaan. Sien Job 7:15 en Ps. 35:10 se kanttekeninge. |
| 29 Hebr. verlossinge. In vers 6 het hy gesê dat sy heil, sy verlossing of behoud van God se aangesig gekom het, of in God se lieflike aanskyn bestaan het. Hier sê hy nou dat God die behoud van sy (van die profeet se) aangesig is, dit is, waarop hy sy oë rig, of wat hom elke dag voor oë kom. Dit wil voorkom of hy wil sê dat God hom steeds só verlos en bewaar, dat dit duidelik blyk dat hy dit helder voor sy oë sien; daarsonder sou hy telkens verlore wees. |