Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 44

Hulpgeroep van die martelaarsgemeente.

1

VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. ’n 1Onderwysing.

2

o God, met ons ore het ons dit gehoor, ons 2vaders het ons dit vertel: ’n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.

3

U self het met u hand 3nasies verdrywe, maar 4húlle ageplant; U het volke 5kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat 6uitspruit.

4

Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die 7oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die 8lig van u aangesig, omdat U ’n welbehae in hulle gehad het.

5

U self is 9my Koning, o God! 10Gebied die 11oorwinninge van 12Jakob.

6

Deur U sal ons ons teëstanders 13omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.

7

Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;

8

maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.

9

In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. 14Sela.

10

En tog het U ons bverstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.

11

U laat ons 15agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder 16na hartelus.

12

U gee ons oor soos 17slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.

13

U verkoop u volk 18vir niks en 19het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.

14

U maak ons ’n csmaad vir ons bure, ’n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.

15

U maak ons ’n spreekwoord onder die 20nasies, ’n 21hoofskudding onder die volke.

16

My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;

17

weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.

18

Dit alles het oor ons gekom, en tog het 22ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.

19

Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u 23pad nie afgebuig nie,

20

alhoewel U ons verbrysel het in ’n plek van 24jakkalse en ons met ’n 25doodskaduwee oordek.

21

As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande 26uitgebrei het na ’n vreemde god —

22

sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.

23

dMaar 27om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.

24

28Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!

25

Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?

26

Want ons siel is in die 29stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.

27

Staan op 30tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!

1 Sien oor hierdie titel Ps. 42:1 se kanttekening.
2 Dit is, voorvaders of voorouers.
a Ex. 15:17. Ps. 80:9. 3 Of: heidene.

4 Naamlik ons voorvaders.

5 Dit is, in die verderf gebring, allerlei plae aangedoen.

6 Dit is, soos ’n wingerdstok wyd en syd uitgesprei. Sien Ps. 80:9, 10, ens.

7 Hebr. verlossing of heil. Sien 2 Sam. 8:6 se kanttekening.

8 Dit is, u genadige teenwoordigheid, guns en bystand. Vgl. Núm. 6:25, 26 en Ps. 43:3 se kanttekeninge.

9 So spreek die profeet hier en hierna namens die kerk.

10 Soos in Ps. 42:9. Sien Lev. 25:21 se kanttekening.

11 Hebr. verlossinge.

12 Dit is, Jakob se nageslag, u volk Israel.

13 Naamlik, soos diere met horings doen. Sien Deut. 33:17 se kanttekening.
14 Sien Ps. 3:3 se kanttekening.
b Ps. 60:3; 74:1; 89:39; 108:12.
15 Dit is, laat ons vlug vir ons vyande. Of: het ons laat agteruitwyk, en so hierna.

16 Hebr. vir hulleself. Hulle roof ons besittings tot hul voordeel, terwyl hulle hulself ryk maak met ons goed, wat hulle geroof het.

17 Hebr. skape van die spyse, dit is, skape wat ’n mens slag en opeet. Vgl. vers 23.
18 Hebr. vir geen goedere of rykdom nie; of: vir dit wat geen rykdom is nie, geen goedere oplewer nie, dit is, as ’t ware verniet; hulle word wel as verkoopte goedere aan die vyand oorgelewer, maar sonder prys.

19 Anders: U trek geen voordeel, of U vermeerder (dit is, U verryk) U nie van hul prys nie, U bekom geen voordeel of gewin van hul prys nie, omdat die vyand hulle as ’t ware verniet wegneem, sodat dit nie eintlik as ’n koop gereken kan word nie. Anders: U verhoog nie hulle prys nie. Hebr. vermeerder, vergroot nie in hulle pryse of prysbepalings nie. Dit wil voorkom of hierdie manier van spreek geneem is uit die handelsgewoonte om die prys wat aangebied is te verhoog as die produk van enige waarde is. Maar die profeet wil sê dat God se volk só verkoop word, asof dit nie die moeite werd was om meer te eis of die bod wat die koper die eerste keer aangebied het, te laat verhoog nie. Dit wil sê dat hul waarde so gering geag is, ja, geringer as algemene slawe, wat ’n mens nie sommer op die eerste bod verkoop nie, maar wie se prys soms nog verhoog word. Vgl. Deut. 28:68.

c Ps. 79:4; 80:7. Jer. 24:9.
20 Sien vers 3 se kanttekening.

21 Sien 1 Kon. 9:8 en 2 Kon. 19:21 se kanttekeninge.

22 Dit moet verstaan word as die vromes en standvastiges onder die volk, wat hier kla dat hulle dit nie ly as boosdoeners en afvalliges van God nie, maar inteendeel, omdat hulle God en sy woord volhardend vashou, soos hulle betuig in vers 23.
23 Dit is, die gebooie, waarin U ons beveel het om te wandel.
24 Hierdeur kan ’n mens die heidense tiranne verstaan.

25 Sien Ps. 23:4 se kanttekening.

26 Om dié te aanbid. Vgl. Ex. 9:29. 1 Kon. 8:22. Ps. 143:6.
d Rom. 8:36. 27 Dit is, omdat ons nie van U wil afwyk nie, maar in u verbond wil volhard.
28 Dit is menslik van God gespreek, soos dikwels elders, wanneer God sy hulp uitstel; andersins slaap en sluimer Hy nie, Ps. 121:4.
29 Dit is, ons is tot die uiterste toe verneder, verdruk, verag, moedeloos en verslae. Vgl. Ps. 113:7; 119:25. Net so ook Klaagl. 3:29.
30 Anders: tot ons volkome hulp, om uit te druk dat die Hebreeuse woord hier ’n letter meer het as gewoonlik. Vgl. Ps. 3:3 en 63:8 se kanttekeninge.