Statevertaling – Bybelstigting
Bruilofslied vir die Messías.
VIR die 1musiekleier; op die wysie van: „2Lelies.” Van die kinders van Korag. ’n 3Onderwysing. ’n 4Lied van die liefde.
My hart 5word bewoë deur 6goeie woorde; ek dra my 7gedigte voor aangaande ’n Koning; my tong is die 8pen van ’n vaardige skrywer.
U is veel skoner as die 9mensekinders; 10genade is uitgestort op u lippe; 11daarom het God U geseën vir ewig.
Gord u swaard aan die heup, o held, 12u majesteit en u heerlikheid;
ja, u heerlikheid! 13Ry voorspoedig 14ter wille van waarheid en 15ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U 16vreeslike dinge leer!
U 17pyle is skerp (volke val onder U!); hulle 18tref in die hart van die Koning se vyande.
aU troon, o 19God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ’n 20regverdige septer.
U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. 21Daarom het, o God, 22u God U gesalf met 23vreugde-olie bo u 24metgeselle.
Al u klere 25is mirre en alewee en kassie; uit 26ivoorpaleise 27maak snarespel U bly.
Dogters van konings is onder u 28staatsdogters; die 29koningin staan aan u regterhand in goud van 30Ofir.
Hoor, 31o dogter, en kyk en neig u oor, en 32vergeet u volk en die huis van u vader;
en as die Koning u 33skoonheid begeer — want Hy is u Heer — 34buig u dan voor Hom neer.
En, 35o dogter van Tirus — bmet geskenke sal hulle u 36guns soek, ja, die rykstes van die mense.
Louter heerlikheid is die Koning se dogter 37daarbinne; van 38gouddraad is haar kleding.
In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
Hulle word gelei met 39vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
In die plek van 40u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as 41vorste in die hele land.
U Naam wil ek 42vermeld 43van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Hebr. Sjosjaniem. Hierdie Hebreeuse woord word ook gebruik in die titels van Psalm 69 en 80, soortgelyk in die titel van Psalm 60, waar dit lelies beteken, en so genoem word (na die mening van sommige) omdat dit ses blare het. Wat daarmee bedoel word, is egter onseker. Sommige meen dit is ’n sekere musiekinstrument met ses snare, waarop hierdie psalm gespeel moes word; ander ’n lied, wat in daardie tyd bekend was, en met hierdie woord begin het, waar ’n mens volgens dié wysie hierdie psalm sou speel en sing. 3 Sien Ps. 32:1. 4 Of: ’n Gesang van die bemindes, naamlik die jongedogters of vriendinne, dit is, ’n bruilofslied, wat volgens baie se mening, tydens die huweliksluiting van Salomo (wat ’n voorbeeld van Christus was) met die dogter van die koning van Egipte, gedig is. Dit wys eintlik op die huwelik (Ef. 5:25, 32) van die Bruidegom Christus met sy kerk uit die Jode en heidene, soos blyk uit Hebr. 1:8 se kanttekening. So is hierdie psalm en die Hooglied van Salomo baie dieselfde. Sien Hooglied 3; 8. |
5 Hebr. eintlik: borrel op. Die Hebreeuse woord word net hier gevind, maar daarvan kom ’n ander woord, wat ’n ketel of braaipan beteken, waarin iets op die vuur gekook of gebraai word en deur die hitte van die vuur opborrel. Net so (wil die profeet sê) is sy hart deur die vuur van die Heilige Gees aangesteek en verhit, om hierdie voortreflike leer aan die kerk van God met besondere ywer voor te dra. Vgl. Ps. 19:3 se kanttekening.
6 Of: ’n goeie saak, iets wat goed, mooi of voortreflik is. 7 Hebr. werke. 8 Dit is, soos ’n pen van iemand wat goed geoefen of ervare in skryfwerk is (vgl. Esra 7:6), waarvan vaardigheid, ratsheid of snelheid ’n teken is. |
9 Naamlik ander mense.
10 Dit is, u woorde is ryk van genade en guns. Vgl. Luk. 4:22. 11 Dit is, daartoe, met daardie doel, of: omdat God U, ens., soos die Hebreeuse woord al-keen verstaan word. Sien Jer. 48:36 se kanttekening. |
12 Sommige voeg dit by die woord swaard, asof die profeet sê: Die swaard (naamlik die Woord van die waarheid, waarvan in die volgende verse sprake is) wat u majesteit en heerlikheid is. Anders: in of met u majesteit, ens. |
13 Hebr. Wees voorspoedig, ry. Vgl. hierdie samevoeging van twee werkwoorde met 1 Sam. 2:3. Ps. 51:4; 55:8; 106:13. Hos. 6:3, ens., waar in die Hebreeus dieselfde woordkonstruksie te sien is.
14 Of: op die Woord van die waarheid. So word die leer van die evangelie genoem, 2 Kor. 6:7. 2 Tim. 2:15. Jak. 1:18. 15 Anders: regverdige ootmoed of sagmoedigheid, dit is, ootmoed wat deur geregtigheid vergesel is. Of: met ootmoed en geregtigheid. 16 Dit is, U sal deur u mag vreeslike dinge doen; U sal dit aan die hele wêreld toon en bewys, en vreeslike oordele uitvoer teen die vyande van die waarheid. Vgl. die volgende vers en Ps. 2:9; 110:5, 6. |
17 Sien Deut. 32:23 en Job 6:4 se kanttekeninge. Sommige verstaan dit nie net as die oordele nie, maar ook as die woorde van die Here Christus. Vgl. 2 Kor. 10:4, 5. Hebr. 4:12.
18 Naamlik die pyle van hierdie Koning. Anders: volke sal onder U val, wat in die hart vyande van die Koning is; of: in die hart, dit is, in die midde van die Koning se vyande. |
a Hebr. 1:8. | 19 Die Heilige Gees betuig duidelik dat dit as die Here Jesus Christus te verstaan is, Hebr. 1:8, 9.
20 Hebr. ’n septer van regverdigheid of billikheid. |
21 Of: omdat U, ens., soos in vers 3.
22 Naamlik die Vader. Vgl. Ps. 22:2. Joh. 20:17. 23 Verstaan hiermee die salwing deur die Heilige Gees, wat die Outeur en Werker is van alle geestelike vreugde, ens. Sien Hand. 10:38. 24 Dit is, alle gelowiges, wat die Here Christus se lidmate is en wat uit genade deur Hom tot priesters en konings gemaak is, 1 Petr. 2:9. Openb. 1:6. Sien ook Joh. 3:34. |
25 Dit is, ruik so baie na hierdie speserye, asof dit slegs mirre, ens., was. Vgl. Spr. 7:17.
26 Sien 1 Kon. 10:18. Of: ivoortempels. Verstaan hiermee: wanneer U daaruit te voorskyn kom, soos ’n bruidegom, of u kleding en die speserye, wat uit ivoorpaleise geneem is, en waarmee hulle U verheug het, dit is, versier het. Salomo se koninklike heerlikheid en wonings word in die Skrif vermeld. Aangaande die Here Christus: Hy het uit die hemelse paleis gekom in die vlees, en het van daar sy leer gebring, en van daar sy salwing ontvang. Sien Matt. 3:16. Joh. 3:13, 31. 27 Anders: uit ivoorpaleise, van waar hulle U bly maak. Daar is onsekerheid oor die betekenis van die Hebreeuse woord. Of: bo diegene wat U verbly, naamlik u metgeselle soos in vers 8, bruilofsgaste en die Bruidegom se vriende genoem, Matt. 9:15. Joh. 3:29. |
28 Hebr. kostelikes, maar in die vroulike geslag, sodat dit as vrouepersone verstaan moet word. Vgl. vers 15. Anders: in u kostelikhede.
29 Of: eggenote, dit is hier, die bruid. 30 Sien 1 Kon. 9:28 se kanttekening. |
31 Dit is die bruid wat aangespreek word.
32 Verlaat die afgodiese godsdiens wat onder u volk en in u vader se huis in swang is. Vgl. verder Matt. 10:37. Luk. 14:26. |
33 Breedvoerig beskryf in die Hooglied van Salomo.
34 Of: aanbid Hom, as die Seun van God. |
b Ps. 72:10. | 35 Of: En die dogter van Tirus. Dit is, die inwoners van Tirus, die stad Tirus. Sien oor hierdie stad Jos. 19:29 en 1 Kon. 5:1 se kanttekeninge, en vgl. Ps. 72:10, 11. Jes. 49:23. Anders: Aangaande die dogter van Tirus, die rykstes, ens.
36 Sien Job 11:19 se kanttekening. |
37 Of: inwendig; Salomo se bruid in haar vertrekke, maar Christus se bruid dra haar geestelike sieraad van binne in die innerlike mens (Ef. 3:16), wat bestaan uit geestelike gawes. Vgl. Openb. 19:8.
38 Of: goue kassies, dit is, vol van kassies of skildjies, waarin kosbare stene vasgesit word, soos hierdie woord ook verstaan word in Ex. 28:11, 13, 14, 25; 39:6, 13, 16. Die Hebreeuse woord word ook verstaan as geborduurde werk, borduursel; waardeur ’n mens die verskeidenheid van geestelike gawes kan verstaan. Vgl. Eség. 16:13. |
39 Hebr. vreugdes. |
40 Dit word tot die Koning (Christus met sy bruid) gespreek, van wie geprofeteer word dat dit Hom (nie minder as sy voorvaders na die vlees nie) nie aan geestelike seuns sal ontbreek nie. Hulle sal deur die hele wêreld die evangelie verkondig, sy kerk met God se Woord voed en regeer, en in die hiernamaals op hul trone sit en saam met Christus in glorie heers. Sien Matt. 19:28; 24:47; 28:19. Openb. 5:10. Of ’n mens kan deur die vaders die gelowiges van die Ou Testament en deur die seuns al die gelowiges van die Nuwe Testament verstaan, wat Christus tot konings en priesters gemaak het, Openb. 1:6, ens.
41 Dit kan nie as Salomo verstaan word nie, omdat onder sy seun Rehábeam, en diegene daarna, die ryk verdeel en die tien stamme van Juda afgeskeur is. Sien 1 Kon. 12:16, 17, 24. |
42 Of: laat gedenk.
43 Hebr. in alle geslag en geslag. |