Statevertaling – Bybelstigting
God is ’n toevlug.
VIR die 1musiekleier. Van die 2kinders van Korag. Met 3sopraanstemme. ’n 4Lied.
God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in 5hoë mate 6beproef.
Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel 7die aarde en al wankel die berge weg in die 8hart van die see.
Laat 9sy waters bruis, laat hulle 10skuim; laat die berge bewe deur 11sy onstuimigheid! 12Sela.
Die 13stroompies van ’n 14rivier maak die 15Godstad bly, 16die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
God is 17daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die 18dag aanbreek.
Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; 19Hy het sy 20stem 21verhef; die aarde 22bewe.
Die HERE van die 23leërskare is met ons; die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons. Sela.
Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde 24bring,
wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die 25aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
26Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die 27nasies, hoog op die aarde.
Die HERE van die 28leërskare is met ons; die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons. Sela.
1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Sien Ps. 42:1 se kanttekening. 3 Hebr. alamoot. Dit is onseker wat hierdie woord beteken. Sommige sien dit (soos ander soortgelyke woorde) as ’n musiekinstrument of die begin van ’n sekere lied. Ander (omdat die Hebreeuse woord maagde beteken, wat kom van ’n ander Hebreeuse woord, wat verborge wees beteken) vertaal dit: maagdestem, asof dit die bedoeling was dat hierdie psalm met ’n fyn en rein stem (soos maagde dikwels het) gesing moes word. Hierdie woord word ook gevind in die beoefening van die godsdienstige musiek, 1 Kron. 15:20, en dit wil voorkom of dit daar gestel is teen luide, hoë of growwe musiek. Sien die kanttekening aldaar. 4 Vgl. Ps. 48:1 se kanttekening. |
5 Hebr. baie. Of aldus: ’n baie vindbare (dit is, geredelike, teenwoordige) hulp in benoudhede.
6 Anders: bevind, genoegsaam. Sien Núm. 11:22 se kanttekening. |
7 Of: al het Hy (naamlik God) die aarde van plek verander. Deur hierdie figuurlike spreekwyses word die verskriklike gewoel en geraas van die vyande van God se kerk afgebeeld. Hy laat hulle wel toe om gruwelik en geweldig te raas, asof hulle alles sou verderf en verslind, maar Hy behou sy kerk ondertussen wonderbaarlik, teen die verwagting, wil en dank van sy vyande.
8 Dit is, in die middel. Sien Ex. 15:8 en Deut. 4:11 se kanttekeninge. |
9 Naamlik van die see.
10 Dit is, troebel word (waarop die Hebreeuse woord wys), soos dit gewoonlik in groot storms gebeur. Sien oor die Hebreeuse woord Job 16:16 se kanttekening. 11 Hebr. verheffing of hoogheid. Dit is, die opswelling van die see. Dit kan ook op God dui, aldus: vanweë sy hoogheid of verheffing, soos in Deut. 33:26. Sien die kanttekening aldaar. 12 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
13 Hebr. eintlik: verdelings, soos in Ps. 1:3 se kanttekening. Dit is, arms, spruite en stroompies, wat in of uit die rivier loop of afgelei word.
14 Al is die rivier van Jerusalem (soos Gihon, Silóa en ander) nie so groot en wyd soos ander nie. Sien 2 Kon. 5:12, en vgl. Jes. 8:6. 2 Kon. 20:20. 2 Kron. 32:30, ens. Dit wil voorkom of die profeet wil sê, by wyse van teenstelling: As die vyand soos ’n verskriklike onstuimige see raas, gaan die rivier met sy stroompies saggies, stil en lieflik in God se stad in, alwaar ’n mens ook in stilte op God se bystand vertrou. 15 Verstaan Jerusalem, en voorts God se kerk. 16 Anders: die stad van God, die Heilige (soos God dikwels in die Skrif die Heilige genoem word), die woninge van die Allerhoogste; of: van die Heilige, van die woninge, ens. |
17 Naamlik die stad van God.
18 Dit is, vroeg, tydig. |
19 Naamlik die Here.
20 Hiermee kan ’n mens die donder verstaan. Sien Ps. 29:3 se kanttekening, en vgl. 1 Sam. 7:10. 21 Hebr. gegee. 22 Of: smelt. ’n Manier van spreek, gebruiklik in die Skrif, om die nietigheid van alle skepsele uit te druk, in die besonder van die hoogmoedige mense, wat hulle teen God se majesteit opstel, wie se hart en moed hulle ontval en soos was versmelt, wanneer Hy enigsins sy hand uitstrek. Vgl. Deut. 1:28 se kanttekening. |
23 Sien 1 Kon. 18:15 se kanttekening. |
24 Of: aangerig, gemaak of aangestel het. Vgl. die geskiedenisse in 2 Konings 18; 19. 2 Kronieke 14; 20. Asook 2 Samuel 10. |
25 Anders: van die land, dit is, in die hele Joodse land, so ver dit uitstrek volgens God se belofte. Sien Ps. 44:4. Andersins is dit ook in die algemeen waar, dat God die Een is wat in die hele wêreld verwoesting aanrig deur sy regverdige oordeel, en vrede gee, indien dit Hom behaag. Sien Jes. 45:7. |
26 Dit spreek God self tot die vyande en vervolgers van sy kerk, wat gemeen het dat hulle slegs met mense te doen gehad het.
27 Of: heidene. Ek sal laat blyk (as jy nie laat staan nie) dat my mag nie beperk is tot binne die grense van die Joodse land nie, maar dat Ek daarbuite onder alle heidene ook Here en Regter is, en Ek sal deur my oordele my Naam alom grootmaak. |
28 Soos in vers 8. |