Statevertaling – Bybelstigting
God vaar op met gejuig.
VIR die 1musiekleier. Van die 2kinders van Korag. ’n Psalm.
Alle volke, klap met 3die hande; juig tot eer van God met ’n stem van gejubel!
Want die HERE, die Allerhoogste, is gedug, ’n groot Koning oor die hele aarde.
Hy 4bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
Hy 5kies ons erfdeel vir ons uit, die 6trots van Jakob wat Hy 7liefhet. 8Sela.
God 9vaar op met gejuig, die HERE met basuingeklank.
Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!
Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ’n 10onderwysing.
God regeer oor die 11nasies; God sit op 12sy heilige troon.
Die 13edeles van die volke het vergader — ’n volk van die God 14van Abraham; want aan God behoort die 15skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!
| 1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Sien Ps. 42:1 se kanttekening. |
| 3 Hebr. die handpalm; tot ’n teken van blydskap en vrolike instemming. Vgl. 2 Kon. 11:12. Ps. 98:8. |
| 4 Of: sal die volke onder ons bring, of aanbring, lei, ordineer, skik. Verstaan nie net die liggaamlike onderwerping van die heidene in daardie tyd nie, maar ook die geestelike in die tyd van die Nuwe Testament, sien Joh. 10:16. Hand. 2:39, ens. |
| 5 Of: sal vir ons kies. Hier kan ’n mens beide verstaan: sowel die aardse Kanaän as die hemelse; die eerste het hulle besit, die tweede het hulle verwag deur geloof en hoop, Hebr. 11:15, 16.
6 Of: heerlikheid, hoogheid, uitnemendheid, uitstekendheid; soos die koninkryk, priesterdom, tempel, ens., asook die heerlike geestelike dinge wat daardeur aangedui word. 7 En hom uit liefde uitverkies het, of: liefgehad het. Verstaan deur Jakob die volk Israel. 8 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
| 9 Of: het opgevaar, opgeklim, opgekom. Soos plaasgevind het toe die ark (waarop God sy teenwoordigheid vertoon het, en wat ’n voorbeeld van Christus was) deur Dawid na Sion gebring is, 2 Sam. 6:15. 1 Kron. 13:6-8; 15:28; en daarna deur Salomo in die tempel gebring is, 2 Kronieke 5; en verder toe die Here Christus self na die hemel opgevaar het, Luk. 24:51, 52, om van daar as Koning oor alles te regeer. Vgl. Ps. 2:6, 8, 9 en Psalm 110. |
| 10 Hebr. maskil. Sien Ps. 32:1 se kanttekening. Anders: elkeen wat wys of verstandig is, julle verstandiges; net so ook verstandig, met onderlinge onderwys, Kol. 3:16; of: ’n onderwyspsalm. |
| 11 Of: heidene. Vgl. Ps. 22:29.
12 Hebr. die troon van sy heiligheid. |
| 13 Of: gewilliges, vrywilligers, wat hulle uit hul eie aanbied, vrygewiges; welke naam aan prinse en edeles gegee word, omdat goedhartigheid en vrygewigheid hulle betaam en versier. Sien Job 12:21 se kanttekening.
14 Dit is, welke volk die geloof van Abraham het, Rom. 4:16, aan wie God beloof het dat in sy nageslag alle volke geseën sou word, wat gewys het op die roeping van die heidene, waarvan hier ook gespreek word. Vgl. Ps. 22:28-31. Ef. 2:13, 18, 19; 3:6. Of aldus: Die edeles van die volke het vergader tot die volk van die God van Abraham. 15 Dit is, die beskermers. Of: alle beskutting en beskerming van die mense in die algemeen en van sy volk in die besonder, kom God alleen toe, wat die ware Skuts- en Beskermheer is. Vgl. Ps. 89:19. 1 Tim. 4:10. Daarom is Hy ook alle eer, lof en prys waardig. Ook kan ’n mens dit verstaan as owerhede en regeerders op aarde, wat God aangestel het om die gemeente soos skilde te beskerm. Vgl. Hos. 4:18 se kanttekening. Hy het hul harte só in sy hand dat Hy hulle gewillig kan maak om hulle tot die gemeenskap van sy kerk te begewe, soos in die begin van hierdie vers gesê is. |