Statevertaling – Bybelstigting
Sion die stad van die groot Koning.
’N 1LIED. ’n Psalm van die 2kinders van Korag.
Die HERE is groot en baie 3lofwaardig in die 4stad van onse God, 5sy heilige berg!
Skoon deur sy 6verhewenheid, die vreugde van die 7hele aarde is die berg Sion, aan die 8noordekant, adie stad van die groot 9Koning!
God het Hom in sy 10paleise bekend gemaak as ’n rotsvesting.
Want kyk, die 11konings het bymekaargekom, tesame opgetrek.
12Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug.
Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar.
13Deur die oostewind verbreek U die skepe van 14Tarsis.
Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die 15leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in 16ewigheid. 17Sela.
o God, ons 18dink aan u goedertierenheid binne-in u 19tempel.
Soos u 20Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; 21u regterhand is vol geregtigheid.
Laat die 22berg Sion bly wees, laat die 23dogters van Juda juig oor u 24oordele.
Gaan rondom Sion, trek daaromheen, 25tel sy torings;
26let op sy skanse, 27wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die 28volgende geslag kan vertel,
dat hierdie God 29onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons 30lei 31tot die dood toe.
1 Of: ’n Gesang, ’n psalm; soos daarenteen die opskrif van Psalm 30: ’n Psalm, ’n lied. Die onderskeid hier was, volgens sommige se mening, dat ’n psalm, ’n lied begin is met die speel van instrumente, waarna die stemme gevolg het, en ’n lied, ’n psalm begin is met die sing van stemme, waarna die musiekinstrumente gevolg het. Ander verstaan dit egter as een en dieselfde ding.
2 Sien Ps. 42:1 se kanttekening. |
3 Of: prysenswaardig, vgl. 2 Sam. 22:4. Ps. 18:4; 145:3.
4 Jerusalem, wat die kerk van God en die hemelse Jerusalem afbeeld, soos ook Sion, Hebr. 12:22. Openb. 14:1. 5 Hebr. op die berg van sy heiligheid. |
a Matt. 5:35. | 6 Of: ligging, kontrei. Sommige verstaan dit as ’n beskrywing van die stad, in hierdie sin: Skoon van verhewenheid, die vreugde van die hele aarde, naamlik, so is hierdie stad; en dan verder: aan die noordekant is die berg Sion.
7 Nie net van die Joodse land ten opsigte van die verlossing wat ontvang is nie, maar ook van die hele wêreld; want daarvandaan sou die lig en heil uitgaan in die hele wêreld, en daarheen sou die heidene hulle met vreugde begewe, Jes. 2:2, 3. Miga 4:1. Hand. 1:8. 8 Waar die tempel gebou was, Jes. 14:13. Vgl. Eség. 40:2. 9 Naamlik van God, soos in vers 9. Mal. 1:14, waar God in woon, Sag. 8:3. |
10 Dit is, groot heerlike geboue, soos vestings en kastele, waarop vleeslike mense hul vertroue stel, maar onder God se volk word God alleen (selfs in sulke paleise) erken as die gewisse toevlug en beskerming. |
11 Soos gebeur het ten tyde van Jósafat, 2 Kronieke 20. Sommige pas dit toe op die geskiedenis van Sánherib, 2 Konings 18. |
12 Dit is, hoe meer hulle toegekyk het, hoe meer was hulle verstom. Ander vertaal hierdie vers soos volg: Nouliks het hulle dit gesien, of hulle was verstom (of: het hulle verwonder). Hierdie manier van spreek kan aangevul word na aanleiding van Ex. 1:12. Hos. 4:7. Die letter kaf, of ka’asjer (dit is, skaars, nouliks) word ook so in die Hebreeuse teks weggelaat in Hos. 11:2. Sien die kanttekening aldaar. |
13 Dit beteken: U, HERE, het hierdie konings met al hul mag en prag net so verbreek, soos U die groot en trotse skepe in die oseaan met ’n sterk oostewind baie vinnig en maklik in stukke slaan.
14 Sien 1 Kon. 10:22 se kanttekening. |
15 Sien 1 Kon. 18:15 se kanttekening.
16 Vgl. Gén. 17:7 se kanttekening. 17 Sien Ps. 3:3 se kanttekening. |
18 Of: ons het in stilte oordink of betrag, en u hulp verwag.
19 Vgl. 2 Kon. 19:14, 15, ens. 2 Kron. 20:5, 6, ens. |
20 Net soos u wese en majesteit oneindig is, so is ook u roem en lof; of: U bewys U sodanig soos U U in u Woord openbaar, deur u werke, wat geroem word tot aan die eindes van die aarde toe.
21 U mag is oorvloedig genoegsaam om u volk te bewaar en die vyande te onderdruk, volgens u geregtigheid, wat U so dikwels bewerkstellig het; soos wanneer iemand met ’n vol hand iets uitgooi, wat toon dat daar geen gebrek is nie. |
22 Dit is, inwoners van Jerusalem, God se volk.
23 Dit is, ander stede met hul inwoners, wat soos dogters van Jerusalem was, hul aller moeder, soos die Skrif spreek. 24 Wat U uitvoer oor u vyande, tot beskerming van u volk. |
25 Om te sien dat daar niks kortkom nie, dat die vyand geen skade aangerig het nie. Voorts is dit die bedoeling om, vanweë die sierlikheid en sterkte van die stad, die liefde wat God vir die stad en sy ganse kerk gee te betrag en by julle nakomelinge te roem. |
26 Hebr. sit julle hart op sy skanse. Dit is, merk op met aandag.
27 Anders: beskou, hef julle oë op na, ens. Die Hebreeuse woord word slegs hier gevind en daarom op verskeie maniere vertaal. Die naam van die berg of (soos ander meen) die heuwel Pisga kom skynbaar van hierdie woord, Núm. 21:20; 23:14. Deut. 3:17; 34:1. In Aramees beteken die woord deel, in stukke plaas, ontleed. 28 Hebr. agterste, laaste geslag. Uit hierdie woorde lei sommige af dat die profeet hier te kenne wou gee dat Jerusalem nie altyd sou bestaan nie, maar versteur en verwoes sou word, nogtans bly dit altyd die kerk van God, wat deur Jerusalem afgebeeld was. Vgl. Matt. 24:1, 2, ens. |
29 Sien Gén. 17:7 se kanttekening.
30 Soos ’n herder sy kudde, Ps. 78:52, 72; 80:2. 31 Dit is, ons hele lewe lank. |